Dagsê, het die 2003 model Prado 4l v6 van my dogter gekoop. Sy wou inruil op VW en inruil geoffer was R30k onder boekinruilwaarde en R45k onder handelaars retail.
Pragtige voertuig, kilos 280 000km, dalk hoog, maar loop soos n horlosie. Ek het R115k betaal en sal vir dieselfde laat gaan. Of ek hou dit vir dalk eendag Kunene mond toe ry.




Ai neef soos Wessel sê my…
Ai neef soos Wessel sê my hart trek ook met ń punt!
Dit is nou regtig ń bargain!!
Hello Wessel, ek hoop so,…
Hello Wessel, ek hoop so, sukkel met staanplek hier. Ken nie eintlik van smous nie. En daar is n 1967 Bmw op pad, gaan my pootfoot rally kar word.
As jy wil negotiate, ek moet handrem regmaak, seatcovers opsit wat n paar rand kos. As jy nie 4 sitplekke nodig het nie maak soos ek doen. Toer met my LCruiser 76, haal sitplek uit, het drawers wat inpas, plek vir yskas, ammobokse vir groc. Dakrak bo vir die res, ekstra spaarwiel, hout, ysterpotte etc.
Prado vir 4x4 paaie
Middag neef en ander vriende
Ek het 'n vriend wat net so 'n Prado aanhou, vir wanneer hy gerieflik 4x4 paaie wil aandurf. Volgens hom gaan mens vêr soek om soortgelyke 4x4 vermoë te vind. Moenie dat die sagte voorkoms die indruk skep dat dit 'n "sagte" 4x4 is nie, allesbehalwe.
Groete
Maat met so Prado het saam…
Maat met so Prado het saam Namibia getoer. Van Zylspas tot die dikste sand eet daai wa sonder sukkel. Ek wonder eintlik watter voertuig sal dit klop in los sand. As ek dit hou, sal die suspensie effe gelig word, voorste buffer vervang, spaarwiel dra-rak opsit, en n dakrak.
Hou hom
Hou hom. Jy ken sy geskiedenis en sy vermoeëns. Daai 4L V6 sleep enige iets enige plek en gelukkig het hy standaard n 180 l dubbel tenk.
Jou grootste kopseer gaan dalk wees om te besluit of jy die Prado of die LC76 vir die volgende trip te gebruik……….
Die km is ook nie te hoog vir n 2003 model nie. My 2003 model het 206 000 km op en word ook hoofsaaklik as vakansie voertuig gebruik.
sleep enige iets enige plek…
sleep enige iets enige plek en gelukkig het hy standaard n 180 l dubbel tenk
Hoe ver ry jy met daardie 180 l as jy sleep?
sleepafstand
Myne is n 3.0 KZTE Diesel en ek sleep n slipstream wat 850kg weeg en geen weerstand bied agter die Prado nie. As ek reg kan onthou het ek so 7-8 km/l gekry toe ek laas gesleep het wat n reikafstand van ongeveer 1 000 km gee op 150 l. Solo het ek al 1 500 + km gekry.
Die 4L V6 het wel meer krag, maar ek verstaan dit is redelik swaar op brandstof. Die gerief en "performance" maak dit egter als die moeite werd - veral teen daai prys.
Ek verstaan die 4 l V6 is ‘n…
Ek verstaan die 4 l V6 is ‘n heerlike masjien maar brandstof is deesdae so duur dat dit vinnig soveel as verblyf kos (of selfs meer) as jy ‘n dors voertuig ry. My 3 l diesel Everest is self dors omdat dit 4x4 en automaties is, maar ek dink dit sal darem so km of drie meer lewer per liter en diesel is meestal bietjie goedkoper as petrol. Oor ‘n 5 000km toer maak dit reeds ‘n paar rand verskil. My voertuig het ook net 132 000km op so ek sal maar vir eers aanhou skud en stamp.
Ongelukkig is dit so dat…
Ongelukkig is dit so dat groot voertuue se dae begin uit loop, ek sien die groot bakkies (3 liters) se pryse val met tot soveel as R30 000.00?
Frikadel ...
Ja ek weet, as die Lotto net wil saam speel dan gaan haal ek hom.
Hello Maters, ken iemand…
Hello Maters, ken iemand dalk N1 4x4, n Land Cruiser onderdele handelaar daar bo in die ou Transvaal. Die Prado se handrem kort aandag, en hulle het die nodige. Wil graag hoor of iemand naby genoeg is om te help met die nagaan van stukkies voor verskeping nie. Asb.
Herman Ek is naby en sal…
Herman
Ek is naby en sal kan help daarmee. Ek het die volgende 2 dae egter `n Webwx kursus aan en sal eers woensdag daar kan uitkom as dit sal help
Groetnis
Baie dankie Danie. Vanoggend…
Baie dankie Danie. Vanoggend alby agterwiele afgehaal, meer om die prosedure van hoe die spul werk te bekyk. Nou ja, was n goeie besluit, ek gaan albei wiele se discs, remskoene en handremme vervang. As jy my jou epos adres kan wattsapp dan stuur ek n foto van ñ soortgelyke "kit" vir handrem. Dit is belangrik dat N1 se kit als insluit. My cell no 082 vyf ses nege agt nege agt ses. Groete.
Prado Handrem
Lang storie kort.
Ek het geld en baie tyd gemors deur my prado se handrem skoene te laat re-bond. Probleem opgelos toe ek die ware Jakob by Toyota gekoop het. Sien die aangehegte foto van re-bond vs genuine skoene.
Moet dit ook nie te hoog opstel nie. Ek dink Toyota se diens handleiding praat van 5-7 clicks voor dit vasbyt?
Terloops - het jy al n pootfoot rally gedoen, en hoe was dit?
Hello Pieter, daar kom nuwe…
Hello Pieter, daar kom nuwe parte van N1 af, nou wel nie genuine toyota nie, maar teen n fraksie van handelaars prys.
Prado 4l v6
Ek wag nog vir my skip om in te kom om daai Prado 4l v6 te gaan optel.
Willem, as my skip nie sink…
Willem, as my skip nie sink nie, gaan ek hom hou. Dit is regtig nie n sleg ryding nie, en n vriend wat een het, kry 8-9 km/l as hy so 110km/ uur ry. Daarmee leef ek enige dag saam. Moet nou 2 ekstra afdakke bou !!





Prado 4l v6
Ek is nie 'n Toy aanhanger nie maar dié is een wat ek sal ry. Dalk moet ek die Ford se maar groet en die een vat ?