Hiermee begin ek om terugvoering te gee van oorde waar ons in onlangse jare gekamp het (soos versoek deur Voortrekker.
Bass Lake Lodge is ongetwyfeld die luukste woonwapark wat ons nog ooit besoek het. Ons het slegs vir een aand (in 2017) daar oorgestaan oppad wildtuin toe. Dit was 'n Sondagaand en ons was die enigste kampeerders in die oord. Maar met die veiligheidsmaatreëls het ons heeltemal op ons gemak gevoel.
Alles, letterlik alles, getuig van 5-ster waarde. Elke staanplek se grasoppervlakte getuig van uitstekende onderhoud.
Die twee netjiese ablusiesblokke is onverbeterlik.
Dit was die eerste kamp-kombuis by 'n ablusie (wat ek gesien het) wat selfs afdroograkke vir die skottelgoed gehad het.
Vir die dames is daar slegs 'n opsmuk-kamer (titivating room) met sagte stoele en groot spieëls om die hare te tooi en gesiggies in te kleur.
'n Uitstekende gedagte met die ontwerp van die ablusies is die feit dat die onderskeie geslagte se toilette en storte in aperte vertrekke is. Daarmee bedoel ek 'n ingang na 'n vertrek waarin die toilette is en 'n aparte vertrek waarin die storte en wasbakke is. Jy hoef dus nie 'n ander ou se knorre en steune aan te hoor (of vergas te word) terwyl jy skeer, tandeborsel of stort nie. En die storthokkies beskik oor groot aantrek-gedeeltes met 'n stortdeur wat die twee gedeeltes van mekaar skei.
Ek reken dat Bass Lake Lodge verdien 'n volle 5 sterre vir die geriewe in die oord. Die enigste negatiewe punt wat ek kan opper is die pad na Bass Lake Lodge. Eerstens ry jy vanaf Pretoria op die berugte Molotopad, waar jy reeds 'n uiters op jou hoede moet wees vir "hell drivers" en dan moet jy net meer as 2 km swak gruispad ry tot by Bass Lake Lodge se ingang. Baie mense het nie probleme om só 'n gruispad te ry nie, maar ek moes behoorlik "kruip" op die pad met my wa.
Maar dat Bass Lake Lodge 'n puik oord is, is gewis.
Bass Lake Lodge