Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -3 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -3 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Julie 2021 koffie en groet

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

' n Lekker Julie maand vir almal

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 01/07/2021 - 08:55

Goeie môre Kampforum-vriende !

Ons het weer eens heerlike reën gehad die afgelope 24 uur en ek het sopas 40mm uit die reënmeter gegooi.  Sjoe, maar die wind was erg.

Ek dink die mense in hulle "shacks" op die Kaapse vlakte en selfs ander haweloses in die Kaapstad Metropool het lelik deurgeloop.  Weens Covid-19 reëls kan hulle ook nie saamgedrom word in sale en ander akkommodasie nie.

Lekker dag vir julle almal.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 01/07/2021 - 15:21

Nou gekyk en verstaan nou hoekom Chris B lê en tennis kyk. 😉  Daar is mooi bene agter die rakette. 👍

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 02/07/2021 - 08:46

Goeie môre julle, hier in Bloemfontein is dit lekker koud en wit geryp. Deur die dag word dit beter maar in die agter middag word dit weer lekker koel. 

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 03/07/2021 - 17:10

Sterkte vir die kind en moeder Stoffel, glo kinders bied baie meer weestand teen die virus, ons bid dit is die geval🙏🙏

Jy sal ook maar versigtig moet wees vir die volgende paar dae.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 04/07/2021 - 08:09

Goeie môre vriende, hier is dit lekker knyp temperatuur vanoggend, geniet die dag in die huis of karavaan waar jy ook mag wees.

Jan, dankie vir die deel van mooi fotos, dit lyk sommer lekker daar by julle, moet sê, ek sou nou graag in die bosveld wou wees.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 05/07/2021 - 09:19

Hulle moet dié Maandag voluit geniet.  Ek wag vir die Dr.  die abses in my boud het weer gegin en het die naweek weer lastig koors gehad, kan nie sit nie want is nogals groot opgeswel.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 05/07/2021 - 10:27

Ai tog Willem, wat gaan jou nog tref ?

Sterkte ou maat !

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 05/07/2021 - 14:14

Len, ja dit is nie lekker nie.  Was nou by doe Dr. hy het net een kyk gegee en gesê hospitaal sal dit wees (soos die eerste keer)  Moes toe gaan vir Covid toetsom bed te kry, 4 ure wag vir uitslag, dan sal hulle my laatweet om in te gaan.  Sal seker môre onder die mes gaan.  Laas was dit 'n groot verligting na die mes, die ding vergiftig gou hele lyf.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus