Nou ja ons is terug vanaf Elangeni en hier is so bietjie terug voer fotos sal volg. Ons arriveer vrydag 16 Feb en begin kamp opslaan so 13H00 dis bewolk maar lekke warm soos Nelspruit area maar is. Kyk die staanplekke is onder groot bome met baie koelte en mooi groen kras , so 5 staanplekke innie hoek geen krag nie. Die Elandsrivier loop verby die oord so as jy rustig is hoor jy die water loop badkamers nou nie Aventura , ATKV standaard nie dis oud maar skoon lekke skoon koue swembad en lekke stap roete lekke bos en berge rondom die oord. Prys R200 per nag vir 2 mense ,daar is ook braaiers maar meeste rooster voete gekry so volgende keer vat ek my eie braai saam. Bestuur vriendelik en die oord ideeal vir groot groepe. Ek gee 8/10 vir rustigheid so nou en dan hoor jy n trok of trein oppad Nelspruit se kant toe, kafee op oord 5/10 sal Nelspruit toe ry vir dit wat ek vergeet of net wil opstok Skoon oord 9/10 waarde vir geld 9/10 hoe kinders oord sal vind 6/10 kinders sal na 3 dae moeg wees vir swem en trapolin , dis n oord meer vir kampers wat se kinders uit skool is en pare wat vir n week of meer wil staan. Dis n oord wat jou siel rus gee.
Dankie vir die terugvoer…
Dankie vir die terugvoer Shuan, ons kyk uit vir die fotos.
Dankie Shaun. Dit klink vir…
Dankie Shaun. Dit klink vir my of die dan nie ver van die HIPO River Lodge af kan wees nie.
Baie mooi area, Sien uit na die fotos.
Lekker koelte en groen gras…
Baie dankie vir die mooi…
Baie dankie vir die mooi fotos Shaun, dit lyk heel gesellig daar.
Bly julle het dit geniet, netjiese opset?
More Shaun, jy kan ook kyk, …
More Shaun, jy kan ook kyk,
Onder jou blok waar jy inset lewer, is 'n "Laai Foto"
Klik op die "Choose Files" ikoon, dan volg jy die stappe.
Onthou net, jy kan net foto gaan kies wat in jou "Galleries" op jou tablet / foon of PC lê.
Jy moet dit een vir een gaan kies.
Sterkte, as jy eers een gelaai het, sal jy sien dit is maklik.?
Baie mooi foto's, Shaun. …
Baie mooi foto's, Shaun. Dit lyk na 'n lieflike kampplek.
Ek werk deur
Johann ek werk deur paar ander fotos saam jou step by step sal ek regkom dankie vir raad ja ek moet een vir een foto laai Arie ,Freda , Willem as julle oppad Nelspruit toe is draai af en kom draai by oord regtig rustig met lekke vars lug nie die steenkool lug van Secunda nie
Binne kort
Ons gaan binne kort vir 4 dae hier weer kamp julle moet regtig die plek besoek dalk eendag forum saam trek ![]()
Daar gestop
Het toe nie gekamp soos beplan nie wel daar gestop dis n oord wat regtig meer ondersteun kan word





Nou ja ons is terug…
Bly julle is veilig terug! Tyd gaan te vinnig verby.
dankie vir die terugvoering