Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -2 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -2 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -3 hours ago

Sleep veilgheid "Tips en tricks"

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek begin hierdie draad na aanleiding van wat met myself, en ook nou met Wildehont gebeur het.

Ek voel ons kan mekaar hier van nuttige wenke voorsien, ek sal begin met een, wat ek glo almal van bewus is, maar wanneer jy in die nood kom, nie altyd kop hou nie.

Eerstens, wanneer daar fout gaan met enige wiel van jou voertuig of gesleepte voertuig 

Bly kalm,

Moet onder geen omstandighede rem trap nie, haal jou voet van die versneller af, en laat die voertuig of kombinasie self tot stilstand kom.

Ratte kan tot 'n mate gebruik word, mits dit egalig gebeur.

Die enigste uitsondering op die reel is, sou jy in 'n groter gevaar "in stuur" as jy nie rem nie, dan rem jy so "sag'' as moontlik.

Vaalpark

Johann L

Wed, 22/05/2019 - 14:14

Stoffel, niks teen jou gemik nie, dit is, en bly elkeen se eie besluit, want jy, as bestuurder van 'n voertuig, se primêre verantwoordelikheid, is tog teenoor jou passasiers en jouself.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 22/05/2019 - 16:43

Om in die geel streep te ry dink ek 'n beter plan sal wees wat ek een keer op 'n trok gesien het is.  

Daar is 'n kamera wat vorentoe wys en dan word die beeld agter op die sleepsel geprojekteer, sodoende kan die een agter jou sien wat voor jou aangaan.

Hier bo in GP kan ek sien as iemand agter jy ry en sien ek sleep karavaan dan dink hy dadelik ek is die een wat die verkeer ophou.

Ek sal van so iets hou.

0
Centurion

Dusty

Thu, 23/05/2019 - 04:42

Johann, ek gaan ook soms nogsteeds in die geellyn al het ek ook 'n paar keer amper tweede gekom. Die pad is ver veilig om in die geellyn te ry en dan kom daar skielik baie voertuie en nie een wil jou terug laat kom wanneer dit nie meer veilig is om daar te ry nie.

My broer het ook eenkeer vir mense in die geellyn plek gemaak. Wat hy nie gesien het nie was dat daar ver vorentoe 'n stuk band in die geellyn gelê het. Hy het sy flikker aan gesit om terug te keer maar die ander voertuie wou dit nie toelaat nie. Hy moes toe oor die band ry en sy voertuig het dit toe gelig tussen die voertuig en karavaan en dit het die karavaan getref en toe na binne gegooi op een van die motoriste se windskerm. Gelukkig was daar nie skade gewees nie.

Ok, nou terug na die draad. Is dit nog veilig om iemand langs die pad te help hetsy met karavaan of solo?

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 23/05/2019 - 07:19

Wat die hulp langs die pad betref: ek stop as daar nie reeds hulp is nie, kan nie verby iemand in nood ry nie, al kan ek net my sel foon aanbied om hulp te skakel, maar gelukkig, niemand is sonder 'n foon deesdae nie.

Willem, ek dink daai beeld agter op die sleepwa is 'n blink idee, maar ek het nie die geld vir so groot monitor nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 23/05/2019 - 10:25

Steel van jou geparkeerde wa :  as jou wa iewers staan en jy is bang dit word gesteel, kan ouens met "movers" die rollers teen die bande sluit en dan die "remote" saam met jou neem.  Ek doen dit normaalweg nie (ek hou nie van die aanhoudende drukking op 'n spesifieke plek op die band nie), maar as ek iewers skrikkerig is vir diefstal, sal ek tog oorweeg om dit te doen.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 23/05/2019 - 10:30

Hulp langs die pad :-

Ek sal hulp oorweeg mits die omgewing veilig lyk, daar nie reeds hulp is nie en 'n veilige aftrekplek beskikbaar is.  Andersins hou ek eerder verby om 'n moontlike volgende tragedie vir my en my gesin te voorkom.

0

Middag almal

Ek sit[vertoon] sommer net my trokkie se brandstofverbruik in die syruit, dan stel niemand belang om dit te steel nie.

Groete

Wessel 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 23/05/2019 - 11:34

Daar was so iets op die mark, 'n tipe bal wat mens in die wa se klou pas en daar sluit. Wonder waar mens dit kan koop.

Wessel 

Is dit wat jy soek ?  Kyk na dié skakel by Outdoor Warehouse. R219.00

Roadque het ook so iets, maar hulle het nie prys by nie.

0

Hello Willem

Baie dankie dis presies wat ek ingedagte het. Veral die boonste ene lyk vir my net reg--- prysgewys en eenvoudig.

Tot die slot "jam" die aand voor mens wil hak en huis toe kom.

Ek gaan uitvind of ek dit via Brits woonwaens kan kry.

My 6 x 3m grondseil, die groen tipe, het my R1550 by hulle gekos.

Groete

Wessel

0
Elarduspark

GerhardM

Thu, 23/05/2019 - 12:48

Steel van die wa. Ek het ookal oorweeg om so 'n slot in te sit maar die wa het nog daai ou koppel stukke wat plek vir 'n slot het, ek moet dalk net 'n beter slot aansit wat nie maklik gebreek kan word nie. smiley Ek maak altyd seker dat die slot gesluit is as ek haak om te sleep, so weet ek dat die wa nie kan afhaak langs die pad nie.

slot
Ou wa se koppel stuk met die slot aan

Geelstreep ry? Ek is altyd ook bang om oor te beweeg want die ander pad verbruikers kan maar moedswillig wees partykeer en jou uitdruk as jy terug beweeg, maar ek probeer altyd sover moontlik almal in ag te neem op die pad oor dat ek net 100km/h sleep. 

Fishtail. Heel eerste keer wat ek moes sleep, was my oorlede oupa saam gewees in die kar en hier by Rigel laan verby op die N1 het die Fleetline daai tyd (1997) bietjie begin swaai op 100km/h teen die afdraende en hy het vir my gesê om net die versneller pedaal te los, die kar sal self spoed verloor en sodoende die wa laat ophou swing. Gelukkig was die swing nie te ernstig nie.blush

Die laaste tip is al gesê, maar soos wat met oom Johann se wiel gebeur het, is ek ook geleer om nie rem te trap nie en sodra dit veilig is, met die ratte die spoed verder af te bring en die kombinasie te stop. My pa het ook gesê om nooit die stuurwiel vas te klou of in 'n ander rigting te dwing van wat die kombinasie beweeg nie. Hou net die stuurwiel liggies vas dat die kar nie skielik swaai en als erger maak nie. En die grootste ding ooit, sit jou noodflikker ligte (Hazards) dadelik aan sodat almal agter en voor jou kan sien jy het 'n probleem. Dis maar als wat ek geleer is wink

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 23/05/2019 - 17:21

Gerhard, dankie, ek hou van daai "hazards" , nog nooit daaraan gedink nie, eers as jy tot stilstsnd kom, dink ek, nou is dit tyd vir die hazards. Gewoonlik, of die drie keer wat ek in so situasie was, bly ek heel kalm, maar as ek daar uit klim,  kyk dan bewe my broek.

0
Lennox Head, NSW

Pierre

Thu, 23/05/2019 - 17:29

Almal noem die gevaar van verbysteek op 'n afdraand. Kan iemand verduidelik hoekom dit gevaarlik is?

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 23/05/2019 - 17:36

Willem, ek hou baie van daai een by Outdoor Warehouse, lekker goed koop, en minder om te kan "af knip"

Wonder net, wat is die kanse dat iemand jou wa gaan kom haak?

By my huis is dit byna onmoontlik,  daar moet jy die wa eers uit kry, en dan om draai, bitter min spasie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 23/05/2019 - 18:22

Ek glo die rede is die volgende :-

  • Op 'n afdraende begin die stadig-bewegende voertuig (gewoonlik trokke) wat jy verby wil steek, altyd vinniger beweeg en dit het tot gevolg dat jy nie maklik verby kan kom nie
  • Teen 'n opdraende trek jou sleepvoertuig die kombinasie in 'n reguit lyn terwyl teen 'n afdraende is daar geen trek-aksie nie en jou karavaan loop vry.  Die karavaan se remme aktiveer ook nie na behore nie want jy probeer spoed vermeerdeer om verby te kom
  • Die suig-aksie wat ontstaan (of dwarswinde wat tydelik afgekeer word en dan weer jou wa tref) wanneer 'n trok verby gesteek word, veroorsaak maklik die swaai van jou karavaan as daar nie 'n trek-aksie is om die lyn reguit te hou nie.
0

Môre vriende

Eintlik kan die onderwerp 'n draad op sy eie word, maar ek wil aansluit by Len se antwoord hierbo oor "afdraende verbysteek". Ek dink sy antwoord slaan die spyker op die kop.

Ek het as jongman bloot my ervare buurman se woord daaroor aanvaar en nog nooit werklik probeer om wel op 'n steil afdraende verby te gaan nie. 

Nou vir die nuwe debat;

die ouer garde [soos moontlik Len ???] het ook 'n persepsie dat verwyderbare sleepstange [soos amper deesdae op alle bakkies] bydra tot swaai. Hulle redenasie is dat die effe speling wat voorkom in die "male-female" Koppel-stang, 'n swaai beweging kan laat ontstaan, of dit versterk indien jy sou begin swaai.

Ek sleep deesdae ook met so 'n tipe hak en kon nog nie werklik dit ervaar nie, bedoelende die sleepaksie voel vir my steeds stabiel.

Sal graag julle opinie wil hoor

Wessel

  

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 24/05/2019 - 08:32

Wessel, goeie môre, my Kia het ook so verwyderbare sleepstang, ek het dit laat in bou (onwetende) toe ek die kar in 2011 gekoop het. Stem saam met jou, daar is geen verandering in stabiliteit nie, en ek is heel tevrede met die ding.

Wat my egter onlangs begin bekommer het, wat van sluitasie op daai bout wat die stang in die "tube" hou?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus