6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -3 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -5 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

Elangeni

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Nou ja ons is terug vanaf Elangeni en hier is so bietjie terug voer fotos sal volg. Ons arriveer vrydag 16 Feb en begin kamp opslaan so 13H00 dis bewolk maar lekke warm soos Nelspruit area maar is. Kyk die staanplekke is onder groot bome met baie koelte en mooi groen kras , so 5 staanplekke innie hoek geen krag nie. Die Elandsrivier loop verby die oord so as jy rustig is hoor jy die water loop badkamers nou nie Aventura , ATKV standaard nie dis oud maar skoon lekke skoon koue swembad en lekke stap roete lekke bos en berge rondom die oord. Prys R200 per nag vir 2 mense ,daar is ook braaiers maar meeste rooster voete gekry so volgende keer vat ek my eie braai saam. Bestuur vriendelik en die oord ideeal vir groot groepe. Ek gee 8/10 vir rustigheid so nou en dan hoor jy n trok of trein oppad Nelspruit se kant toe, kafee op oord 5/10 sal Nelspruit toe ry vir dit wat ek vergeet of net wil opstok Skoon oord 9/10 waarde vir geld 9/10 hoe kinders oord sal vind 6/10 kinders sal na 3 dae moeg wees vir swem en trapolin , dis n oord meer vir kampers wat se kinders uit skool is en pare wat vir n week of meer wil staan. Dis n oord wat jou siel rus gee.

Elangeni
Alzu Ontbyt
Elangeni
By oord, 40m vannaf ingang. Wonder as mens diesel ingooi of hy weer sal loop (-:
Elangeni
Ons kamp etup.  Lekker eenvoudig, maar lekker (-:

 

Secunda

Sleep nou

Sun, 18/02/2018 - 19:40

Die twee is redelik naby mekaar daai fotos sal ek n probeer om te laai 

0
Suid Afrika

Kampforum

Fri, 23/02/2018 - 19:27

Namens Sleep nou:

Elangeni
Ons uitsig vannaf tent. Mooi bly mooi
Elangeni
Baie mooi

 

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 23/02/2018 - 21:21

Dankie baie Anton ja Johann lekke gekuier net jammer naweek so vinnig verby , Johann ek gaan daai step by step wat jy gestuur het probeer om fotos te laai dit kan tog nie so moelik wees nie.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 24/02/2018 - 07:43

More Shaun, jy kan ook kyk, 

Onder jou blok waar jy inset lewer, is 'n "Laai Foto"

Klik op die "Choose Files" ikoon, dan volg jy die stappe.

Onthou net, jy kan net foto gaan kies wat in jou "Galleries" op jou tablet / foon of PC lê.

Jy moet dit een vir een gaan kies.

Sterkte, as jy eers een gelaai het, sal jy sien dit is maklik.?

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 24/02/2018 - 14:35

Johann ek werk deur paar ander fotos saam jou step by step sal ek regkom dankie vir raad ja ek moet een vir een foto laai Arie ,Freda , Willem as julle oppad Nelspruit toe is draai af en kom draai by oord regtig rustig met lekke vars lug nie die steenkool lug van Secunda nie

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 03/05/2019 - 21:46

Ons gaan binne kort vir 4 dae hier weer kamp julle moet regtig die plek besoek dalk eendag forum saam trek wink

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 23/12/2019 - 13:42

Het toe nie gekamp soos beplan nie wel daar gestop dis n oord wat regtig meer ondersteun kan word

0
Term
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus