More almal September maand jou lekke ding geniet julle dag vrede
More Kampforum
Tyd loop al die 20 september geniet jou dag ten vol vrede
Goeiemôre kamp vriende! …
Goeiemôre kamp vriende!
Julle moet 'n heerlike week hé!
Die skepping getuig van God se almag! ![]()
Môre Shaun en ander wie nog…
Môre Shaun en ander wie nog gaan kom in klok, geniet die dag en week.
Ek is so bietjie verveeld, dus gaan ek vandag sommer die Penta weer skoon maak, dit is darem 'n lekker tyd verdryf. Oor reg pak en binne stofsuig, en sommer net tyd in en om die wa geniet.
GM !
Goeie môre kampvrienda ! Lekker koud en natterig hier, maar nie reën om oor huis toe te skryf nie.
Johann, jy praat so in my kraal ! Ek is ook heeldag in en om die Exclusive en kan nie altyd sê presies wat ek daar doen nie. Die wa is deel van my lewe en ek soek maar altyd iets om daar aan te vang.
Gegroet my vriende
Môre al my kampeer vrinne
'n Spesiale groet aan Chris B, kampeer die man alweer op 'n plek waar geen sein is? Ek hoop nie ons moet 'n soekgeselskap stuur om hulle op te spoor nie.
👋 Môre sê Kampforum
Ek hoop nie ons moet 'n soekgeselskap stuur om hulle op te spoor nie
Wessel, ek dink dit geld vir baie ander ook. ![]()
Geniet julle Dinsdag.
Guten morgen mitcamper.…
Guten morgen mitcamper.
Good morning fellow campers.
Goeie môre mede kampeerders.
Geniet die dag en werk hard asb.
DG
Dagsê kampmaters !
Wat Chris Boucher betref : Chris, ek aanvaar jou afwesigheid is nie as gevolg van die afsterwe van Scarface nie. (Vir ons vriende daarbo, Scarface is die amok-makende bobbejaan mannetjie in die Bettiesbaai/Kleinmondomgewing).
Scarface is die onderwerp tussen aktiviste om hom lewendig te hou en inwoners wat hom as 'n pes beskou. Dit was 'n geruime tyd waar daar gestry is of hy vankant gemaak moes word of gevang en iewers hervestig moes word en intussen het Scarface maar voortgegaan met sy strooptogte by huise. Die besluitloosheid en "gefaait" was amper soos die ouens vir en teen inenting en intussen sterf mense in hul duisende wêreldwyd.
Scarface is intussen gedood en ek vermoed Chris is verheug.
Ns. Ek glo dit is alom bekend dat ek en Chris is albei baie lief vir wildbewaring, maar wanneer wilde diere nie meer as wilde diere leef nie en 'n bedreiging vir mense (veral kinders) word, moet hulle eerder vankant gemaak word.
Ek lees ook alles, maar…
Ek lees ook alles, maar antwoord nie op alles nie, net soos almal.
👋 Môre sê Kampforum
Laat maar steeds hier. ![]()
Geniet die dag voluit.
Môre almal, vanoggend sommer…
Môre almal, vanoggend sommer effe koel hier by ons, geniet die dag ten volle.
Wees geseënd.
Goeiemôre almal. Geniet…
Goeiemôre almal. Geniet die Donderdag.![]()
Ons is nou weer in einde van die jaar "crunch time" tyd - lyk my mense word nou wakker en besef daar is projekte wat viir die einde van die jaar afgehandel moet word.
Groete en vrede en baie seën vir almal!![]()
Goeie môre Anton en almal…
Goeie môre Anton en almal wie nog kom inloer, geseënde dag aan elkeen.





More alaml
More forum Willem geluk daar met graad lekke dag almal vrede