TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61582 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Laat vanmiddag toe ek die… Reën.............. Wildehont -1 hour ago
Jy kan by enige plek kanp,… Regte Boskampe???? Arie -2 hours ago
Leeutemmer, hier is die… Kyleu Bush Camp Dinokeng Johann L -3 hours ago
Ah, Kyleu bos kamp,  kyk… Regte Boskampe???? Johann L -3 hours ago
Leeutemmer, jy kan by… Regte Boskampe???? Johann L -3 hours ago
Len ... Verkeerde Raad Willem Brits -3 hours ago
As jy maak soos die man sê,… Verkeerde Raad neef Herman -5 hours ago

DINOKENG - Die Groter Prentjie

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Wed, 09/01/2019 - 10:20
Forums

Daar word deesdae baie gepraat en verwys na Dinokeng en dit kan nogal verwarring veroorsaak vir diegene wat nie die "Groter prentjie" en storie agter die Groter Dinokeng en Dinokeng DGR (WildReservaat) ken nie.  Juis daarom het ons besluit om in 2019 op kampforum te fokus op hierdie area in Gauteng en spesifiek op die kampeerplekke in Dinokeng en wat die area aan ons kampeer liefhebbers bied!

Dinokeng word gebruik vir die groter area noord / oos van PTA en sluit Roodeplaat en die historiese myndorp Cullinan in.   Dinokeng Wild Reservaat (DGR - Dinokeng Game Reserve is die ge-registreerde handlesnaam vir die Wildtuin) en is op sy eie.

 

Dinokeng DGR

Meer oor Dinokeng Reservaat:

"The destruction of our environment, rampant pollution and the loss of natural resources has to be the biggest threat to humankind. Human encroachment into wilderness areas has lead to habitat loss and the accelerated extinction of species. Conservationists around the globe are fighting a battle for open ecosystems. These endeavours need universal support. While the human race continues to grow in numbers the struggle for the survival of our environment has to be supplemented with new models of conservation where people and nature exist in harmony.

The Dinokeng Game Reserve presents a rare opportunity to develop a model for future conservation. The DGR is unique in a sense that we are the only residential Big5 game reserve worldwide located within the boundaries of a metro city and just half an hour from the city centre. We are pioneering a model where the Big5 roam freely and live in harmony with resident land owners."    Geneem van Dinokeng DGR Webwerf: (lees meer)  Dinokeng Game Reserve

Groter Dinokeng: Vanuit  SA-Venues.com  :  " Referring to an area, rather than a particular town, Dinokeng is part of an initiative by the government to establish a tourist destination close to urban Gauteng that lies roughly in the catchments area of two rivers - the Elands and Pienaars - that subsequently flow into the greater Olifants and Limpopo Rivers.

The land has witnessed a number of different cultures, which together form something of a melting pot of history. The TswanaPediAfrikaansNdebele, English and Tsonga-speaking people have all had significant effects upon the land and rolling grasslands of Dinokeng; and Anglo-Boer War blockhouses, battle sites, cemeteries and forts are all evidence of the conflicts that have left their mark.

There is a lot to do and see in the Dinokeng Region. Three dams lie in the area - Mkhombo, Rust de Winter and Roodeplaat; the historic homes of the Sammy Marks Museum, the village of Rust de Winter, and what remains of the Wallmansthal Mission all reflect the old ways of life; whilst Dinokeng is one of the country’s prime bird watchingareas, second only to Ndumo in the St Lucia area in terms of the diversity of species.

The Dinokeng Game Reserve, part of the government’s initiative, is run by a non-profit company and combines about 270 property-owners’ land in what will be a 90 000 hectare game reserve that offers Big Five game viewing, a wealth of archaeological sites that take visitors back to the Stone Age, and a unique cultural experience in the form of art and craft studios for local artisans."

Kampeerplekke

Hieronder 'n lys van kampeerplekke in Dinokeng Reservaat en Groter area met skakels na hulle lysing op kampforum. Daar is vele lodges en privaat fasiliteite in die  Dinokeng Reservaat  wat deel is van 120 privaat eiendomme en initiatief.  Daar is moontlik nog kampeer fasiliteite en ons sal die kaart en lys aanpas om nog kampeerplekke en fasiliteite by te voeg.

Kamp  De Rust

Kamp WillemsRus

Kamp Thorn Tree Bush Camp

Kamp Kyleu Bush Camp

Kamp Tshikwalo

Kamp Tamboti Vreugde 

Kamp Dinokeng Resort  (Buite reservaat)

Kamp Bass Lake Lodge  (Buite reservaat)

Kamp Almega  (Buite reservaat)

KampLebra's Rest (Buite Reservaat)

           

      Dinokeng in Gauteng

Dinokeng

Kyk gerus die video wat hieronder aangeheg is vir meer inligting oor Dinokeng.

Dinokeng

video

Middag alle kampeerders

Dankie aan almal wat meehelp om die groter komplekse Dinokeng samestel op te klaar.

Dit wil voorkom of daar 'n oorkoepelende liggaam is, en dan binne dit 'n magdom instansies wat onafhanklik elkeen sy eie ding doen. As jy wil kamp moet jy dan sekerlik by jou instansie van keuse bespreek en betaal.

Nou wonder ek net, as ek bespreek is binne bv Willemsrus, het ek toegang/gebruik van die groter Dinokeng wildroetes, of is ek gekluister  tot die Willemsrus kampeerterrein?

Groete

Wessel 

 

Middag mede kampeerders

Ek het sommer gou Willemsrus gebel en die volgende vasgestel;

1] mens bespreek jou kampeerplek by hulle

2] om gebruik van die Dinokeng wildroetes te bekom, moet mens by Dinokeng 'n permit uitneem. Daarsonder kan jy nie op jou eie wildritte in groter gebied maak nie.

3] met vooraf reëling kan mens 'n patrollie ry en Willemsrus gaan bekyk om keuse te maak van die staanplek wat jy sou verkies, skadu, son, boma, naby watergate, en sulke lekker opsies. Ek vermoed mens sal dagbesoekers tarief aan Dinokeng moet betaal om toegang tot by Willemsrus te kry.

Moet sê, die dame het versigtig behulpsaam geklink.

Groete

Wessel

Secunda

Sleep nou

Wed, 09/01/2019 - 13:03

Nou het ek lekke gelag Wessel versigtig behulpsaam verseker wil ek Willemsrus , en Kyleu besoek op my bucket lys vir wat dit ook werd iswink

Centurion

Voortrekker

Wed, 09/01/2019 - 14:29

Dankie Willem.   Ek het hom bygevoeg.  Lyk of dit buit die reservaat geleë is? 

Dankie vir die draad Voorie. Ek het al opgelet op facebook party mense praat van "Wie het al gekamp by Dinokeng" en dan is daar altyd iemand wat vra "By watter kampplek want daar is baie" maar eintlik bedoel die persoon Dinokeng Resort, 'n spesifieke oord binne in Dinokeng area.

Ek sien hierbo jy lys "Dinokeng Resort" en "Almega" as "Buite reservaat"?  Hulle is amper bure (soos die kraai vlieg) maar beide is verseker binne die reservaat (wel, volgens my)  

Centurion

Voortrekker

Thu, 10/01/2019 - 14:50

Dankie Grote.  Ek sal dit bevestig en regstel.   

Julle sal sien een van ons nuwe lede hier is Dinokeng.  Dit is Rodney du Toit wie die voorsitter is van Dinokeng Game Reserve (DGR)    Ek sal hom vra vir meer inligting.

As Almega in die reservaat is, dan behoort julle wie al daar gekamp het te weet hoe werk die toegangsfooie vir kampeerders om die reservaat in te kom soos wat Wessel hierbo gevra het?  Het jy enige ondervinding daarvan?

Jy kry 'n kaartjie as jy by die reservaat se hek inkom en Almega stempel hom vir jou maw as jy net kamp en nie heeldag rondry op die grondpaaie nie kos dit niks ekstra  nie.   Die gestempelde  kaartjie gee jy dan net weer in by die hek as jy uitgaan. 

In die resevaat is daar plek waar jy die permit moet uitneem soos Wessel hierbo vertel het as jy dan nou wil rondry en wild kyk (of soekwink) Nie seker van die kostes  nie.  

Ons sien gewoonlik sommer so langs die teerpad oppad na die kamp toe bokkies en Zebras ens.  Desember 2017 het van die kampeerders vertel dat daar 2 leeus gelê en vreet het aan 'n rooibok sommer daar langs die teerpad naby die afdraai na Tshikhwalo Lodge toe.  Ek kan dit nie bevestig nie.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 10/01/2019 - 15:27

Volgens wat ek kan sien lê Almega net oor die pad van die reservaat en Dinoken Resort is stukkie verder ook regs van die reservaat maar lê dieper.

Dit is soos op die eerste foto heel bo.  Maar jy moet deur die reservaat ry om by hulle uit te kom.

Tensy jy seker met die Moloto rd R573 ry tot by De Wagendrift links, maar dit is dalk grondpad.

Goeie dag 

Ek kan bevestig dat albei "Almega en Dinokeng Resort" binne die hekke van die DGR is, maar buite die resevaat se groot vyf area bekend as "Dinokeng Game Reserve" val (verkort na DGR).  Albei  is binne 'n paar km van die DGR se groot vyf gebied, gaste van albei instasies se karavaan staanplekke kan dus gebruik maak van die DGR deur 'conservation fees' te betaal (van R40 per volwassne en R25 per kind (2 - 12 jaar)), asook die 8 restuarante te besoek, Self-ry roete permit aan te koop om binne die reservaat te ry (1 dag permit R250, 2 dag permit R380, 3 dag permit R450, ens.) of daar kan op 'n wildsrit met 'n gids gegaan word. 

Die naam  "Dinokeng" verwys na 'n gebied naamlik die grooter Dinokeng area noord oos van Pretoria - en sluit die historiese myndorpie Cullinan in, sowel  as Roodplaatdam gebied.

Die geregistreerde handelsnaam van die reservaat is "Dinokeng Game Reserve"  of DGR, en verwys na die tans 20 000 ha vry lopende groot vyf wild reservaat. 

Vriendlike kamp groete 

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Fri, 11/01/2019 - 18:06

Ons kamp 22 - 23 Maart en 7 - 8 April by Kyleu op pad na en van Kruger. Wil jou 'n ietwat onredelike vraag vra - dink jy 2 aande is genoeg om Dinokeng retig te "beleef"? Die terugkeerdatums is nie onderhandelbaar nie aangesien ons op 'n sekere datum by die huis terug moet wees en is eintlik maar net 'n oorslaap. Met die soontoe gaan kan ons dit egter langer maak.