Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -50 minutes ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -57 minutes ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -3 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago

Prado 4l v6

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagsê, het die 2003 model Prado 4l v6 van my dogter gekoop. Sy wou inruil op VW en inruil geoffer was R30k onder boekinruilwaarde en R45k onder handelaars retail.

Pragtige voertuig, kilos 280 000km, dalk hoog, maar loop soos n horlosie. Ek het R115k betaal en sal vir dieselfde laat gaan. Of ek hou dit vir dalk eendag Kunene mond toe ry.

Prado

Prado

Prado

Prado

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 08/07/2020 - 18:32

Wil net hier vir Slowstrike bedank. Hy het spesiaal gaan inloer by N14x4 net om vir my seker te maak dat die regte parte op kwoteer is. Dankie Danie !!!!!

Nou hier is n foto van die Bmw wat ek gister in Grootbrak gaan haal het. Dit was n restoreerder se volgende projek, toe takel die Alzheimers hom, en daar staan dit vir 4 jaar onder n afdak, by die see........

Mooi van vêr af.Bmw

0
Pretoria

Slowstrike

Wed, 08/07/2020 - 19:09

Groot plesier.

Nice kar hoop nie daar is te veel roes nie. Nou se dae se karre roes gladnie meer nie maar daai ou karre .........

Lekker werk aan hom

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 08/07/2020 - 20:45

Neef is dit die S A? In Rhodesia het ons hulle gekry as Cheeta maar ek dink hier was hulle bemark ad die S A?

As ek reg onthou was dit ń 1800 cc.

As dit die een is wat ek asn dink, dit was ń baie lekker motor.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 08/07/2020 - 21:21

Arie dit is ñ 1800 , 1967 model , het nie ander badges op nie.  dink die een was ingevoer met regterhandstuur en het bekend gestaan as die " neue model". Ek sal bietjie opsoek.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 08/07/2020 - 22:15

my bek hang stesds oop, wag vir die Loto sad

Het iemand dalk 'n plan ?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 08/07/2020 - 22:33

Kan ons 'n hulp fonds sig vir my ?  Vir die V6 Auto ?

0

Middag Willem

As jy sukel met 'n ontwykende skip, kan jy mos jou Territory verkoop. Moet netnie dit gaan inruil op iets anders nie, mens kry omtrent geen inruilwaarde nie. Jy sal heel moontlik meer daarvoor kry, as jy dit uit die hand verkoop aan iemand wat 'n groot liefde het vir so 'n kar.

Ek het myne in 2016 ingeruil op 'n Hilux, en net kR60 daarvoor gekry. Ek mis my Territory nog steeds

Groete

 

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 12/07/2020 - 13:37

Wessel, sal nie maklik van die Ford onslae raak nie wan daai petrol krag en Nm gaan mens nie maklik kry nie.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 13/07/2020 - 09:32

Lekker vir myself gelag gister. Die Bmw se enjin was vas, gooi toe diesel by fonkproppe in, en 2 dae later kom dit los. Maak vonkverdeler, vonkproppe etc etc, vergasser uitmekaar, deglaze. Draadjie aan die klos en start hier van enjin se kant af met nog n los draadjie aan die aansitter se solenoid. Ander hand hier by die smoorklep etc doenig. Waragtig na so paar draaie daar gaan hy, ek leun nog so bo-oor die enjin toe backfire die spul met n helse vlam hier deur die vergasser. Nou het ek lekker kort ooghare, nie die outoppie bosse wat so wild staan nie, he he he.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 13/07/2020 - 10:31

Daai kon lelik gewees het neef, maar gelukkig nie so erg nie.

Kon die prentjie voor my sien toe lag ek maar hier by myselwers sonder dat jy dit kon sien of hoor.

0
pretoria

pieterc

Fri, 24/07/2020 - 20:37

Ons hoor en sien niks van die vordering met die 2 projekte nie?

Vertel ons bietjie meer van die put foot rally asb

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 25/07/2020 - 07:15

Pieter, die bouery hou nou erg vas, en gaan seker so 3 maande duur,  maar kan so raporteer. Vir die Prado het ek nuwe remkomponente vir agterwiele gekry, dit het eers Woensdag hier aangekom, en gaan seker later vandag daarmee begin. Moet sê, dit lyk na n baie moeilike taak.

Die Bmw se hidroliese remme, van discs, dromme cylinders en booster is als weg vir reesleeving en oorbou. Die kar gaan meestsl net meganies oorgedoen word, die res gaan oud en oorspronklik bly.  Herbedrading gaan effe van n kopseer wees. Die kar was ootspronklik 6v, so die "gauges" moet n 12v na 6v invertor kry, en dit beteken ekstra bedrading, en erg kophou.

Google die put foot rally,  dit is n oulike toer. Dan is daar die nutts en bolts rally ook.

0
pretoria

pieterc

Sun, 26/07/2020 - 10:21

Neef, as ek dit my 10 duime kon doen glo ek jy sal nie sukkel nie.

Ek het wel baie hier  gaan loer vir tips en ook die "tool" van bracing strap gemaak om die retainer springs op die handrem skoene te lig en dan die skoene agter hulle in te skuif. Die spasie is maar klein vir groot hande.

https://www.pradopoint.c…

.

Die BMW projek klink na BAIE werk, maar as dit klaar is het jy n baie spesiale voertuig.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 26/07/2020 - 12:23

Pieter, ek het gaan Google,  en dit ook n special tool van n stukkie pyp gemaak wat gehelp het, maar bokker dit was maar netjies vashou. Daai tool van jou sou beter gewerk het. Het kom tee kry, net die nuwe discs insit dan is daai een klaar. O ja nog handrem kabel stel vir 5 tot 7 klikkies !!!

Die Bmw is darem nie n restorasie nie, net meganies opknap en rybaar maak. Ek gaan hom sulke blou en rooi strepe opsit " Bmw racing" en ñ klomp stickers van kamma sponsors.  Dan moet ek vir n stel 2de handse 17" rally bande.

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 04/08/2021 - 12:19

Is die Prado nou weer in die mark na die jongste petrol prysverhoging of gaan die hoenders ‘n luukse slaapplek kry?

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 04/08/2021 - 17:45

Chris, sou iemand dit wil koop, kan hy gesels, maar ek adverteer nie. Dit is n bitter lekker ryding, en ek geniet dit baie. Ek het net te veel rygoed wat rondstaan en wag vir n beurt. Die brandstof verbruik is nie te buitensporig as mens netjies ry nie, ek kry gemiddeld so 8km/l

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus