Soos almal weet dit is ons kombinasie en dat die Ford letterlik 'n "tap on te back" gekry het laasweek die aand voor ons by die Phalaborwa hek in gegaan het Letaba kamp toe.

Die was in Hartenbos Feb. 2013

diagnostic resultate ...
Ja ek weet van daai een en ook die olie een. Die olie het Aurinia Ford dit met 'n gewone (manual) druk meter getoets dit is 'n sensor wat se kalibrasie nie reg is nie. Die lugsak een is dalk die bestuurder en/of passasier sitplek se skakelaar ?
Ford Territory ST
Ek wag steeds.
Het vandag weer op 2 fb Territory groepe vir hulp gevra toe vra die een ou of ek al by ZF Gearbox aangeklop het, het nie van hulle geweet nie. Het hulle ge-google (maar was reeds toe) vir hulle 'n boodskap gestuur dan sal ek hulle môre ook bel. Die een ou sê dit is solinoid D wat gegroet het.
Hou duim vas asb.
Ford Territory ST
Is nou by ZF Services, dit gaan my R28,000 sonder belasting kos (R32,500).
Hoop nie daar is nog elektroniese probleme nie want dan gaan dit op na R45,000 sonder belasting.
☹😢
Elektronies of meganies?
Is die fout wat herstel word elektronies of meganies? Dit is altyd sleg om so onvoorsiene uitgawe te hê, wat nie deel van normale onderhoud is nie. As so iets gebeur troos ek myself maar daaraan dat ‘n nuwe voertuig elke maand vir ‘n hele paar jaar ‘n klomp geld kos net aan ‘n paaiement. Ek hoop die bestaande kwotasie spreek jou probleem aan, en dat die koste nie nog sal opgaan nie. Sterkte
Probleem
Middag Willem
Ek dink jy is by 'n moeilike kruispad.
1]Herstel jy nie, kan jy nie kar inruil of verkoop kry nie.
2] Herstel jy wel, bly die kar se inruilwaarde steeds dieselfde, wat beteken jy moet dit nog hou.
As die problem meganies is, kan jy nie 'n kompleet 2de handse ratkas erens te koop kry nie.? Ek het 'n kompleet masjien vir ongeveer R24000 gekoop in 2014.
Liewe genugtig Willem,…
Liewe genugtig Willem, vandag se karre is astronomiese bedrae om op die pad te bly.
Ouch! Bevestig dat my…
Ouch! Bevestig dat my besluit in 2016 om maar my territory te laat gaan uit vrees vir onderdeel pryse met die wat hulle van die mark af is die regte een was. Sterkte, Willem met 'n moeilike besluit.
Sterkte Willem
Ai...nie n lekker een nie. Ek vrees ook maar altyd vir so n onaangename verrassing. Sterkte Willem met jou besluit en hoop nie daar gaan nog opduik nie
Goeie nuus??
More Willem
Enige verdere nuus----hopenlik net beter nuus oor jou ar.
Grootwind: Ek het ook November 2016 van my Territory AWD ontslae geraak. Dit was in daai jaar dat ek verneem het die fabriek in Australie het geheel toegemaak.
Ek het myne geniet, hoewel swaar op petrol, en soms mis ek dit steeds.
Loop die Ford al?
Middag Willem
Ek is sommer nuuskierig, is jou vuurwa se ratkas probleme nou reggemaak?
Ford Territory ST
Ek het verlde Dinsdag die deposito (50%) R17,537.50 betaal, nou wag ek vir hulle.
Middag Willem
All sterkte vir jou.
Dit het met my in September 2019 in Shingedzi gebeur. Auto ratkas geseize...R28 000 later.
Paul--- ratkas
Middag Paul
Wat se voertuig was dit? Ek weet ons kaap nou Willem se draad, maar mens moet kennis neem van sulke insidente.
Het jy die voertuig baie gebruik om woonwa of iets dergeliks te sleep. Ek het juis die afgelope naweek gehoor van iemand wie se 3.2 Ranger se ratkas ook die gees gegee het.
Ford Territory ST
Ek het verlede week die Ford gaan haal by ZF Services gaan haal. Moet sê dit voel lekker om die Ford se ratkas so glad te voel.
Torque converter
Hulle gee 'n jaar onbeperkte km waarborg.
Bly saam met jou
More Willem
Ek is bly dat jou problem opgelos is. Nou is daai Ford sommer reg vir nog 'n paar jaar en kilo's.
Wat seg die manne--wat het aanleiding tot die probleem gegee.?





Verstaan nie daai diagnostic…
Verstaan nie daai diagnostic resultate so lekker nie...daarvolgens het omtrent alles 'n probleem en/of is in een of ander foutmode? Selfs na die reset wys jou RCM 'n lugsak fout?