Laat ons bietjie lag oppie Maandag.
Brakpan - vervolg
Jy word nie gebore met blou oë in Brakpan nie, jy fight daarvoor, pappie!🏻🤩... 🤣
• Hoekom sny Brakpanners hul honde se sterte af? Sodat as skoonma kom kuier dat daar geen teken van blydskap is nie....🤣
• Man in Brakpan restaurant vra kelner:
"Het julle wildeeend?" 🦆
Kelner: "Nee meneer, maar ons kan vir jou 'n makke kwaad maak.🦆... 🤣🤣🤣
• Jan & Anna stap uit Brakpan Spar uit met 'n pram.
Anna kyk in die pram en skree: "Dissie verkeerde kind!!'' Jan sê: "Sharrap, dis 'n beter pram..!"🛒...🤣
• Spietkop stop Brakpanner omdat sy kar net 1 hooflig aan het!
Brakpanner: “Tjomma, dis load shedding, ek sal later die anner een aansit, jy check?”🏻
...🤣
• Brakpan Ds: “Jan, hoeveel vroue dink jy moet ‘n man hê?”
Jan: “16, Dominee.” Ds: “Hoekom 16?” Jan: “4 richer, 4 poorer, 4 better, 4 worse🏼
🏼
🏼
🏼
🏼
🏼
🏼
🏼
🏼
🏼
🏼
🏼
🏼
🏼
🏼
🏼...
• Brakpan skool juffrou: Jan, jou opstel oor jou hondjie is woord vir woord dieselfde as jou boetie s’n!
Jan: Natuurlik juffrou, dis dan dieselfde hond!... 🤣
- Wat is die top punt van armoede in Brakpan?
As jou ma "polonie en kaas" op jou brood skryf met 'n kokie pen....🥪...🤣
- Vrou vra vir man van Brakpan " Wat hy sal koop as hy die Lotto wen?
" Die ou dink so n rukkie en se : "Ferrari 'mags' vir my Cortina
" !!! 🤣🤣🤣
- Wat noem jy n Brakpan vrou wat n wit sweetpak dra op ñ Saterdag middag ?
..... 'n Bruid !🏼... 🤣
- Dit reën al vir 3 dae in Brakpan.
Al wat my skoonma doen is deur die venster staar. 🏼
As dit so aangaan, sal ek haar seker moet laat inkom!
- Brakpan - Graad 1 vraag - Wat is manlik en vroulik van meel?
Mieliemeel en koekmeel
.
- Hoekom word daar nie karre in Brakpan gesteel nie?
Want in elke huis woon daar ten minstens 2 karwagte!🤣🤣
- Wat noem jy dit as iemand 'n kar oor "spray” in Brakpan .......
“Change of ownership”
Hendrikkie
Hello Ma
Dis Hendrikkie hier. Baie dankies vir die oulike onderbroekies wat Ma vir my op die plaas uit meelsakkies gemaak het. Die meeste van hulle het groot reaksie by die meisies hier by die Varsity uitgelok.
Sannie het my onderbroekie heel aand net stip gesit en bekyk. Dis nou daai een waar voorop staan: "SELF-RAISING." Heel aand nie 'n oog verroer nie. Sy het lateraand net gesê: "Dit werkie!" Wat nie werkie, weet ek nou noggie.
Maar Magriet het haar nou die aand geniet toe ek die een aangehad het waar voorop staan: "ROL DUN UIT." Sy is 'n handvol en was nogal plesierig, maar jislaaik is sy nogal rats met daai ou klein handjies van haar.
Al bogger-op wat ek nou nog nie kan verstaan nie, is die klap wat Berta my gegee het gisteraand. Sy verstaan seker nie watse moeite dit is om so 'n plaasonderbroek te maak nie. Ek het net 'n uur gekuier en toe ek met my onderbroek wou spog, haak sy af en klap my van die bed af. Ma weet mos dis daai een waar in rooi staan: "IDEAAL VIR VETKOEKE!" Weet nou nog nie wat haar storie was nie, sal hom maar eers bêre!
Any-way, Ma, laat dit lekker gaan op die plaas!!
Van Hendrikkie
Gees, die Brakpanners gaan…
Gees, die Brakpanners gaan jou bl!#s!m.
Mammie sal volgende keer twee keer dink oor die bewoording op Hendrikkie se onderbroeke.![]()
Hehehe aunty Freda en ek ry…
Hehehe aunty Freda en ek ry juis oor `n paar uur Gauteng toe vir werk tot Vrydag. Sal BAIE lig loop! ![]()
VROU - "Ek gaan winkels toe,…
VROU - "Ek gaan winkels toe, wil jy iets he?"
MAN - "Ek is op soek na die doel van die lewe...Iets wat my siel kan aanvul en my rigting kan gee....Ek wil verbind met my innerlike self, ek wil my siel en wese ontmoet, kalmte en rustigheid ervaar..."
VROU - "OK.....wees meer spesifiek.........Brannas of Whisky?
Daai is `n wyfie wat…
Daai is `n wyfie wat connected is met haar man se innerlike gees, `n wyfie so na my hart.
In aansluiting by Gees se…
In aansluiting by Gees se deeltjie hierbo oor Brakpan.
Ek het n paar jaar gelede 'n simposium bygewoon in Boksburg. Die predikant wat soggens die verrigtinge met skriflesing en gebed begin het was 'n regte platjie. Hy't baie die spot gedryf met die inwoners van Boksburg, Brakpan en Benoni (so in dieselfde trant as wat Gees hierbo doen). Die laaste oggend het hy gesê omdat al dié plekke se name met 'n B begin, wonder hy nou maar net oor die Blou Bulle. Sommige ouens het dit baie amusant gevind, maar heelwat van die Blou Bul ondersteuners het nie gedink dit is snaaks nie.
Smaak my ekke moet maar my …
Smaak my ekke moet maar my "Snowflake" en "Stasoft" onderbroeke maar aanstuur vir Hendrikkie. ![]()
Meisie en seun loop saam
Meisie en seun loop saam saam hand in hand in East rand Mall
How weet jy hulle’s amma-plotters van Brakpan?
Hy dra ou faded pienk Crocs, sy loop kaalvoet
Wat se die baba vir sy ma…
Wat se die baba vir sy ma vanaf die swembad in Brakpan:
Hou my DOP as ek swem. ![]()








Ek soek een van daai…
Ek soek een van daai toolboxe👍