Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

EB versus EC lisensie

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende Na aanleiding van van Willem en Tora se insette oor die onderwerp moet ons dalk nuwe draad skep. Ek is eintlik nie bewus van 'n bo-perk op die totale kombinasiegewig wat met EB of EC lisensies gepaardgaan nie. Agterop my EB-lisensie word 'n GVM van <3500kg gespesifiseer vir B-lisensie. By EB word niks getoon nie, so ook nie by EC nie. Wat ek wel weet is dat volgens prentjie op lisensie, n EB my toelaat om 'n woonwa te sleep. Volgens wet moet ek voldoen aan die volgende; 1]my woonwa se maks gewig moet minder wees as my voertuig se lisensie gewig 2] my totale kombinasiegewig moet binne my voertuig se gespesifiseerde GCM [gross combination mass] wees 3] indien ek 'n wa sleep bo 'n sekere gewig [dalk 3500kg] moet daar ekstra remme aangebring word, bo en behalwe die normale inloopremstelsel van die wa. As voorbeeld: a] Kavango se maks gewig is 1500 kg b] gelyk aan die lisensiegewig van my Hilux, 1500kg c] toegelate laai massa vir bakkie is 750kg, dus is my totale kombinasie massa 3750kg, net binne die gespesifiseerde GCM van 3900kg. Ek is dus van mening dat as mens 'n swaar wa wil sleep, mens se sleepvoertuig se "GCM" dit moet toelaat. Ek sal graag wil verneem wat julle mening is hieromtrent. Dit is veral belangrik vir persone wat nog waentjies agter aan hulle woonwaens wil sleep.[wat nie inloopremme het nie] Groete Wessel

Attachment Size
Kode EB1 dokument 121.07 KB

Kom ons kyk na die Feite 

Die EB lisensie laat jou toe om in totaal 3500kg te bestuur. Dit kan 'n enkel voeruig wees of dit kan 'n voertuig wees met 'n sleepwa, waarvan die gekombineerde massa nie 3500kg mag oorskry nie.  As jy my woord in twyfel trek gaan klaar dit asb. uit met die verkeers afdeling. Om hier te argumenteer daaroor is sinneloos, en om uitreksels te plaas wat "nie die wet is nie "is netso gevaarlik want iemand het dit geskryf wat dit ook misverstaan en nou glo almal dit.

KYK op jou lisensie die A, en B  en C gee vir jou die Gewig wat jy mag bestuur. Die E gee vir die magtiging om iets te kan sleep meer as 750kg met remme . Daar is nie 'n gewig aan die E gekoppel nie. So die Gewig wat van toepassing is bly dieselfde as vir B en C met of sonder 'n sleepwa aan. 

ONTHOU : Die onis is joune en ek verseker jou jy gaan duur betaal as jy gevang word of jy kom in 'n ongeluk. Indien jy die massa oorskry het en jy kom in 'n ongeluk gaan jou versekering weier om uit te betaal, want jou Lisensie is nie geldig nie. Hier is Potch het hulle al baie ouens afgetrek en beboet. Die wet bepaal dat die gewig op die boete kaartjie moet staan wat met 'n weegbrug geweeg is. 

Ons almal is bewus daarvan dat ouens hulle kampwaens oorlaai en meeste Kampwaens te Tarra is ook nie altyd korrek nie, dus maak maar seker jy gaan weeg jou kombinasie dan weet jy immers jy is binne die wetlike voorskrifte.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 08/08/2022 - 08:57

Die E gee vir die magtiging om iets te kan sleep .

 So met my A lisensie mag ek nie dit doen nie?

A

0
Worcester

Wildehont

Mon, 08/08/2022 - 09:16

Ek het ‘n A en ‘n EC1, kan ek hulle nie kombineer om daardie kombinasie wettig te sleep nie? Ek het een keer by Jongensfontein twee mense gesien wat ‘n karavaantjie gesleep het met ‘n motorfiets. Ek dink ek het ‘n foto op die forum geplaas. 

0
Irene

Grootwind

Mon, 08/08/2022 - 09:53

Nope...glo jy bedoel dit tong innie kies Willehont!

Maar as ek reg onthou laat bv 'n EC1 liksens jou toe om wat onder die definisie van EC1 val asook alles af tot en met 'n B wettig te bestuur behalwe A en A1. Ons ouens met 'n EC liksens kan dus ook EC1 en alles ondertoe wettig bestuur, maar ook nie A of A1 nie. Gelukkig is die wet en sy regulasies so swak bewoord dat jy dalk daarmee kan wegkom....probeer en laat ons weet hoe dit gegaan hetdevil

0
Irene

Grootwind

Mon, 08/08/2022 - 10:15

Tora wat jy sê rondom die betekenis van "E" is nie heeltemal korrek nie.

"Die E gee vir die magtiging om iets te kan sleep . Daar is nie 'n gewig aan gekoppel nie. So die gewig bly dieselfde as vir B en C met 'n sleepwa aan. Met net 'n C mag jy 16000 kg bestuur maar jy mag nie sleep nie." 

Die "E" beteken slegs jy mag iets sleep wat meer as 750kg (GVM) weeg. Sonder die "E" mag jou sleepwa/karavaan egter nie 750kg (GVM) oorskrei nie, maar jy mag wel sleep gegewe die beperkings..... Dit geld vir B, C1 en C lisensies. Om iets bokant 750kg (GVM) te mag sleep skop die "E" dan in. Jy sê sonder 'n "E" mag mens glad nie sleep nie...jammer dis nie korrek nie. Die 750kg beperking vir 'n B lisensie is ook die rede waarom kleiner waens soos die Sherpa Tiny en Skipper so gewild word.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 08/08/2022 - 10:19

Dit was tong in die kies ja. Terug na die onderwerp; soos ek dit verstaan is die ergste wat in terme van wetstoepassing kan gebeur, dat jy beboet word en jou wa moet afhaak en los by ‘n weegbrug as jou kombinasie nie aan voorskrifte voldoen nie. As jy as bestuurder nie die regte bestuurderslisensie het nie is die ergste wat kan gebeur dat jy ‘n boete kry. Sou jy egter in ‘n ongeluk kom en wil eis van jou versekering kan dit lol.
 

Ek glo ek is veilig met my EC1. Ek het wel net ‘n ou kode 10 gehad, maar ek dink dis outomaties opgegradeer om swaarder as 750kg sleep in te sluit toe die lisensiekaarte uitgekom het. Net soos die ou kode 8 outomaties EB geraak het, maar as jy na die kaarte uitgekom het jou lisensie gekry het met ‘n kar het jy net ‘n B lisensie gekry. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/08/2022 - 10:45

Môre GW en ander belangstellendes

Die wet [1996] wat GW hierbo vir ons aangehaal het,  sien inset gedateer 7/08/22, is 'n getroue weergawe soos dit opgeteken is in die aangehegte dokument [ aan die oorspronklike 1ste inset].

Dit is 'n amptelike dokument is van die Departement van Vervoer, wat breedvoerig die handleiding is vir die K53 uitpasseertoets. Ek glo dat die omskrywing daarin net so korrek is as die wet wat Grootwind aangehaal het.

Soos neef Herman so mooi opgesom het, "I rest my case"

    

 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 10/08/2022 - 08:27

My oortuiging is dat selfs die verkeers manne vertsaan nie 100% wat die defenisie bedoel nie, 'n plaaslike verkeers vriend verstaan dit soos ek ook, nl

Kode EB bedoel 'n "hoof" voertuig met maks gewig 3500kg, plus 'n gesleepte (geremde) sleepwa met maks gewig van 3500kg.

EB
Die rooi onderstrepte sê tog duidelik?

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 10/08/2022 - 09:04

Kode EB bedoel 'n "hoof" voertuig met maks gewig 3500kg, plus 'n gesleepte (geremde) sleepwa met maks gewig van 3500kg.

Die dokument wat Wessel bo-aan die gesprekslyn geplaas het (wat handel oor ‘n EB lisensie) stem ooreen daarmee:

A

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 10/08/2022 - 09:04

Dan verstaan ek dit weer verkeerd. Voertuig se GVM van 3500kg. Maw vol gelaai ma, pa en die pakasie, stem saam. Ek was onder die indruk dat die trailer nie die voertuig se Tare, of te wel gelisensieerde gewig mag oorskry nie, of wat op die spesifieke voertuig se plaatjie aangewys word as GCM. Op die manier sal jy nooit n wa van 3500kg kan sleep nie.

0

Dis hoekom mens die WET moet lees, want daar is baie sulke skrywes en voorstellings soos die. Die wet spel dit duidelik uit " The combind " gewig mag nie 3500 oorskry nie.

Wat jou persepsie nou sê is dat jy mag 3500kg voeruig bestuur en 'n sleepwa van 3500kg agter aan. Dus is dit 7 Ton. Die B gee die gewig en die E sê net dit wat jy mag sleep mag meer as 750kg wees. Dan is daar weer ander regulasies wat nog beperkings uitspel op dit wat jy sleep, 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 10/08/2022 - 09:21

Ek is nie op datum met wat die nuutste duur bakkies en SNV’s mag sleep nie. Ek weet egter darem nie of ek ‘n sleepwa van 3 500kg met iets anders as ‘n vragmotor of trekker wil sleep nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/08/2022 - 11:49

Die wet soos in die Goverment Gazette, soos Grootwind na verwys, en die Aangehegte dokument vir K53 lisensies, bladsy 3 punt 1.5ii is baie duidelik.

Met 'n EB lisensie mag jy iets bestuur en sleep slegs as;

1] die sleepvoertuig alleen se GVM [gross vehicle mass] minder as 3500 kg is

2] en die kombinasie NIE 'n "articulated vehicle" is NIE

 

Nou kom al die ander verskuilde voorskrifte by. Tesame met die wetlike voorskrif hierbo, moet jou kombinasie [voertuig en woonwa] ook voldoen aan die volgende;

a] die woonwa se GVM moet minder wees as die lisensiegewig [skyfie] van jou sleepvoertuig. Dit is ongeag die GVM van die sleepvoertuig, wat altyd meer is as lisensiegewig. 

[b] die totale kombinasie gewig, GCM [gross combination mass] wat verkry word deur die voertuig en woonwa se GVM's bymekaar te tel, moet minder wees as die GCM wat op jou sleepvoertuig se plaatjie verskyn.

Byvoorbeeld in my geval lyk dit so;

Hilux se lisensiegewig = 1850kg

Hilux se GVM =  2810kg

Hilux se GCM = 5530kg

My EB laat my toe om die Hilux te bestuur want sy GVM is minder as 3500kg.

Die Hilux mag wetlik SLEGS iets sleep wat se GVM minder as 1850kg is.

Dit beteken my kombinasie kan/mag slegs 'n GCM van 4660kg wees. Dit moet dan ook wetlik minder wees as die plaatjie GCM van my Hilux, dus 5530kg.

 

I rest my case again     

0

Jy gaan jou jou "case" verloor. Daai som van jou maak geen sin, want die Wet gaan nie oor wat 'n spesifieke voertuig kan sleep nie, Dit gaan oor wat jou Lisensie jou toe om te bestuur .Jy moet die wet weer mooi gaan lees.

Ek dink ek is nou klaar met die bespreking, want dit gaan nerens.

0
Irene

Grootwind

Wed, 10/08/2022 - 12:47

Dink Wessel is heeltemal korrek Tora, verstaan nie hoekom jy reken hy sal sy saak sal verloor nie? Wat ek glo Wessel doen met sy som is om bloot te bevestig dat sy EB lisensie hom toelaat om sy spesifieke kombinasie te sleep. As jy mooi kyk na die definisies sal jy sien dat GCM = GVM (voertuig) + GVM (karavaan), wat hy ook al sleep mag nie die GCM van die spesifieke voertuig oorskrei nie.  Wessel se argument is dat sy EB hom toelaat om sy bakkie te bestuur omdat die se GVM minder as 3500kg is. Met sy Tare van 1850kg mag hy dan soos per die relevante regulasies slegs 'n karavaan sleep met 'n GVM van minder as 1850kg. Daarby mag sy kombinasie ook nie die GCM van die voertuig (5530kg) oorskrei nie, maar die is in sy geval bloot akademies en sy praktiese beperking bly dus die bakkie se Tare van 1850kg. As jy nie daarmee saamstem nie hoor ek graag jou teenargument verkieslik met verwysings na die relevante artikels in die wetgewing asook regulasies? 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 10/08/2022 - 13:42

Nou moet Johann en Wildehont net verduidelik hoe hulle by n 3500kg sleewa uitkom. Dan begin ons weer. Moet se, ek geniet sulke gesprekke, maak vir lekker glimlag.`

Ek dink wat Tora vertaan, en ek glo kan maklik so vertolk word, is die  GVM van 3500kg op die lisensiekaart.

As jy n Landcruiser 200 se lisensiegwig vat van 2625kg, en vol gelaai teen 3350kg, gaan die argument jou nie toelaat om eers n Vlentertjie saam te sleep nie. Never maaind n horsebox.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus