Algemene Inligting
Resensies
Meiringskloof is opgegradeer
Meiringskloof se ablusiegeriewe is heeltemal opgegradeer einde 2022. Nuwe toilette, nuwe storte, met beide die toilette en storte heeltemal uitgeteel (waar voorheen klip- en siersteenmure was is nou pragtige ligte teels). 2 storte is een gemaak met n aantrekgedeelte en n stortgedeelte. Die mans en vrouens het ook elkeen n bad. Die opwaskamer / laundry word nog oorgedoen en sal seker teen middel Maart 2023 klaar wees.
Daar is nou net 14 staanplekke. Sommige is gekombineer sodat 2 plekke een geword het, ander is bloot groter gemaak, ander is nou eksta parkering, en 2 staanplekke gaan ontwikkel word in n speelterrein.
Die natuur en uitsigte is regtig iets besonders, en die plek is baie goed vir n mense se siel. 'n Lekker plek om batterye te herlaai.
Oor die 30 groot bome (populier, wilger, wit stinkhout) is afgesaag so party staanplekke het nou al lekker gras - by ander kom die gras nog aan.
Die grondpad van die dorp af was heel begaanbaar - bietjie modderig in plek na al die reen, maar daar is planne om dit weer te skraap.





Meiringskloof Oos Vrystaat
Middag vriende
Ek was toe verlede week in die Oos Vrystaat en het in Meiringskloof gekamp. Dit is in 'n pragtige kloof net buite Fouriesburg. die terrein behoort aan die munisipaliteit en word op 'n 99 jaar huurpag stelsel bestuur deur privaat partye.
Mens ry so 2km plaas grondpad vanuit die dorp, heel begaanbaar maar dit kan modderig word as dit reen.
Die ingang is heeltyd beman, dus het ons heel veilig gevoel daar, al was ons meestal alleen in die terrein. Die natuurskoon is fantasties, omring met die berg, grotte en damme.
Grootbome gee heeldag skadu oor die staanplekke, dus is die gras maar skaars. Gaan kyk asb onder onderwerpe hierbo vir fotos.
Ablusie is oud, maar alles werk. Daar is ook deurlopend warmwater beskikbaar. Dit kort aandag, en die storte se uitleg is baie knap.
Sal ek weer daar gaan staan---ja, mits ek die beterhelfte kan ompraat om by die verouderde ablusie te kyk.
Groete
Wessel