Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 minutes ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -15 minutes ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -11 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago

Begin by die begin

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Daar is ongelukig 'n groot groep mense wat 4x4 koop off road gaan en niew regtig 'n idee het wat dit behels nie. Dit is sekerlik die grootste rede hoekom alle strandryery verbied is, mense wat geen respek vir die natuur het nie.

Ek glo die belangrikste beginsel of reel vir off roading is; So stadig as moontlik maar vinnig genoeg" MAW jy moet net vinnig genoeg beweeg om momentum te behou, dit is nie 'n spoed toets nie.

Jy moet jou voertuig en sy beperkings baie goed ken net so ook jou eie beperkings.

Respekteer die natuur, moet asb nie nuwe spore maak nie, bly in die bestaande spore.

Sorg dat jou wielle so min as moontlik tol [spin] jy grawe gate wat dit vir die volgende ou moeilik maak en veroorsaak erosie waneer dit reen.

Ek glo dit is seker oorbodig om te noem dat jy alles wat jy ingebring het weer uitneem, insluitende sigaret stompies?

Ander goed leer mens sommer vinnig aan, goed soos begrawe jou spaarwiel in die sand en geruik dit as anker vir winch om jouself uit te sleep. Daai groot stoker kole graaf van die spoorwee werk ook goed, maak jou kabel om die steel vas waar hy by die graaf gedeelte vaskom. Steek daai graaf teen 'n 45 grade hoek weg van jou voertuig in die sand. Soos jy begin winch trek dit die graaf dieper in die sand en kort voor lank trek jy jou voertuig vorentoe.

Meeste van daai goed leer mens baie vinnig vir jouself as jy alleeen ver van alles af is en vassit, ongelooflik hoeveel goed daar is om jou te help as jy net die tyd vat om bietjie te dink.

Secunda

Sleep nou

Tue, 16/01/2018 - 05:31

Ware woorde Arie die natuur moet ons so ver moontlik oppas,dit wat jy saamvat bring sover moontlik terug in swartsakke soos n ou meer 4x4 leer jy dinge aan wat lewe vir jou maklik maak . Maar vra ook as jy nie weet kyk byvoorbeeld ek gevra oor wat se lugpomp moet ek kry gebruik die ouens se kennis moenie die wiel re envend nie lekke draad hierrie

0
Meyerton

Segekok

Tue, 16/01/2018 - 06:45

Baie waar.  Ek is baie bly dat strand ry verbied is. Te veel gesien hoe mense bo die hoogwater merk spore maak, die krappe probeer dood ry en sommer net als verniel.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus