Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Geert -1 day ago

Gevriesde skouer (Frozen shoulder )

Durban
Profile picture for user dassie
Submitted by dassie on
Forums

Manne en mannine

Graag wil ek by julle hoor wie sukkel met so n probleem .Het so 4 maande gelede begin agterkom dat my regter skouer so bietjie styf voel en so nou en dan pyne wat in die bo arm spiere aftrek .Nou kyk immodium kon nie regkry wat die gevriesde skouer gedoen het nie as daai pyn inskop dan sak ek op my kniee af .Ek skud blad met die 1 man en wragtag daar skop die pyn in en ek sak op my kniee voor die ou .Geskok se hy " soory boet ek het nie bedoel om jou hand so hard te druk nie " Met pyn in my oe beduie ek hom nee is nie jy nie dis my skouer .Basies is daar nie eintlik veel wat die masker manne kan doen nie ek weet het op Oom Google geloer en die se vir my dat die proses van regkom tot met 2 tot 3 jaar kan duur .Hulle se ook dat vroue en persone wat diabetes is dit maklik kry en ek is nie 1 van die 2 nie is seker maar die gooi van die dice .Daar is glo n inspuiting wat hulle jou gee in die skouer  om die pyn te verlig maar is ook net tydelik .Die ergste is dat ek nie eers die kar sleutels uit my agtersak kan uithaal sonder om te wil flou word van die pyn .Enige raad van die wyse manne hier op die forum ?

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 19/11/2017 - 08:50

Siestog Dassie, dit is nie lekker nie.   Was jy darem al dokter toe?    Of is die diagnose van "gevriesde skouer" jou eie of tannie Google s'n?    Ek het dit ook nou gaan google, sien dit is 'n kussinkie, wat al die parte aanmekaar hou, wat styftrek.   Dit kan seker hel seer wees, maar dit kan dalk iets anders ook wees?

Jy moet maar laat kyk daarna, jy kan regtig nie so swaarkry nie.   Ja, die inspuiting help onmiddellik maar werk net so paar weke.   Jy kan dit ook nie te dikwels kry nie.   

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Sun, 19/11/2017 - 19:52

By voorbaat wil ek net dankie se aan die lede wat hulle raad ge gee het .So bietjie lig op die onderwerp toe ek agter kom my skouer raak styf ,ek kon glad nie meer my vrou se bra losknip nie ,laugh toe besef ek hier is fout .Nou my  Chiropractor se no in op my speed dial en na so 4 besoeke kom dit reg nie en ek besluit okay nou die Auntie wat so alles massage (Arie hou jou in dis nie 1 van daai walletjies storie nie ) en sy het gevryf en oefeninge laat doen dat my oe stokstyf gestaan het .Dit help toe glad nie en sy verwys my na n spesialis DR net vir die wis of onwis .X-rays ,sonar en hulle kry geen fout daar nie maar ek loop nog steeds soos 1 van daai "car guards"  rond julle weet daai kak gesig en mank loop storie .Okay se die spesialis JY HET FROZEN SHOULDER .Net daar dog het jinne dis wat ek by my vrou oorgerf het maar Dr se nee het glo iets te doen met die skouer potjie watsenaam ietermagog en die is glo inflamasie maar dit sal vanself regkom moet net jou skouer baie rond beweeg sodat dit nie heeltemal op seize nie .Dit vat glo enige iets vanaf 9 maande en kan tot 3 jaar duur .Freda ja die inspuiting raak ook naderhand nutteloos as jy te veel gebruik so vat dit maar kalm .

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus