Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -19 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -19 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -23 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

September - 2021 lente, kom groet en drink koffie

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

More almal September maand jou lekke ding geniet julle dag vrede

Vaalpark

Johann L

Mon, 20/09/2021 - 07:52

Môre Shaun en ander wie nog gaan kom in klok, geniet die dag en week.

Ek is so bietjie verveeld, dus gaan ek vandag sommer die Penta weer skoon maak, dit is darem 'n lekker tyd verdryf. Oor reg pak en binne stofsuig, en sommer net tyd in en om die wa geniet.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 20/09/2021 - 09:37

Goeie môre kampvrienda !  Lekker koud en natterig hier, maar nie reën om oor huis toe te skryf nie.

Johann, jy praat so in my kraal !  Ek is ook heeldag in en om die Exclusive en kan nie altyd sê presies wat ek daar doen nie.  Die wa is deel van my lewe en ek soek maar altyd iets om daar aan te vang.

0

Môre al my kampeer vrinne

'n Spesiale groet aan Chris B, kampeer die man alweer op 'n plek waar geen sein is? Ek hoop nie ons moet 'n soekgeselskap stuur om hulle op te spoor nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 21/09/2021 - 08:26

Ek hoop nie ons moet 'n soekgeselskap stuur om hulle op te spoor nie

Wessel, ek dink dit geld vir baie ander ook. wink

Geniet julle Dinsdag.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 21/09/2021 - 09:32

Dagsê kampmaters !

Wat Chris Boucher betref : Chris, ek aanvaar jou afwesigheid is nie as gevolg van die afsterwe van Scarface nie.  (Vir ons vriende daarbo, Scarface is die amok-makende bobbejaan mannetjie in die Bettiesbaai/Kleinmondomgewing).

Scarface is die onderwerp tussen aktiviste om hom lewendig te hou en inwoners wat hom as 'n pes beskou.  Dit was 'n geruime tyd waar daar gestry is of hy vankant gemaak moes word of gevang en iewers hervestig moes word en intussen het Scarface maar voortgegaan met sy strooptogte by huise.  Die besluitloosheid en "gefaait" was amper soos die ouens vir en teen inenting en intussen sterf mense in hul duisende wêreldwyd.

Scarface is intussen gedood en ek vermoed Chris is verheug.

Ns. Ek glo dit is alom bekend dat ek en Chris is albei baie lief vir wildbewaring, maar wanneer wilde diere nie meer as wilde diere leef nie en 'n bedreiging vir mense (veral kinders) word, moet hulle eerder vankant gemaak word.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 21/09/2021 - 11:40

My "stir"-opmerking twee uur gelede hierbo is dat hierdie "Groet, koffiedraad" nie juis gelees word op Kampforum nie  -  geen reaksie nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 21/09/2021 - 12:27

Anders as baie lees ek elke draad maar antwoord nie altyd nie.  Ek stem egter met jou saam oor jou stelling.

maar wanneer wilde diere nie meer as wilde diere leef nie en 'n bedreiging vir mense (veral kinders) word, moet hulle eerder vankant gemaak word.

 

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 23/09/2021 - 05:30

Goeiemôre almal.   Geniet die Donderdag.yes

Ons is nou weer in einde van die jaar "crunch time" tyd -   lyk my mense word nou wakker en besef daar is projekte wat viir die einde van die jaar afgehandel moet word.

Groete en vrede en baie seën vir almal!smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus