Wat sal julle voorstel moet die band druk moet wees vir los sand ek het dit as tussen 0.8 bar tot 1 bar verseker werk dit as jy bande afblaas meer band op die sand spoed nie hoor as 65 km/h nie deel bietjie jou ervaring en kennis soos hulle se daar is nie iets so n dom vraag as dit by 4x4 kom nie
Jy is reg Voortrekker, en…
Jy is reg Voortrekker, en daai voet! Groot fout wat baie ook maak is om te vinnig te rem wanneer daar gestop moet word. Die wiele stoot dan n walletjie en dan sit die manne vas. Beste is om egalig spoed te verminder en laat die voertuig self stop.
Lekke onderwerp
Ek weer hier deurgewerk dankie vir almal en ja een ding staan uit momentum ,regte band druk en ken jou voertuig
Het die volgende
Toe ons in Noord Kaap was waar grond pad baie los en stamperig was het ek gesien bande hier by 0.8 tot een baar werk heel ok spoed wat ek dan gery het was so 60km/h soos GerhardtN ook se ry die grond paaie , berg paaie dis al hoe n ou leer sou jy vasval is jy nie die eerste een wat dit oorkom nie
Pasop vir te pap en moenie…
Pasop vir te pap en moenie skielik skerp draai nie anders klim die band af. Bridgestone beveel aan dat jy nie laer as 1.2 bar gaan nie. Onthou ook jou bande se sidewalls kan seerkry as daar klippe of skerp stokke is. Mense wat vasgesit het pak baie keer klippe en stompe onder wiele om uit te kom, en dit bly daar lê. Afblaas moet jy egter afblaas. Ek gaan gewoonlik af na 1.5 bar.
Ek sal 1.2 tot 1.5
Wildehont ek sal bietjie jou druk tussen 1.2 en 1.5 probeer verseker moet jy nie vining draai nie daai wiel klim dan af van rim af
Wildehont is heeltemal in…
Wildehont is heeltemal in die kol met 1, 2 bar. As jy baie sagte sand ry, let wel sand, dan kan jy 1bar gaan vir n lekker groot kontak area. Op klipperige passe, ry ek harde bande. Vir sinkplaatpad, ook so 1, 2 maar dan beslis nie vinniger as 60km/h nie.
Hier ry neef teen van Zylspas af. Die de fotos wat so op die sy lê pla.
Dankie ou bul, waardeer.…
Dankie ou bul, waardeer.
Neef het n menigte fotos van baie Namibie toere en mooi kamp plekke wat ek graag wil deel, sonder om n verhaal te vertel, tik te stadig, spel te sleg. Kan ons dalk n draad begin of uitvars waar dit gedoen kan word.
Herman, dit is maklik om 'n…
Herman, dit is maklik om 'n nywe draad te begin, gaan vir goud👍
Ons kyk uit vir die kiekies.
Van Zyl's pas
Dis g'n pas daardie nie, dis bobbejaanskrans !
Ek sal maar liewer nie daar sleep nie, ek's te bang my Exclusive se mover gaan vashaak op daardie uitstaan rotse !
Dis g'n pas daardie nie …
Dis g'n pas daardie nie
Moet sê, daai Mahindra lyk of hy gebou is vir daardie pad.
Oog probleem??
Môre Voortrekker
Lyk my jou oë het versleg, of wil jy nou weer kwaadstook.
My filosofie is;
as ek nie kan ry tot by 'n plek nie, is dit nie die moeite werd om te besoek nie.
In die laaste tyd begin ek alhoemeer daaraan dink om my filosofie effe aan te pas, om te lees;
as ek nie met 'n 4x4 tot daar kan ry nie, …...
Groete
PS: ek het nie die tipe 4x4 gespesifiseer nie, maar party sal net beter vaar, as ander.
Nee Wessel niks fout met my…
Nee Wessel niks fout met my oë nie. Laat ek dan regstel.
Moet sê, daai Mahindra lyk of hy gebou is vir daardie krans.
Januarie het ek baie sand…
Januarie het ek baie sand gery langs die diamant kus en het afgeblaas van 2.2 af na 1.6 toe. Ek het soos 'n skip geseil deur die duk sand paaie en duine en op 'n paar geleenthede gedink ek gaan vasval in die dips, maar het geen probleem gehad nie.
In die Richtersveld het ek afgeblaas to op 1.8 vir skerp klippe vs gemak op die erge offroad en sinkplaat.
1.6 Bar
Dit is maar ons banddruk ook wanneer ons visvang by Hentiesbaai. Vanjaar en jong Duitse egpaar en hul twee jong dogters langs die see gekry wat met 'n gehuurde Hilux vasgesit het. Hulle banddruk was 3 Bar. Ons het dit gou vir hulle afgebring na 1.6 en gehelp om hulle uit te kry. Die arme ou het geen kennis gehad van sandry nie - gedink dit is 'n 4x4 wat jy sommer net enige plek kan ry.
Die klas goed leer mens net…
Die klas goed leer mens net met ervaring. Vir die sinkplaatpad is die beter op die lyf, en seker kar, om die banddruk te verlaag vir gemak. Self as ek swaar gelaai is, sal dit uithou met harder bande totdat dit neuk. Het al afgeblaas tot by 0,8 in kurkdroee diep sand, maar dan
Het bietjie gery en
Nou die dag buite Phalaborwa by water raad gery was warm en sand ook het bande voor na 1 bar en agter 1,2 afgeblaas en so gery sien ouens gaan tot 0,8 toe
Ah welkom terug Shaun, jy…
Ah welkom terug Shaun, jy moenie so verdwyn nie. Ons mis jou gesêlskap!






So tussen die 3 - band druk…
So tussen die 3 - band druk, momentum en krag is my persoonlike ondervinding dat momentum die baas is? Dit was met 'n 4x2 Isuzu in die Noord Ooste van Mosambiek, net diskant die Milange Berge so 200 km suid-oos se ry. Lae rat en hoe revolusie met 'n stabiele voet.