6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -30 minutes ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -34 minutes ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -53 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -3 hours ago

Brandstof prys

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Dit is die laaste Vrydag van die maand, dus sal volgende maand se brandstofprys vandag aangekondig word.

Petra en ek het vroeer so bietjie ingery Bela toe, ek was so lus vir 'n melkskommel ek kon my lag nie hou nie.

Ons is 11km buite Bela en die ry tot by Dros het ons net mooi 40 min geneem, terug bietjie beter 25 min. Die paaie is tjok en blok dit is net 4x4's , bakkies en SUV's met woonwaens agter gehak.

Nou hoor ek gereeld hoe mense kla oor die brandstof prys en nou sal hulle nie meer kan ry nie, terloops die N1 is net so gepak van de voertuie.

Nou hoop ek sal half hier in my enigheid dat die brandstof met so R3 of R4 per liter sal verhoog, hopelik sal die mense dan nie meer jok oor hoe hulle nou minder gaan ry nie?

 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/06/2022 - 08:43

Môre Grootwind

Ek kan goed onthou dat in die verlede gereeld steekproewe deur inspekteurs gedoen was, op plekke waar knoeiery vermoed/aangemeld was. 'n Paar plekke in my omgewing was blykbaar ook uitgevang.

Dalk sal die AA mens kan inlig oor hoe om die inspekteurs te kontak.

Kan mens aandring op 'n inspeksie sertifikaat soos getoets by die pomp? 

Is daar 'n kleur en/of digtheid verskil tussen parrafien en diesel.? Dalk kan mens dan 'n glasbottel volmaak, laat staan en kyk vir 'n skeiding van vloeistof.  

Ek het ook langs die N1 en in die Kaap opgemerk dat daar 2 tipe 50ppm diesel beskikbaar is. Nogal 'n groot prysverskil, en blykbaar gaan dit oor skoonheidsgraad en tipe bymiddels. Ek het maar uit onkunde die duur ene ingegooi.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/06/2022 - 08:46

Ek hoor vanoggend oor die radionuus, dat die einste minister gister in parlement genoem het dat die direkte aankoop van olie by Rusland ondersoek word. Hy beweer dat dit aansienlik goedkoper sal wees, as om via westerse kanale dit te bekom.

Worcester

Wildehont

Thu, 16/06/2022 - 08:56

Hier verkoop hulle ‘n herbruikbare toets stelletjie om te bepaal of daar lampolie in diesel is. 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/06/2022 - 09:05

Hello Chris S

Baie duidelik is die beginsel digtheid. 

Ek het intussen gou op internet die digthede nagegaan. Volgens 'n vinnige soektog blyk daar weinig verskil te wees.

Parrfien--0.8g/cm3

Diesel-----0.85g/cm3

Ek wonder of dit genoegsaam is om waarneembaar te wees. Ek dink 'n chemiese analise sal veel meer akkuraat wees.

Vaalpark

Johann L

Thu, 16/06/2022 - 09:23

Nou laat julle my worry, ek gooi by 'n depot in wat deisel slegs op kontrak voorwaardes verkoop, Herman het juis vroeër genoem dat daar moontlik parrafien by kan wees. Die huidige prys is R3 per liter laer as gewone vulstasies.

 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/06/2022 - 10:27

Hello vriende

Ek het nounet na 'n insiggewende video gekyk oor die onderwerp. 

Google net "diesel test for parrafin" Dit het my geneem na 'n Landbouweekblad onderhoud met 'n plaaslike ingenieur wat 'n toetsstel ontwerp het, ek vermoed die ene wat Chris S hierbo genoem het.

Ek het ook "Rodac diesel injection services" ge-google, wat ook na die toets verwys.

Gaan kyk gerus daarna. Byvoorbeeld die oudste toets berus op 'n kleurverandering tydens toets. Nou gooi die skelms self bleikmiddel by, en voorkom die kleurverandering. Op sigself rig die bleikmiddel nog meer korrosie probleme by aan die inspuiters en pomp. 

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 16/06/2022 - 16:17

Hier naby is n omie wat sy ou Isuzu 250d met parrafien ry, ek ken die bakkie al 23 jaar, en behalwe dat die rook soos n  olielamp stink, het dit nog nooit gaan staan nie. Ek wonder of mens nie die verskil sal kan ruik as jy so paar druppels op n stuk kladpapier, of dalk op sand, brand nie. Lampolie het n baie kenmerkende reuk.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/06/2022 - 07:04

Môre Herman

Dalk moet daai onie DELTA nader, sy lampolie aandrywing en bakkie storie met hulle deel. Hulle gaan hom dalk 'n nuwe gee in ruil vir die advertensie en bemarkings regte daarvan.

Hy gooi dalk "two stroke" olie op elke tenk vir smering. Ek het weer 'n omie geken wat daaraan geglo het, sy Ford bakkie [250td ???] loop steeds in dorp, sedert die 2000's.

Irene

Grootwind

Fri, 17/06/2022 - 09:59

Daai ou diesel enjins loop op enigiets vanaf ou kookolie tot margarien tot regte diesel. Ongelukkig geld dit nie vir "common rail" enjins nie. Nie aan te bevele om dit op die enjins te probeer nie, groot skade en 'n groot herstel rekening, heelwaarskynlik 'n nuwe enjin?

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 17/06/2022 - 15:09

Praat van taai enjins.

 n Ou maat van my, oud in die jare nou, het graag vertel van sy trekker waarmee hy water gepomp het. Bulldog Lanz trekker, een silinder,  het met olie geloop, enige olie. Jy het n blaaslamp gebruik om die silinderkop en die glow bowl, of so iets warm te maak voordat hy start. Hy vertel dat hy altyd die afgetapte olie by die vulstasie gekry het, deur so sifdraad sif gegooi het om die  sparkplugs en lappe uit te haal, en dan net so in die Lanz se tenk gegooi. Hy se hy glo dit loop dalk nog steeds..

Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/06/2022 - 15:41

My skoolmaat se pa het presies so ene gehad om water uit die Riviersonderend te pomp.

Daai trekker kon omtrent 'n dikpyp water pomp. die aansit was 'n kuns.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/06/2022 - 19:28

Naand Herman

Nee toe nie, my vriend was 'n Van Zyl en hulle boer nog daar, tussen Stormsvlei en Bonnievale. 

Met die dieselprys gaan ek volgende week kyk of Grompie kan loop op 50% diesel, 40% dooswyn, en dalk die res lampolie. Laasgenoemde net om rook in die trokke se gesigte te blaas.laugh 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 17/06/2022 - 20:38

So gepraat van Diesel, sien ek nou die op Overvaal Stereo 96.1 se fb blad.

VULSTASIES WAT DIESEL MET PARAFFIEN MENG SAL GESLUIT WORD EN EIENAARS SAL VERVOLG WORD...

Die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe, is bekommerd oor die verkoop van diesel by vulstasies wat glo met paraffien gemeng word.

Fin24 berig die minister het Woensdag in die parlement laat blyk dat daar ʼn groeiende neiging by vulstasies is om hierdie diesel-en-paraffienmengsels te verkoop.

Mantashe sê daar is monsters by vulstasies geneem om die praktyk te bevestig.

Hy sê vulstasies wat met diesel peuter sal onmiddellik gesluit en vervolg word.

*Volg Overvaal Stereo se Facebook blad en bly altyd op hoogte GRATIS en in Afrikaans.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/06/2022 - 07:19

Môre vriende

Ek vermoed dat sy bemommernis nie gaan oor die boere en Janalleman wat verneuk word nie. Hy is bekommerd oor die bedrog wat plaasvind, en die effek op diesel aankope by verskaffers. 

Die goeie nuus is dat volgens die berig daar wel inspeksies gedoen gaan word, en streng opgetree gaan word.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 20/07/2022 - 09:25

Johann 👏👍,

Jy moes net die oopgemaakte skakel geplaas het i.p.v. die soek skakel sin.

Wat ek doen om die skakel duidelikker te laat uit staan is ek maak hom "Bold en Italic" soos die goeie nuus skakel.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/10/2022 - 19:39

Jislaaik die brandstofprys raak nou wild. Ek hoor nou op die nuus dat diesel alweer met ongeveer R1.50/l styg. Petrol slegs 50c/l

Arme boere gaan nou brul om te stroop en oes.

Ek verstaan nie waarom die dieselprys nou so die hoogte inskiet nie. Gewoonlik is petrol die duurder brandstof. Word Eskom deur die prys bevoordeel??

Ek sien dat die regering bloot net ontken dat ons binnekort 'n volslae brandstof tekort gaan beleef. Dit is blykbaar ons voorland omdat plaaslike raffinaderye in onbruik is, en invoere, en hawe bedrywighede gebuk gaan onder stakings. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus