Goeie dag maters. Hier sit ek nou al van gister af en wag dat die ingeligdes onder julle die verwikkelinge van die BRICS beraad bespreek.
Dit is nou van Kernkragstasies bou tot die nuwe lidlande en moontlikheid van n geldeenheid. Natuurlik sal die gebeure maar stadig plaasvind, maar glo my, ek is heel opgewonde.
Dit is vir my lankal duidelik dat om te hoop dat die ou RSA van voor 1994 weer die lig gaan sien, is wensdenkery en moet net vergeet word. Waar ons nou in Afrika bly, sal ons moet aanpas en dink en redeneer met oorlewing in gedagte
Die dat die Weste ons, en ander lande "bully" vir hulle gewin is regtig nie meer n grap nie. Die wat van die geldeenhede so drasties verswak, lyk werklik na manipulasie. Ja, ek weet dit klink soos dronkmanspraatjies, maar as jou invoere jou bokkerol kos, en jou geld jou magtig maak, is die balans in sy peetjie in. Kyk maar na die Big Mac Index, ons geld is hopeloos onder waardeer.
Met die hopelik stewiger platform vorentoe, weet ek dat dit beter sal gaan met ons hier. Ja, seker sal daar n prys wees, maar met globalisering is daar nie n beter oplossing nie.
Groete.
BRICKS
Herman/ChrisB, ek is ook redelik opgewonde oor hierdie nuwe rigting wat ingeslaan word om 'n bietjie meer balans in die wêreld ekonomie in te bring. Ek dink egter om transaksies te beklink in ander geldeenhede as die US$, gaan baie moeilik bereikbaar wees, veral omdat daar reuse verskille is tussen die BRIX-lande se onderskeie geldeenhede. Ek kan nie dink hoe dit ooit kan realiseer nie.
Ek is nogal verbaas vir die aanvaarding van Iran binne Brix - dis nogal 'n omstrede land, maar die suikerklontjie is hulle reuse oliereserwes, netsoos Egipte en Saodi Arabië.
Wat Suid-Afrika betref, hoop ek ons regering doen suksesvol 'n balanseer-toertjie om nie die VSA as ons grootste handelsvennoot te vervreem nie. Die geheim gaan wees om die BRIX-lande se handelsbedrywighede met SA uit te bou en terselfdertyd die bande met Amerika te behou.
Daar is ń paar goeie…
Daar is ń paar goeie onderhoude gevoer, na die beraad wat ek op You tube gekry het. Een van n Prof wat 14 jaar gelede ń boek geskryf het, " The day China rules". Hy sê nie dat dit nou gebeur nie, maar hy ontleed die gevolge van die verwikkeling baie goed op.
Ek hoor toevallig gister op landbou radio. Verskeping VSA toe is 19dae en verskeping canaf Durban na China is 19dae. So ek dink as ons handelsbetrekkinge met die Arabiese lande, en China uitbry dan gaan ons vooruitgaan. .
Sover dit geldeenheid gaan. Argentinië het glo hulle olierekening met Chinese Ramimbi betaal. Die BRICKS groep wil lyk my in hul eie, maw Rande, Ramimbi, etc in local currency betaal. Ek kry in my agterkop die gedagte dat daar dalk ń tipe van " ruilhandel" vloer geskep kan word.??? Nou skiet ek wild uit die heup.
Baie maklik: Een geld…
Baie maklik:
Een geld stelsel, (Euro was die begin, die baksteen volg)
Een wêreld regering, (Europese Unie en USSR was die begin)
Een wêreld leier, (sal nie 'n moslem wees nie / dalk 'n katoliek)
Een geloof, (die pous het het lankal met die moslems begin handjies vat)
Al bogenoemde is lank reeds al begin.
Moet my nou nie weer aanval nie, ek lees maar net wat die Woord sê.
JOhann.....................
...............ek wil jou beslis nie aanval nie, maar ek is nuuskierig om te weet waar lees jy hierdie goed, byvoorbeeld een geldstelsel of een wêreldleier, in die Woord ?
Môre Len, dit is 'n baie…
Môre Len, dit is 'n baie lang en noukeurige Bybel studie wat deur teoloë gedoen is, en veral van die boek Openbaring. Ons het 'n baie lang reeks in die verband bygewoon in ons kerk, en gaan nie hier verduidelik kan word nie.
Baie jammer dat ek dit nie sal kan doen nie, maar daar is baie op you tube wat mense kan gaan kyk, oa.
Amir Tsarfati, 'n Jood wat tot bekering gekom het, (fantastiese evangelis!!)
Allan Nolan, 'n bekende in Amerikaanse teologiese studies,
Lost Lamb - 'n evangelis wat 'n ernstige boodskapper is.
Mense is ook welkom om ons AGS Lewende Waters kanaal op you tube te gaan bestudeer, daar is baie reekse ivm die wederkoms, wegraping, 7 jaar verdrukking en duisend jaar vrederyk - nog heelwat ander ook.
Ons mag nie geestelike dinge hier bespreek nie, maar baksteen (BRICS) politiek, dan vat ek liewer 'n kans vir 'n "faait" en bid dat een of meer persone die lig sien
Rapport vanoggend
Riana de Lange skryf dat "Brics bied bitter min voordele vir die land". Sy begin deur te vra waar is die gunstige handelsooreenkomste soos goedkoop olie uit Rusland en Iran? Dit blyk dat die groepering het eerder 'n politieke as 'n ekonomiese fokus. Daar word ook gevra hoe ons lidmaatskap die land bevoordeel buiten die prestige om deel te wees van 'n "klub van veel groter ekonomieë". Met die uitsondering van China het ons uitvoere na ander kwalik gegroei sedert ons in 2011 lid geword het van Brics.
Groter handel met Brics kan ook nie gebeur ten koste van bestaande betrekkinge met Westerse demokrasieë nie. Ons het 'n negatiewe handelsbalans met al die huidige Brics-vennote. Ons moet ons eerder skaar by lande met wie ons 'n positiewe handelsbalans het soos Duitsland, Japan en Amerika.
Ens. ens. Lees bietjie as jy toegang het tot Rapport.
Daarom my inset hierbo waar ek noem dat ek is BAIE versigtig optimisties. Of is ek?
I.v.m. Johann se inset wil ek my glad nie uitlaat nie.
Chris, ja, Sy het lyk my…
Chris, ja, Sy het lyk my gaan soek vir negatieiteit, en die is maar altyd te vinde.
Goedkoop Olie? Dit is n ondeurdenkte opmerking. Ons betaal olie in Dollar soos deur Opec?? Vasgestel word.
Wat sy wel aanhaal, deur Adriaan Pask van PSG, is omtrent al van waarde in haar artikel.
"Die sterk Dollar het oor die laaste paar jaar,ontluikende ekonomieë onder druk geplaas, én dat invoer van goedere al duurder gemaak het én jou uitvoere so swak inkomste gebring.
So dan voer ons inflasie in, en ons rentekoerse verhoog. En dit het weer ń negstiewe inpak op groei.
In die hoër rentekoers omgewing, tesame n stewige Dollar, word staatsskuld al duurder om terug te betaal."
En die is waarom ek hoop dat die wanbalans van die Dollar teenoor ander geldeenhede aangevat word.
Appels uitvoer na Japan gaan nie ons probleem oplos nie.
Iran deel van BRICS?
Ekskuus vriende, ek hou vakansie in die wind, dus weet ek net wat julle hier plaas. Ek is erg bekommerd oor die Iran storie, want hulle is in VSA se swartboekie. Onthou die gesegde----aan jou vriende word jy geken.
Ek is ook bekommerd dat Iran alte graag sal wil baatvind by ons kernverlede. Ons kon tot uiters hoog in persentasie Uraan verryk, en ons weet waarmee Iran besig is, wel wederregtelik, en vir wat se onvriendelike aanwending. Om olie te kry van hulle, in ruil vir wat, is die vraag..
I.v.m. "Johann se inset wil ek my glad nie uitlaat nie".
Ek ook liewer nie, veral omdat inligting op sosiale media, Youtube, Google en andere ongekontroleerd en soms gevaarlik kan wees.
Maar dankie Johann dat jy wel gereageer het op my vraag uit nuuskierigheid.
Bly jy paat van Kern verlede…
Bly jy paat van Kern verlede Wessel. Beklemtoon die verlede. Dink jy dat daar nog verryking gebeur in SA, en tot op die vlak waar dit vir n wapen geskik is.?
Ek dink Koeberg se behoeftes word ook ingevoer ? Of is ek verkeerd.
SA is net daar vir die foto
Ek het nou die dag ‘n meningstuk gelees op Maroela media oor BRICS. Die slotsom was dat SA nie daar hoort nie, en net ingesluit is vir die foto. Ek stem saam. Die voordeel uit BRICS is eensydig, en nie in ons guns nie. Sjina soek toegang tot grondstowwe en Rusland ‘n afsetpunt vir bv kern sentrales. En om die Weste die harnas in te jaag bring geen voordele nie. Dis my 5c.
SA het in 2010 nadat Brazil…
SA het in 2010 nadat Brazil,India, China en Rusland dit begin het, in 2001 lid geword. So as ons n sogenaamde " token" is, is daar heelwat ander lande om van te kies.
Ek dink dat die " clout" wat SA het met ons "resources" onderskat baie.
Ek wonder hoekom so baie negatief is oor die insluiting van nuwe lede, hoekom??? Dink bietjie positief, of soek iets positief uit die elende. Wragties die doom and gloom maak my gedaan. Verkoop als en gaan sit dan op n ashoop en wag vir die einde.
Groetnis.
Ek vereenselwig my met...................
......Herman se siening. Suid-Afrika kan moontlik ekonomies baat vind by die vergroting van BRICS-lidmaatskap en dit hoef nie noodwendig uitbuiting van Suid-Afrika te wees nie. Ek sou eerder sê 'n mens moet die die situasie 'n kans gee.
Wat Riana de Lange betref, moet dit nie uit die oog verloor word nie dat sy 'n verslaggewer by Rapport is en nie noodwendig 'n politieke kommentator nie. (Onthou dat Rapport 'n gesaghebbende koerant is - vandag se hoofberig op die voorblad is die gevolg van Elton Janjies se neusspuit wat hy na bewering vir sinus gebruik het en sy kapperjolle met 'n nuwe skelmpie).
Ek voel heel goed.
Ek luister vanaand oor KYKNet-nuus 'n onderhoud met die gesaghebbende Prof Anthoni van Nieuwkerk oor die BRICKS onlangse gebeure. Sy kommentaar is lynreg in teenstelling met Riana de Lange se negatiewe kommentaar. Sy kommentaar kom basies daarop neer dat ons SA 'n kans moet gee om handelsbande verder uit te brei sonder om ons huidige handelsvennote in die Weste die harnas in te jaag.
Uraanverryking
Naand Herman
Net regstelling, ons het voor 1992 Uraan verryk. Alles is afgebreek, en Uraanword nou gebrand om mediese isotope te maak.
Ek is bekommerd dat die olierige ouens dalk dink, ons het nog die resep in lessenaar laai.![]()





Ek is ....
.... BAIE versigtig optimisties. Of is ek?