
Koffie enigiemand?
More Stoffel en vriende
More almal dis saterdag Julie maand loop uit skink daai koffie geniet hom myne stel nie telleur nie hy loop soos stroop lekke dag vir almal vrede
Goeiemôre
Ons verwag lekker weer die naweek, nie te koud nie. Maar as voorspellings reg is, verander dit weer na koue en reën volgende week. Bring it on!
Ek dink ons kan enige iets van vanoggend se wedstryd verwag. Die All Blacks se rugby gaan deur 'n dip op die oomblik, die Bokke is al geruime tyd in daai dip.
Julle moet almal 'n baie lekker naweek hê.
Môre. Hier by Eiland Spa val…
Môre. Hier by Eiland Spa val vanoggend so 'n paar verdwaalde druppels, maar dit nog steeds kortmouhemp, kortbroek en plakkies-weer.
Ek sal ongelukkig die rugby mis want ek speel die hele voormiddag in 'n rolbalkompetisie. Dus - dalk mis ek die vreugde (of is dit die pyn?).
Môre môre! Lekker dag vir…
Môre môre! Lekker dag vir almal! Hallo Antie, Stoffel en Shaun! Chris geniet die rolbal ![]()
Laat ek gou gaan loer wat met die rugby gebeur het gister .... dan is dit weer kinder sport later vanoggend en tyd vir die 0/7's se eerste krieket wedstryd.
Goeie môre almal, julle moet…
Goeie môre almal, julle moet jul dag van sport en plesier geniet, hier by ons is daar 'n digte mis wat gewoonlik 'n warm dag voorspel. (Ek dink dit is waar die spreekwoord "verdwyn soos mis voor die son" vandaan kom.😃
Môre sê KampforumAmper…
Môre sê Kampforum
Amper oppad Brits toe vir die Wildsfees, saam Hakaf hulle.
Gelukkig het die Boele gewen, hoop die Bokke doen dit ook.
Geniet jou dag voluit in vrede.
Brits Wildsfees ...
Geniet dit hier by Brits Wildsfees. Gaan seker weer 'n lang Saterdag wees met baie vuur en ...

Lyk lekker geselig, julle…
Lyk lekker geselig, julle moet dit geniet.👍
Daai Brits Wildsfees klink…
Daai Brits Wildsfees klink vir my na 'n skilpadbraai - min vleis en baie dop.
Goeie more lede, ek hoes…
Goeie more lede, ek hoes myself wakker, nou gaan ek maar lê en met myself gesêls op die forum.
Môre self, geniet jou nag.
Goeie môre hier op die…
Goeie môre hier op die Sondag oggend.
Johann, is nie lekker om so wakker te word nie. Ek luister maar ook vir Alta hier in die oggendure soos wat sy hoes. Ek staan maar op en kom maak koffie in die kombuis. Wanneer ek in die bed op die forum inklok maak die foon se liggie haar wakker.
Lekker rusdag vir elkeen.
More julle
Jip Johan en Stoffel die staar siekte of wat dit genome word issie lekke nie maar julle almal moet n gatskop dag vol vrede en vreugte Willem ek glo daai wildsfees het geloop vrede
Môre almal. Hoop julle is…
Môre almal. Hoop julle is gelukkig en tevrede op die Sondag.
Johann, daai gehoesery! Dit help nogal as jy die rookgoedjies los. ![]()
![]()
Mooi loop, al die mense
Ek het weer lekker getrap…
Ek het weer lekker getrap vanoggend - my bene is nou baie lam.
Naand sê Kampforum. Ja…
Naand sê Kampforum.

Ja die vuure het hoog gebrand.
Goeie môre almal. Laaste…
Goeie môre almal.
Laaste Maandag van Julie en 'n nuwe week begin.
Geniet die dag en nuwe week.
Môre môre! Dit is 'n lekker…
Môre môre! Dit is 'n lekker nuwe week. Die sonnetjie kom ook al heelwat vroeër uit ![]()
Ek wens almal 'n heerlike en geseënde week toe! Die wat kamp moet dit geniet en die wat moet werk mag julle die vrugte van julle aarbeid ook geniet! ![]()
Ek kook water, kan ek koffie vir enigiemand skink?
Groete





Goeie môre almal. …
Goeie môre almal.
Vanoggend nie te koud in die kombuis nie. Koffie reeds gemaak.
Geniet die Saterdag tenvolle