Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Pretoria November 2026 Geert -1 hour ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -16 hours ago

Kruger Wildtuin Mei 2018

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is so lus om oor kamp te gesels, veral as die kamp in die Kruger Wildtuin gaan plaasvind. Aangesien die gesels hieroor op Kampforum maar skraps is, het ek gedink dan moet ek maar daarmee begin.  Ek sal so met verloop van tyd vertel van wat vir ons voorlê.

Kyk net hoe pragtig nat en groen lyk die drinkplek by Satara vandag !

.

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 25/04/2018 - 04:51

Oorweeg n dash cam. Dan mis jy geen vinnige aksie nie.

Hy neem heeltyd op en met n vinnige druk van n knoppie kan jy n "still shot" ook neem en so ook die plek merk waar die aksie was.

Hy neem n redelike wye hoek op.

0

Harry, nou het jy 'n ding in my wakker gemaak !  Ek dink elke keer dis die antwoord as ek langpad ry en ek sien die padvarke wat die padreëls totaal ignoreer, maar as ek tuis kom is dit weer vergete.  Selfs in die Wildtuin kan dit sommer baie handig te pas kom.

Kan jy iets aanbeveel  -  nie noodwendig die duurste model wat julle sake-eienaars kan bekostig nie !

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 25/04/2018 - 11:18

Len

Ek soek al lank en dit is volgens my die beste opsie wat nie 'n plaas se prys is nie.  

Ek wil ook weet.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 25/04/2018 - 11:23

Ek het die inligting na 'n nuwe draad geskuif.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 28/04/2018 - 07:38

Dis al wat oorbly Len.   Jou dinge is seker nou alles gereed en agter mekaar.  Wa skoon, voertuig skoon, kos gepak.   Hoe laat ry julle more?   Onthou, ons soek foto's van die vertrek en langs die pad stoppery.   Joe, nou is julle seker lekker opgewonde!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 28/04/2018 - 08:17

Dankie dat julle die opgewondenheid en voorreg om met vakansie Wiltuin toe te kan gaan, saam met my deel.

Die lekkerste afskeid van die huis is die heerlike reën wat ons gehad het.  Gisteraand weer 3mm reën (dus 650 liter water) gehad en my watertenks en die swembad is propvol.  Boonop is die munisipale stopkraan nou al vir 'n week toegedraai en sal vir die volgende maand ook so bly ! Die afgelope week se sarsies reën in totaal hier by ons was omtrent 35mm.

Die meeste dinge is reeds gepak in die wa en die Pathie en net ons klere sal deur die dag ingepak word en dan ook ons vleis in die vrieskassie.  Omdat ons net 500km tot anderkant Beaufort-Wes ry waar ons op 'n gasteplaas gaan oornag, ry ons eers 8vm en sal dan gemaklik om 3nm by ons eerste bestemming wees.  Om 'n bietjie later te ry het ook die voordeel om die verblindende sonsopkoms reg van voor te vermy.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 28/04/2018 - 13:45

Len ek weet mens moet altyd spaarsamig met water werk, waar jy ook al is.  Maar dit sal darem vir julle lekker wees om 'n hele maand lank nie aanhoudend bekommerd te wees en planne te maak oor die water situasie nie.    

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Sat, 28/04/2018 - 19:59

Ek weet nie van julle nie maar die aand voor ek ry kan ek net nie slaap nie .Die opgewondenheid en adrenelien hou mens mos wakker maar moet se as ek eers by my bestemming kom slaap ek n hond uit n bos ( letterlik ) Daar is niks om vroeg in die oggend in die Kruger wakker word en dit voel asof die wereld daar buite nie meer bestaan  Len en familie veilige reis en geniet ons is almal jaloers

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 29/04/2018 - 05:25

Ja, en mens wil eintlik graag 'n lekker slaap inkry voor jy die langpad vat.   Len, ek hoop jy is lekker uitgerus en reg om te ry.   Julle moet mooi ry en veilig bly tot by jul eerste stop.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 29/04/2018 - 10:47

Nou voel ek wragtag oud ek probeer om nie meer as so 350km per dag te ry nie.

Moet darem by se, ons vertrek selde voor so 10 vm, my vroutjie vat maar lank om wakker te word.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 29/04/2018 - 17:23

Nou ja, teen die tyd is Len lekker uit gerus op die gaste plaas,  geniet die res en veilig reis?

Ek sleep ook nie meer as 500 kilometer per dag nie, dan raak my konsentrasie gevaarlik laag, en moegheid gevaarlik hoog, die twee loop mos hand aan hand.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 29/04/2018 - 17:53

Ons is uiteindelik op reis !

Ons spring toe weg uit Brackenfell 45 minute voor skedule, om 07:15  -  dit het nog nooit voorheen gebeur nie !

Ee.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 29/04/2018 - 17:55

Eerste stop vir 'n heerlike ontbyt by Touwsrivier :-

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus