' n Lekker Julie maand vir almal
Goeiemôre almal. Dit is al…
Goeiemôre almal. Dit is al amper middag en môre is dit Vrydag!
Lui / Sleg ...
Nou gekyk en verstaan nou hoekom Chris B lê en tennis kyk. 😉 Daar is mooi bene agter die rakette. 👍
Goeie môre. Besige Vrydag…
Goeie môre.
Besige Vrydag wat voorlê met onder andere 3 vergaderings vir die dag.
Lekker dag en naweek.
More Almal Stoffel jy
Gatskop dag vir almal lyk my somer nie meer ver sterkte met al daai meetings Stoffel vrede
Goeie môre julle, hier in…
Goeie môre julle, hier in Bloemfontein is dit lekker koud en wit geryp. Deur die dag word dit beter maar in die agter middag word dit weer lekker koel.
👋 Môre sê Kampforum
Julle moet nie te besig raak so op die Vrydag nie.
Geniet die res van die dag.
Goeie môre wat 'n heerlike…
Goeie môre wat 'n heerlike oggend in Durban. Vis loop en baie mense vanoggend op die promenade.
👋 Môre sê Kampforum
Jan julle moet dit geniet, lyk lekker daar.
Geniet jou Saterdag 👍
Ek en kleindogter het gister…
Ek en kleindogter het gister gegaan vir covid toets. Myne het teruggekom negatief en kleindogter positief. Nou sit sy en my dogter in die woonstel.
Sterkte vir die kind en…
Sterkte vir die kind en moeder Stoffel, glo kinders bied baie meer weestand teen die virus, ons bid dit is die geval🙏🙏
Jy sal ook maar versigtig moet wees vir die volgende paar dae.
👋 Môre sê Kampforum
Julle moet die F1 geniet saam met jou Sondag.
Goeie môre vriende, hier is…
Goeie môre vriende, hier is dit lekker knyp temperatuur vanoggend, geniet die dag in die huis of karavaan waar jy ook mag wees.
Jan, dankie vir die deel van mooi fotos, dit lyk sommer lekker daar by julle, moet sê, ek sou nou graag in die bosveld wou wees.
Goeiedag almal. Julle moet…
Goeiedag almal. Julle moet die week geniet.
Ek is weer terug by die huis en het die kinders in die bos gelos tot Vrydag toe.
👋 Môre sê Kampforum
Hulle moet dié Maandag voluit geniet. Ek wag vir die Dr. die abses in my boud het weer gegin en het die naweek weer lastig koors gehad, kan nie sit nie want is nogals groot opgeswel.
👋 Hi...
Len, ja dit is nie lekker nie. Was nou by doe Dr. hy het net een kyk gegee en gesê hospitaal sal dit wees (soos die eerste keer) Moes toe gaan vir Covid toetsom bed te kry, 4 ure wag vir uitslag, dan sal hulle my laatweet om in te gaan. Sal seker môre onder die mes gaan. Laas was dit 'n groot verligting na die mes, die ding vergiftig gou hele lyf.





GM !
Goeie môre Kampforum-vriende !
Ons het weer eens heerlike reën gehad die afgelope 24 uur en ek het sopas 40mm uit die reënmeter gegooi. Sjoe, maar die wind was erg.
Ek dink die mense in hulle "shacks" op die Kaapse vlakte en selfs ander haweloses in die Kaapstad Metropool het lelik deurgeloop. Weens Covid-19 reëls kan hulle ook nie saamgedrom word in sale en ander akkommodasie nie.
Lekker dag vir julle almal.