Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

EB versus EC lisensie

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende Na aanleiding van van Willem en Tora se insette oor die onderwerp moet ons dalk nuwe draad skep. Ek is eintlik nie bewus van 'n bo-perk op die totale kombinasiegewig wat met EB of EC lisensies gepaardgaan nie. Agterop my EB-lisensie word 'n GVM van <3500kg gespesifiseer vir B-lisensie. By EB word niks getoon nie, so ook nie by EC nie. Wat ek wel weet is dat volgens prentjie op lisensie, n EB my toelaat om 'n woonwa te sleep. Volgens wet moet ek voldoen aan die volgende; 1]my woonwa se maks gewig moet minder wees as my voertuig se lisensie gewig 2] my totale kombinasiegewig moet binne my voertuig se gespesifiseerde GCM [gross combination mass] wees 3] indien ek 'n wa sleep bo 'n sekere gewig [dalk 3500kg] moet daar ekstra remme aangebring word, bo en behalwe die normale inloopremstelsel van die wa. As voorbeeld: a] Kavango se maks gewig is 1500 kg b] gelyk aan die lisensiegewig van my Hilux, 1500kg c] toegelate laai massa vir bakkie is 750kg, dus is my totale kombinasie massa 3750kg, net binne die gespesifiseerde GCM van 3900kg. Ek is dus van mening dat as mens 'n swaar wa wil sleep, mens se sleepvoertuig se "GCM" dit moet toelaat. Ek sal graag wil verneem wat julle mening is hieromtrent. Dit is veral belangrik vir persone wat nog waentjies agter aan hulle woonwaens wil sleep.[wat nie inloopremme het nie] Groete Wessel

Attachment Size
Kode EB1 dokument 121.07 KB
Vaalpark

Johann L

Wed, 10/08/2022 - 17:01

My stelling van die sleepwa se maks gewig is erg oordrewe, soos wette dubel sinnigwink. Die sleepwa mag nie die tara van die sleep voertuig oorskry nie. 

Tara is mos die lee gewig van die sleep voertuig. Sou jy 'n sleep voertuig met 'n tara van 3500 kg bestuur, is jy onwettig, want als wat gelaai word gaan oor gewig wees, selfs die brandstof.

Kyk, hierdie gesprekslyn gee lekker lewendige gesêlskap af, ek geniet hom.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/08/2022 - 17:17

Naand vriende

Die Goverment Gazette se voorskrif dat die sleepvoertuig se GVM minder as 3500kg moet wees vir 'n EB is juis die rede waarom persone vir die Dodge Ram en Ford 250 'n swaarder lisensie moes kry.

Juis omdat dit in Tora se woorde "gelaai swaarder as 3500kg" is. Dit is wat GVM is, die toegelate gewig van 'n gelaaide voertuig. 

Die klem/toepassing van die Gazette is steeds korrek, Solank as wat die GVM van die sleepvoertuig minder is as 3500kg is 'n EB voldoende.  

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/08/2022 - 17:52

....dat die wet in die Goverment Gazette se verwysing na minder as 3500kg SLEGS verwys na die GVM van die sleepvoertuig. 

Baie interessant die wet, soos Grootwind erens boontoe vir ons verskaf het, onderskeid maak. 

Dit verwys na 'n "motor vehicle" met Tare < 3500,

EN na 'n "goods vehicle, mini bus " met GVM < 3500kg.

Ek aanvaar 'n dubbelkajuit, of dan enige bakkie is 'n "goods vehicle"

 

0

Wessel, ja jy is reg, ons tipperkies word deur die wetgewer as 'n goedere voertuig beskou, ek onthou vaagweg daar was erens 'n hele artikel hieroor in die destydse Caravan SA & Outdoor Life tydskrif. Terloops soos met alle tegniese tipe wette is daar gewoonlik ook 'n klomp regulasies en mens moet die spul saam lees, en nie net die wet of regulasies alleen nie om sin daaruit te kan maak. Mens kan seker ook redelik seker wees dat as ons forum bendelede ge-konfoes raak, sal die gemiddelde spietkop heeltemal deurmekaar raak! 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 11/08/2022 - 08:41

Hier onder is my kombinasie se tarra en BVM. Ek het ‘n EC1 lisensie, so op die oog af is alles in orde. My Fordjie mag egter volgens die vervaardiger net 1 500kg sleep. Dit staan nêrens in of om die voertuig opgeskryf nie, so ek twyfel of ‘n bloubaadjie dit gaan optel langs die pad. ‘n Assessor wat sy/haar sout werd is mag egter - of krap hulle nie so diep nie? Ek moet by ‘n weegbrug uitkom en die Kavango se BVM laat verminder as ek kan. 
 

A 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/08/2022 - 10:59

Middag Chris S

Jou Everest mag sleep ooreenkomstig die gewigte op sy lisensie skyf. Ek neem aan dis die ene wat Spesifiseer;

GVM = 2736

Tarra=2025

Dus is jou Kavango met GVM 1800kg heeltemal wettig, want dis minder as Everest se lisensiegewig [2025kg]. Jy hoef NIE die Kavango se GVM te verlaag nie.

Vergeet van die 1500kg wat vervaardiger kwytgeraak het. Onthou wat ek uiteengesit het erens boontoe, aan die hand van my Hilux.

0
Irene

Grootwind

Thu, 11/08/2022 - 11:08

Willehont, ek sal nie slaap daaroor verloor as ek jy is nie...die 1500kg beperking is bloot wat Ford definieer, nie seker of dit enige wetlike implikasies het nie, sou wel 'n rol speel as jou sleepsel die Ford se onderstel bietjie sou rek en dit 'n waarborg eis word wat ek nie dink mie meer relevant tot joune is nie. In alle geval sal Ford ook nie regtig weet hoekom joune effe langer is niedevilOmgekeerde geval is my Ranger wat vlgs Ford 3500kg kan sleep, sou ek wel so 'n swaar sleepsel haak is ek so onwettig soos nog iets (maar in die land van Oz is dit wel wettig!). Dink solank jou liksens reg is en jou sleepsel se GVM is minder as die Ford se Tare is jy reg. Kan nie onthou watter voertuig die "probleem" gehad het nie, maar die vervaardiger het 'n belaglike lae sleepmassa beperking ge-spec en het dit op nuwer modelle later aansienlik verhoog, dink omdat die sleepgilde nie meer die spesifieke voertuig wou koop nie....

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 11/08/2022 - 11:15

..... maar julle kan darem karring oor hierdie onderwerp. Nataniël het destyds in 'n advertensie vir De Kat tydskrif gesê: "Koop net die bleddie ding".

Ek voel lus om te sê: "Sleep net jou bleddie karavaan".

0
Irene

Grootwind

Thu, 11/08/2022 - 11:52

Wel Chris....mens moet darem ook erken dat daar eintlik nie veel goed is om oor te gesels as dit by karavane kom nie! Daar is stabiliseerders, liksensies, bande, laers, remme, ligte/krag, houtvrot, sytente, tentpenne inslaan (baie belangrik!), gevare van tentpenne (Wessel is die beste persoon om dit aan te spreekdevil). Dis seker omtrent al wat daar is? laugh 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/08/2022 - 12:26

bleddie ding, seg die man met die Army-dae se ekstra swaar liksens. Dit nogal uit 'n land waar hy saam met allerhande vreemde burgers braai!!!

Nee man, ons help mos net mekaar of wetlik reg, of in die sloot in. Ons kan mos nie dat forumlede in 'n doodssweet uitslaan omdat hulle verkeerd ingelig is nie. Netnou koop Chris S 'n nuwe Everest, net om binne die wet te bly.laugh

 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 11/08/2022 - 16:00

Nee wat Chris WH, jy is 100% binne die wet, al sou jy ook net 'n kode EB lisensie gehad het.

Volgens jou lisensie skyfies is jy in elk geval reg, die karavaan se BVM moet net minder as die sleep voertuig se se tara wees, joune is 2025 - 1800 = 225 kg binne die wet, EN die wet gaan jou ook nog steeds 10%  toelaat.(maar dit gaan nou weer nog 'n lekker debat ontlok)wink

0
Worcester

Wildehont

Thu, 11/08/2022 - 21:52

My makelaar (wat ook ‘n kampeervriend en huisvriend is en saamgaan Kgalagadi toe in April) gaan by Santam uitvind of hulle so diep sal krap. Hy is van mening dat hulle bloot sal kyk of jou lisensie jou toelaat om meer as 750kg te sleep, maar gaan uitvind. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 16/08/2022 - 10:18

Hy het my gisteraand laat weet dat hy met ‘n onafhanklike assessor en met iemand by die verkeersdepartement gepraat het. Eg sê hulle het nog nooit so diep gekrap nie (om te kyk hoe swaar sê die vervaardiger mag jou voertuig sleep nie). Jou lisensie en jou voertuie s’n moet net sleep van jou kombinasie toelaat.
 

Lg sê basies dieselfde. Hulle gaan nie kyk wat die vervaardiger sê jou sleepvoertuig mag sleep nie - net na jou en die voertuig se lisensies. Solank jy nie ‘n voor die hand liggende onvanpastheid begaan soos om ‘n Exclusive met ‘n Uno te sleep nie, stel hulle nie in die sleepvoertuig se vermoë belang nie. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 16/08/2022 - 11:29

haak en sleep die bleddie ding

Sodra die weer verbeter, maar smaak my ons winter begin nou eers behoorlik. En dan is daar mense op die forum wat kla daaroor dat dit te warm is waar hulle in die noordelike halfrond vakansie hou!

0
Irene

Grootwind

Tue, 16/08/2022 - 11:37

Dis hoekom ek nie 'n dinges omgee met my EC liksens nie....en my Fleetline is in alle geval ver binne enige ander beperkingsdevil Grappies op 'n stokkie....al wat mens nodig het as jy erens nie voldoen nie is daai een assessor of spietkop war "te" is. dan het jy moeilikheid en geen voet om op te staan nie.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 10/09/2022 - 08:26

My makelaar vriend het gisteraand by ons gebraai. Hy vertel toe dat ‘n klient van hom onlangs gaan jag het in Namibië, en was oppad terug met ‘n sleepwa vol vleis in ‘n ongeluk met ‘n ander voertuig. Lg was ‘n boer met sy eie sleepwa, wat ‘n u-draai voor hulle gemaak het. Dit was dus die boer se skuld. 

Die sleepwa vol vleis het ‘n 1 500kg BVM, en die klient het ‘n C1 lisensie. Santam het die skade aan sy sleepvoertuig uitbetaal, maar nie die skade aan sy sleepwa nie. Dit was gelukkig gering (R6 000 se skade aan die handrem), maar die klient was ontstoke. My vriend moes toe aan hom verduidelik dat sy lisensie hom net toelaat om 750kg te sleep, en dis waarom Santam geweier het om die skade aan sy sleepwa uit te betaal. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 10/09/2022 - 08:38

.... voor die B of C was beslis die deurslaggewende faktor.

Ek is ook by SANTAM verseker, en nog nooit het hulle gevta vir bewyd dat ek 'n EB lisensie het nie. Tog is my paaiement geheel aanvaarbaar, tot die dag as jy eis, dan kom die streke uit. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus