Middag vriende Ek wil sommer kersopsteek en hoor watter tipe koelhouers julle gebruik, en sal aanbeveel. Ek wil nie noodwendig nog 'n 12v/220 tipe kas koop nie. Ek dink eerder in die rigting van die nuwer goed ge-isoleerde houers, soos bv die Coleman. Blykbaar is daar houers wat tot 7 dae items gevries kan hou. Moet my nou net nie 'n koue skouer gee nie Wessel
Ek persoonlik gebruik…
Ek persoonlik gebruik partykeer my Coleman Xtreme5 wat ek baie jare terug by Makro gekoop het, maar glo nie hy sal goed gevries hou vir 7 dae nie .... behalwe as ek by die noordpool gaan kamp (-:

Koelhouers
Middag Voortrekker
Dankie vir die info. Ek het ook nog die drie in een Coleman stel, van sekerlik 1995 af. Ek belowe jou, dit gaan nie goed werk or lang tyd nie, veral nie as mens nie ys het om by te sit elke dag nie.
Daai staalkas kan moontlik werk, al is dit om agter wiel van Hilux te sit op ongelyk staanplek.
Wessel
Dit hang af van wat jou…
Dit hang af van wat jou budget is, en dan die grootte van die boks. Ek het nou al vir baie jare twee Coleman (die blou bokse) wat ek so nou en dan gebruik. Ek glo nie hulle sal 7 dae lank items gevries hou nie, miskien met droë ys.
As ek nou weer moet koop, sal ek die Romer coolers koop. Pioneer Plastic maak ook 'n soortgelyke box vir baie bilike prys.
Romer Cooler
Pioneer Plastics Cooler
Ek het ook verskeie groottes…
Ek het ook verskeie groottes en hou spesifiek van die een groot Coleman Extreme wat ook blybaar 5 dae goed gevries hou
Ek gebruik hom maar as ons kamp vir al die drinkgoed en gooi net ys by elke dag. Hy het natuurlik 'n uitlaat waar ek elke oggend al die water kan laat uitloop sonder te veel moeite.
Wessel....
Wessel, dit hang seker presies af wat jou behoefte is. My behoefte is is om ALTYD vries-kapasiteit te hê, waar ons ookal kamp, by ATKV Hartenbos waar krag beskikbaar is of in die Kruger Wildtuin waar krag soms nie beskikbaar is nie of selfs tydens ons lang ritte tussen die Kaap en die noorde van Suid-Afrika. Die storie van koelbokse met ys of droë ys is vir my 'n "shlep" en nie 'n oplossing nie.
Dus, die yskas met vrieshokkie in ons Exclusive werk met 220V of gas en as ons langpad reis, reis ons nie langer as 500km nie tot by 'n oorslaapplek - die vrieshokkie met gevriesde vleis het dan nog in geen opsig begin ontvries nie.
Wat ons groter voorraad vleis betref, gebruik ons 'n 42 liter "3-way" vrieskassie wat gevries gehou word in die Pathfinder via 12V. By ons oorslaapplek koppel ek dit met 220V en ook by ons bestemming. As ons in die Wildtuin is en krag is nie beskikbaar nie, gebruik ons gas om die vrieskassie van energie te voorsien en so ook die Exclusive se yskas. Op hierdie manier kan ons enige tydperke sonder 220V klaarkom.
Ons vrieskassie is 35 jaar gelede gekoop en werk vandag nog foutvry.
My aanbeveling : Moenie tweekeer dink nie, koop vir jou 'n afsonderlike vrieskas en kry klaar. Op die lang duur is dit geld goed gespandeer.
(Ek hoop Chris Boucher lees ook hier. Hy het ook lank gewonder hieroor en koop toe op die ou einde 'n afsonderlike Snowmaster vrieskassie en is baie in sy skik).
Ek self is ook nie baie lief…
Ek self is ook nie baie lief vir !n koelbox nie 😡
Jy's reg...
Jy's reg Harry, jy onthou goed ! - hier's hy :-
Kyk hoe spierwit is daardie binne-pypie gevries :
Wessel....
Wessel, ek luister nou hier in die agtergrond en ek hoor Amoré Bekker vra op RSG as jy goed hierdie naweek koop, koop asseblief Suid-Afrikaans ! As jy 'n vrieskassie gaan koop, koop 'n Snowmaster of 'n National Luna - albei is in Suid-Afrika vervaardig met uitstekende naverkoopdiens. My ou Edesatjie is ook destyds in Edenvale vervaardig, maar die firma is al jare terug bankrot.
Len daai yskas
My oorlede pa het presies so yskas gehad baie gebruik daai yskas is n wenner
Obaro cooler
Gaan kyk gou more oggend by Obaro in Spoorweg straat.
Hierdie rooi cooler werk lekker vir my kan ys so 2-3 dae hou afhangende hoe jy hom hanteer.
Die is ‘n Romer cooler wat…
Die is ‘n Romer cooler wat hulle vir obaro maak hulle het die gewone Romer coolers ook daar.
Obaro cooler lyk of hy die…
Obaro cooler lyk of hy die job mooi sal doen. ![]()
Ek gebruik 'n Coleman…
Ek gebruik 'n Coleman koelhouer (al vir baie jare). Ek ry nie met enige inhoud in my karavaan se yskas nie (wel in die vrieskas). Ek pak maar elke keer die koue goed in die Coleman en pak weer uit by ons bestemming. My wa se dubbeldeur ys/vrieskas is uitsluitlik 220 V. Ek kan dit dus nie gebruik wanneer ons sonder krag kamp nie.
Vir laasgenoemde doel het ek vir my 'n 82.5 liter Snomaster gekoop. Dit beskik oor twee kompartemente. Jy kan beide as vrieskas of yskas gebruik, of een kompartement as yskas en die ander as vrieskas.
Wanneer ons sonder krag kamp (soos bv Tsendze) in die wildtuin, bly die Snomaster agter in my bakkie waar dit op die bakkie se battery loop. Die Snomaster het verstellings vir bv "high protection" vir jou battery. Op laasgenoemde skakel die kas af sodra jou voertuig se battery onder 11.8 V daal. 11.8 V is voldoende om jou voertuig sonder moeite te "start". Ek stel die Snomaster op -10°C. Indien dit in die nag afskakel, is dit in die oggend nog steeds op -4 of -5° C.
Sodra ons gaan ry op wildbesigtigings 'trips' laai die battery weer tot sy volle kapasiteit. Ek vries 'ice bricks' in die vrieskas wat ek elke oggend en aand omruil om die koue goed in die Coleman koud te hou.
Daar is waarskynlik beter koelhouers as 'n Coleman, maar vir my doeleindes werk laasgenoemde meer as voldoende.
Prys
Ek en Channel het probeer onthou ek dink ons het te veel betaal.
Was R1800.00 en die link hier bo wys Takealot het die selfde Romer coolers vir R1299.00 hy het dan nie die glaas houer soos obaro cooler lyk my Romer het vir obaro Die coolers spesiaal so gemaak.
Gedagte op ys
Môre vriende
Dankie vir al die insette en idees.
Ek gaan eers die aanskaf van ekstra koelhouer/vrieskas op ys plaas totdat ek dit benodig. Ek hou van die koelhouers wat volgens spesifikasie blykbaar tot 7 dae goed gevries kan hou. Ek wil nie nou ekstra bedrading ensovoorts aan my trokkie maak nie, want mens weet nooit.
Mens is bederf met byvoorbeeld Balule waar daar gemeenskaplike gas vrieskaste is. Ek sal die idees opvolg volgende jaar voordat ek Kalaghadi toe gaan.
Groete






Ek het gister op AmperKamper…
Ek het gister op AmperKamper se webwerf gesien hulle adverteer Stainless Steel koelbokse.
Lyk of hulle die job goed sal doen?
https://amperkamper.co.z…