Kyk as daar nou 'n ding is waar die tegnologie vinnig vooruit gegaan van die 60tigs en 70tigs is dit bikes.
Die jare wat ek met die goed gespeel het, hier van die vroee sestigs, was bike ry harde werk!
Nou die dag die geleentheid gehad om met 'n ou se Truimph 1500 so paar draaie te ry en ook so bietjie op die snelweg hom oop maak. Man wat 'n belewenis, sit gemaklik, hanteer soos 'n droom, geen vibrasies nie, net 'n plesier!
Die tyd wat ek met bikes gespeel het was dit harde werk, daai goed het gevibrate dat jou vingers later dood is, daai drom remme moes jy 10 min voor die tyd al die gevaar aan voel anders kon jy nooit betyds stop nie, en vir een of ander rede het die fabrikante geglo 'n bike moet lank wees. Daai lengte gaan natuurlik gepaard met 'n slapper raamwerk, man kon daai goed "snake" as jy bietjie te vinnig in 'n draai ingaan! Kan nog duidelik daai hol koue gevoel hier in jou maag onthou as jy hom so in die draai ingooi en daai ding begin snake, wriemel kompleet soos 'n water slang hier onder jou!
Bike enjins was natuurlik ook nie naastenby so groot soos vandag nie Die gemidelde groot bike was maar hier in die omgewing van 600 cc. die groot lang BM met sy cowboy saal was as ek reg onthou 650cc. die gewildste bikes was maar jou engelse bikes, Truimph tiger 500cc, Truimph Bonnieville 650cc, dan natuurlik die room van die fietse die Northen Tri Star, self een gery wat 'n droom, as jy hom deur die draaie kon kry en hom gestop kry!
Toe begin die Japs oorneem, Honda, Suzuki, Kawasaki, Bridgestone [wat 'n top bike was maar redelik gou van die mark verdwyn het] die tegnologie op daai japs was ver voor die Ingelse. Hulle het met disc brakes op bikes begin, frames baie korter en stewiger gemaak, mens kon met daai goed seker 'n goeie 20 kph in 'n draai ingaan. Toe kom honda met hul moewiese groot super bikes, 'n 750cc 4 silinder fiets, wow, mense se monde het oopgehang, so groot bike!!
Honda was ook die leier in die 50cc piepie kriek fietsies, hulle 50ccracer was 'n "Flat Twin" op dieselfde prinsiep as BM, gekoppel aan 'n 8 spoed ratkas.
Die Italiaanse bikes was ook lekker, self het ek 'n V2 Motto Guzzy gehad, Itom was ook 'n top verkoper, kan nou wragtag nie aan een van die ander Italiaanse bikes dink nie. Hulle bikes was ook redelik kompak en heelwat makliker om op die pad te hou en veral om regop te bly.
Deur die jare het ek 'n redelike klompie bikes gehad almal baie lekker maar party net soveel lekerder! Een van my vinigste bikes robot na robot was 'n drie silinder 450 cc twee slag Kawasaki, daai ding het ongelooflike accelaration gehad.
My laaste fiets wat ek in 95 verkoop het was 'n sesilinder 1300 Kawa, ook 'n droom fiets gewees.
Moeilikste bike wat ek nog gery het was 'n 1951 Harley Fat Boy, nie myne gewees nie maar ek volle gebruik van haar gehad vir 2 maande. dit was nog die een met die clutch wat jy met die voet trap en die rat hefboom hier langs die petrol tenk. Daai ding was swaar en lomp, en met die wat jy so hard met die likerbeen moes trap om daai clutch in te trap en dan jou linkerhand hand van die stuur afhaal om ratte te wissel, wou daai ding al links neuk.
Sou wat wou gee om een van die moderne fietse te kon koop, lekker bly darem lekker!!
Ai dit was lekker jare, veral toe ons nog nie verplig was om 'crash helmets" te dra nie, daai wet het eers hier einde sestigs of vroeg sewentigs ingekom. Na daai wet was Petra glad nie meer lief om saam met my op 'n bike te klim nie, die helmet druk glo haar hare uit posisie uit of so iets!
Franslab
Eerstens. baie welkom op die forum. Ons hoop jy gaan nog sommer baie saam gesels en die forum geniet.
Hier in die vroeë oggendure het jy my nou omtrent laat lag met die storie. Kan jy glo dat mens dit kan doen? Pleks hy homself toe aan die bike ook vasbind, sodat die twee van hulle darem bymekaar kan bly. Ek kan my net die hele prentjie, wat jy beskryf, voorstel. Dit is skreeusnaaks.
Hehehehe - Dankie vir die…
Hehehehe - Dankie vir die lekker lag Frans, en welkom op kampforum!





Bikes van Arie
Toe ek die Nuwe Bikes ding van Arie lees dink ek toe so onwillekeerig terug aan n kamp en visvang insident waarby ek 'volledig' betrokke was. Oppad na die kampplek op n lekker sinkplaat grondpad sien ons n maat met so 125 scrambler tipe bike langs die pad staan en die bike probeer gaande maak met die kickstarter, ma kyk die ou trap die startpedal met mening en vinnig ook maar niks gebeur. Ek bied toe hulp aan nadat ek verneem het die biker is oppad om 'n beterste visvang spot te kan kry vir die naweek se visvang kompetisie. Hy bevestig toe dat syse vroutjie en kinners is oppad met kombi en al die visgerye. Nie lank hier stop die vroutjie, so 2x die biker se size met kinders, nogal baie en een volg op die ander in ouderdom en sy is toe al reeds opgewerk omdat hy nie al die spot beset het nie. Gou gou haal die biker 'n tou uit die combi en uit my waarneming was die tou verskeie kere gebruik vir sleepdoeleindes, engine trek ens.. Sonder aarselling maak hy die tou aan die bumper van kombi vas en dan soek hy plek om aan die bike vas te maak maar sonder avail. Mense wat bike ken sal weet jy kry nie sommer n plek om vas te maak as jy bike wil sleep nie. Volgende oomblik val my valstande amper op die grond, die gebore biker bind daai einste tou om sy lyf net so onder die borskas en bo die boepie vas. Hy begin instruksies gee met handgebare as hy op die bike is en die hele toetie vir vroulief wat maar nog steeds redelik warm is vir die bikerman van haar maar stem in. Hy is op die bike en beduie so deur die agterruit dat sy kan wegtrek en daar gaan hul bike agter en kombi met 'n stoffie wat sekelik die sig van die biker bietjie rondneuk. Ons volg toe die konfooi so op 'n afstand en sien hoe die biker handseine gee en die lytie wat aan sy ma vertolk wat oa hier van agter beduie maar dis naderhand net 'n beduiery en ma trap daai kombi al vinniger terwyl die biker ook nog probeer die bike in 'n rat sit om dit te probeer start. Die vogende sien ons net dat die die man op die bike is af van die bike en hardloop met sulke lang haale agter die kombi met die tou om sy luf en beduie nou vreeslik. Ek neem aan die seuntjie dra die boodskap oor en ma trap daai kombi se briek letterlik teen die floorboard vas en dis net stof. So tussen die stof deur sien ek net dat die bike man kry nie brieke nie en hardloop volspoed agter in daai kombi se deur vas dat die deur induik van die slag. Die bike lê seker so 20 meter terug in die pad en idle nog. Na verneem kon word het die bike man 'n sein gegee om aantedui die bike het gevat en kombi moet stadig spoed afneem en dis dan wat vroulief doen en versnel en toe sy in die truspieel sien haar man is op sy voete en hardloop met die tou nog om trap sy dasi briek doodvas. Net jammer die bikeman se briek kon hom nie stop nie. Later gehoor die vis het mooi gebyt en hul is huistoe met een van die pryse.