Wat sal julle voorstel moet die band druk moet wees vir los sand ek het dit as tussen 0.8 bar tot 1 bar verseker werk dit as jy bande afblaas meer band op die sand spoed nie hoor as 65 km/h nie deel bietjie jou ervaring en kennis soos hulle se daar is nie iets so n dom vraag as dit by 4x4 kom nie
Dankie Wessel - ek hou veral van GerhardtN se inset.
Dit gaan oor banddruk, momentum en krag. Die nuwer voertuie kom uit met 255/50/18 bande wat n lae profiel band is. Ek blaas hom nie onder 1.4 bar af nie want ek sleep nog die Oryx karavaan ook. Natuurlik help dit ook as jy in die bestaande spore bly want die ou voor jou kompakteer die sand. Dis hoekom die 4x2 nie een keer vasgesit het nie want hy het agter gery. Banddruk selfs op sinkplaat en rowwer paaie is uiters belangrik. Ons doen moeite om te stop sodra ons weet hierdie gedeelte wat kom gaan buite normaal wees. Ons blaas ook ons karavaan en boswaens se band af. As jy nou rerig wil sukkel moet jy n wa sleep wat se band 3 bar is. Nou op die Weskus roete was die sand verskriklik los en daar het die krag van engin weer n groot verskil gemaak. Dis maar alles n kombinasie wat moet saamwerk.





Spesiaal vir Chris S
Kyk net hierdie lekker gesprek van weleer.
Omskakel faktor is 36psi = 2.5bar = 250kPa
Die 12psi wat ouens van praat, word dus net 83kPa.