Ons kla so maklik as iets nie na ons sin gaan nie, byvoorbeeld die noodgedwonge oorskuif na 'n nuwe forum binne 'n raps meer as 'n maand. Dis egter 'n kleinigheidjie.
Ek lees in vanoggend se koerant van Johan & Tanya Steynberg-Venter van Pretoria-Tuine wat albei blind is met hulle twee kinders, Samantha (8) en Corban (10) wat albei doof gebore is ! Die twee kinders het pas elkeen 'n operasie ondergaan (koste R400 000 elk) en kogleêre-inplantings gekry waarmee hulle vir die eerste keer klank kan beleef ! Fantasties, maar...........
Ons kla so maklik, maar vir twee blinde ouers om twee dowe kinders te hê is seker een van die grootste uitdagings wat voor 'n mens se deur gelê kan word.
Dink volgende keer voor jy kla oor onbenullighede !
Jy verstaan verkeerd
Anton, ek sien ongelukkig nou eers jou kommentaar - jammer !
Ek het geensins bedoel dat daar noodwendig hier op die forum gekla word nie. Ek het oor die algemeen gepraat dat dit heel menslik is om maklik te kla sonder om 'n ou se talle seëninge te tel. Die voorbeeld wat ek aangehaal het van twee blinde ouers van twee dowe kindertjies is 'n voorbeeld van deursettingsvermoë sonder om te kla. Neem 'n mens deeglik kennis hiervan, besef jy dat jy eintlik nie kan kla oor die talle dinge waaroor ons gewone mense so maklik kla nie !
Hi Len. Kyk na my inset se…
Hi Len. Kyk na my inset se datum (-:
Dit is 3 weke later geplaas. Dit was maar 'n manier vir my om te sê dat niemand gekla het nie en dinge goed uitgedraai het.





het iemand gekla?
het iemand gekla?