Gaan weer probeer om 'n inset te lewer, sukkel nou geruime tyd🤣
Ons en die kinders het so rukkie terug by by Umfula gaan kamp, Adriaan is baie lief vir visvang en, volgens hom, is dit die beste oord vir die rede.
Die naweek het maar koud en met erg wind Vrydag begin, maar Saterdag het dit darem warm geword. Dit is 'n oord op 'n kleinwild plaas naby Parys en is baie gewild onder oud en jonk. Baie om almal mee besig te hou. Die enigste ding wat my irriteer, is die feit dat die warm onderdak swembad duur raak teen R5.00 per persoon per ingang. Jy moet elke keer wat jy by die hek ingaan dit betaal.
Daar is groen gras , modder en plaveisel staanplekke.





9
Johann....
...welkom terug my vriend. Ek hoop ons gaan meermale van jou hoor, al is dit net om saam te gesels.
Jy behoort nie nou meer te sukkel met forumblad en fotos nie, Anto [Voortrekker] het al die probleme uitgesorteer. Ek dink die foto's laai via 2de ikon van regs, werk vir my nog die maklikste.
Dit is reg, die braaipit is…
Dankie Wessel.
Goeie hoop.
Dit is reg, die braaipit is die oord se eiendom,,daar is baie metaal beelde van diere ens. Baie skoon en netjies oord.
Lyk na heel aangename oord
Lyk na heel aangename oord. Ongelukkig vir ons deur Johannesburg verkeer ry om daar uit te kom, maar hopenlik eendag. Snaaks dat oord die vuurpitte so op hul mooi gras sit en verbrand
Pad
Die pad tussen Fochville en Krugersdorp ken ek nie, maar van Focheville na Parys was baie mooi toe ek dit so paar jaar gelede gery het, maar nou ja, dinge verander vinnig.
Die roetes om Johannesburg (R roetes) ken ek ook glad nie, ons bly maar op die N roetes so ver moontlik in daai stedelike gebiede.
Umfula is nie n slegte plek…
Umfula is nie n slegte plek om te kamp nie, ons was daar toe ons op Fochville gebly het. Al wat my afgesit het van die plek is die sport bar wat hulle daar het wat deur baie dag besoekers ondersteun word, weet nie of dit nog so is nie. Daar by Umfula is ook Eastco en Weltevrede wat ook lekker kamp langs die Vaal, hulle almal is op die Parys Fochville pad.









Bo
Boonste fotos was van 'n vorige kamp hier, ek plaas nou die nuwe fotos, wou eers handdoek in gooi want die skerm verander na 'n nuwe blad sodra jy "save" druk"