Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -3 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -3 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -7 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -11 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -12 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago

Die Ford Territory ST & Exclusive

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Soos almal weet dit is ons kombinasie en dat die Ford letterlik 'n "tap on te back" gekry het laasweek die aand voor ons by die Phalaborwa hek in gegaan het Letaba kamp toe.

.

Die was in Hartenbos Feb. 2013

w

Irene

Grootwind

Wed, 19/05/2021 - 11:34

Verstaan nie daai diagnostic resultate so lekker nie...daarvolgens het omtrent alles 'n probleem en/of is in een of ander foutmode? Selfs na die reset wys jou RCM 'n lugsak fout?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 19/05/2021 - 12:02

Ja ek weet van daai een en ook die olie een.  Die olie het Aurinia Ford dit met 'n gewone (manual) druk meter getoets dit is 'n sensor wat se kalibrasie nie reg is nie.  Die lugsak een is dalk die bestuurder en/of passasier sitplek se skakelaar ?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 20/05/2021 - 17:53

Ek wag steeds.

Het vandag weer op 2 fb Territory groepe vir hulp gevra toe vra die een ou of ek al by ZF Gearbox aangeklop het, het nie van hulle geweet nie.  Het hulle ge-google (maar was reeds toe) vir hulle 'n boodskap gestuur dan sal ek hulle môre ook bel.  Die een ou sê dit is solinoid D wat gegroet het.

Hou duim vas asb.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 27/05/2021 - 14:12

Is nou by ZF Services, dit gaan my R28,000 sonder belasting kos (R32,500).
Hoop nie daar is nog elektroniese probleme nie want dan gaan dit op na R45,000 sonder belasting.

☹😢

0
Worcester

Wildehont

Thu, 27/05/2021 - 14:36

Is die fout wat herstel word elektronies of meganies? Dit is altyd sleg om so onvoorsiene uitgawe te hê, wat nie deel van normale onderhoud is nie. As so iets gebeur troos ek myself maar daaraan dat ‘n nuwe voertuig elke maand vir ‘n hele paar jaar ‘n klomp geld kos net aan ‘n paaiement. Ek hoop die bestaande kwotasie spreek jou probleem aan, en dat die koste nie nog sal opgaan nie. Sterkte 

0

Middag Willem

Ek dink jy is by 'n moeilike kruispad.

1]Herstel jy nie, kan jy nie kar inruil of verkoop kry nie.

2] Herstel jy wel, bly die kar se inruilwaarde steeds dieselfde, wat beteken jy moet dit nog hou.

As die problem meganies is, kan jy nie 'n kompleet 2de handse ratkas erens te koop kry nie.? Ek het 'n kompleet masjien vir ongeveer R24000 gekoop in 2014.

0
Irene

Grootwind

Thu, 27/05/2021 - 16:02

Ouch! Bevestig dat my besluit in 2016 om maar my territory te laat gaan uit vrees vir onderdeel pryse met die wat hulle van die mark af is die regte een was. Sterkte, Willem met 'n moeilike besluit.

0
Pretoria

Geert

Thu, 27/05/2021 - 17:03

Ai...nie n lekker een nie. Ek vrees ook maar altyd vir so n onaangename verrassing. Sterkte Willem met jou besluit en hoop nie daar gaan nog opduik nie

0

More Willem

Enige verdere nuus----hopenlik net beter nuus oor jou ar.

Grootwind: Ek het ook November 2016 van my Territory AWD ontslae geraak. Dit was in daai jaar dat ek verneem het die fabriek in Australie het geheel toegemaak.

Ek het myne geniet, hoewel swaar op petrol, en soms mis ek dit steeds.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Mon, 07/06/2021 - 13:26

All sterkte vir jou.

Dit het met my in September 2019 in Shingedzi gebeur. Auto ratkas geseize...R28 000 later.

0

Middag Paul

Wat se voertuig was dit? Ek weet ons kaap nou Willem se draad, maar mens moet kennis neem van sulke insidente.

Het jy die voertuig baie gebruik om woonwa of iets dergeliks te sleep. Ek het juis die afgelope naweek gehoor van iemand wie se 3.2 Ranger se ratkas ook die gees gegee het.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 17/06/2021 - 09:54

Ek het verlede week die Ford gaan haal by ZF Services gaan haal.  Moet sê dit voel lekker om die Ford se ratkas so glad te voel.

.
Die sump
.
Sump is nuut
.

Torque converter
.
Bearings / Bushes vervang
.
Clutch plate en as die Solinoids is ook vervang.

Hulle gee 'n jaar onbeperkte km waarborg.

0

More Willem

Ek is bly dat jou problem opgelos is. Nou is daai Ford sommer reg vir nog 'n paar jaar en kilo's.

Wat seg die manne--wat het aanleiding tot die probleem gegee.?

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus