Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

50684 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse paaie Paas naweek kamp wessels -1 hour ago
Stene en plankies Ongelyk kampplek wessels -1 hour ago
Nou wat nou... Paas naweek kamp Lapskag -1 hour ago
Sien nuwe penta by goefy… Jurgens Ci- DIE WAARHEID ski -1 hour ago
Dinokeng Willem by Dinokeng Resort wessels -1 hour ago
Dinokeng Resort Willem by Dinokeng Resort Willem Brits -1 hour ago
Julle moet dit geniet!!! Namibië en Botswana Toer HennieBo -1 hour ago

Meiringskloof- Oos Vrystaat

Brits
Submitted by wessels on Mon, 25/03/2019 - 08:45
Forums

Môre vriende

My volgende uitstappie begin komende Sondag. Dan vat ek die pad Oos Vrystaat toe.

Ons gaan in Meiringskloof kamp, net buite Fouriesburg, en vandaar die omgewing verken. Ek gaan selfs probeer om tot by die Katse dam in Lesotho te kom. Dit hang natuurlik af van my geduld by die grenspos.

Ek het op Meiringskloof besluit, bloot omdat hulle spog met 24 uur sekuriteit. Tot op hede is ek blykbaar die enigste bespreking vir volgende week, wat beteken, alleen in die woonwapark. Op sigself 'n effe ontstellende vreemde ervaring.

Sal julle ophoogte hou.

Wessel 

Secunda

Sleep nou

Mon, 25/03/2019 - 09:29

Daar loop nou reeds op tv Weg agter paaie waar hulle deur die vrystaat ry daai area waar jy gaan Wessel is besonders mooi geniet ons hou die draad dop

Brits

wessels

Mon, 25/03/2019 - 14:52

Middag Frikadel en ander 

Ek sien jy verwys in ander skrywe na jou "kettie ". Nou, met verwysing na bostaande, dink jy ek moet 'n kettie saamneem?

Aan die eenkant oorweeg ek dit, maar dan weer--wat maak mens daarmee as jy rondloop? Dra mens dit maar saam, want by woonwa kan mens dit nie los nie.

Groete

Wessel

 

Nee mater, eerder Peacefull Sleep, laas toe ek daar was het die Muskiete my leeg gesuig!!

Bygese, daai kloof kan nogal scary raak in die nag, veral as jy daar alleen staan.

Brits

wessels

Mon, 25/03/2019 - 15:14

Middag Frikadel

Dankie vir die tip, en die muskiete is juis so lief vir my. 

Behalwe vir die suiglappe, het julle dit andersins daar geniet

Wessel

Ek en my pelle gaan altyd soontoe met die scooters, en ja, ons het dit baie geniet. Lekker sentrale plek om Clarens, Lesotho en al daai plekkies te verken.

Brits

wessels

Fri, 29/03/2019 - 10:01

Middag vriende

Ek vertrek DV komende Sondag na Meiringskloof. 

As julle dus teen 8 April nog niks van my gehoor het nie, stuur tog asb 'n soekpatrollie, met Frikadel as leier. Hy sal weet hoe om daar te kom.

Ek is net bekommerd dat ek van alle bloed gedreineer word deur suiglappe. oftewel muskiete.

Ek verneem die Vrystaat is 'n "ACE" provinsie.laugh

Wessel

Fochville

Lapskag

Fri, 29/03/2019 - 10:52

Wessel, julle moet die oos Vrystaat gaan geniet. Dit is lekker stil en rustig daar. In Fouriesburg is ook n paar plekke om te besoek en besoek maar Modern slaghuis op die hoek en stuur groet vir Japie.

Ons het so 1 en half jaar terug 'n familie saamtrek daar gehou en ons het geen moeilikheid daar gehad nie. Ek glo dat dit nog so is daar. Gaan groot en geniet die skoon vars lug van die oos Vrystaat

Brits

wessels

Mon, 08/04/2019 - 08:20

Môre vriende

Ek is terug in land van internet toegang, en het Meiringskloof oorleef.

Ek sal sodra die fotos gekrimp is, probeer om dit te laai. Daarmee saam sal ek dan terugvoer gee oor Meiringskloof kampeerplek.

Die Oos Vrystaat bly mooi, maar o genade die paaie is nog vrotter as die in Wes Transvaal. Tussen Ventersburg en Kroonstad het mens net 1 baan, die hele N1 word opgradeer. Die deel wat klaar is, ry soos 'n droom. Die N5 is ook in goeie toestand, maar die agterpaaie is swak.

Die woonwapark in Golden gate is halveer. Daar word nou 'n massiewe ope lug museum en omgewing opleiding sentrum gebou. Gelukkig het ek nie daar bespreek nie. Dit is net uitgrawings en konstruksie werk/werkers waar jy kyk.

Groete

Wessel

Marlands, Germiston

Jaada

Mon, 08/04/2019 - 16:52

Gebruik nie meer die karavaan park by Goldengate. Staan nou eerder by die Bus Stop se karavaan park (langs kiara Lodge. Baie mooier park, amblisies net baie rustic. Jy kan dan ook die winkel en restaurant by Kiara Lodge gebruik. Baie beter sekuriteit - is nou maar skrikerig vir Golden Gate met nie eers 'n toegangs hek en die padverkeer geraas bietjies te erg.

 

Brits

wessels

Fri, 12/04/2019 - 11:14

Kom ons probeer hier fotos laai, ek kry niks ingevoer onder resensies nie.

Hopenlik kan ek hier iets skryf en noem van Meiringskloof. Lekker gekamp in fantastiese natuurskoon. Omring met berge, en onder massiewe bome. 

Enigste klagte is ou ablusie gebou, maar alles werk, tot baie warm water.

Groete

Wessel