Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Pretoria November 2026 Geert -1 hour ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -16 hours ago

Kruger Wildtuin Mei 2018

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is so lus om oor kamp te gesels, veral as die kamp in die Kruger Wildtuin gaan plaasvind. Aangesien die gesels hieroor op Kampforum maar skraps is, het ek gedink dan moet ek maar daarmee begin.  Ek sal so met verloop van tyd vertel van wat vir ons voorlê.

Kyk net hoe pragtig nat en groen lyk die drinkplek by Satara vandag !

.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/04/2018 - 18:35

Dankie vir die aangebode hulp.  Ek het egter besluit om met Jaco van den Berg by Pta Oos Woonwa Kliniek  uit op Lynnwoodweg te praat. Ek kan Woensdag of Donderdag die wa na hom neem en dan ons kuiers deur die dag doen en daarna die wa weer by hom gaan haal.
Gaan hom vanaand bel.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/04/2018 - 18:41

Ons het gearriveer by Riviera 25km noord van Bloemfontein.

Ek kon ongelukkig nie veel rondloop nie want ek moes ons wa staanmaak voor donker.  Waarmee ek wel gesukkel het, was swak aanwysings na die kampeerterrein.  Die bure (River of Joy) se aanwysings is baie prominent.

Maar, ons is dankbaar vir ons gratis staanplek as prys vir die kompetisie wat ons gewen het.

Môre vertrek ons Pretoria toe.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/04/2018 - 18:47

Wow, dit was darem vrek koud verlede nag by The Vale naby Drie Susters.  Die buite temperatuur was 2 grade en binne-in die karavaan was dit 7 grade.  Maar ai daardie elktriese kombers doen darem die ding in koue winter nagte.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/04/2018 - 19:03

Wat die skokbreker betref, Jaco van den Berg kan my Woensdag help en ek kan die wa die namiddag weer kry !  Probleem so te sê opgelos !

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 30/04/2018 - 19:12

Len, ek het nog net goed van Jaco gehoor, nog nooit self probeer nie, maar almal wat met hom te doen gehad het , praat net met groot lof van hom.?

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/04/2018 - 19:12

Ek is nogal teleurgesteld met die Pathfinder se brandstof verbruik van 17 liter/100km. Was altyd nooit meer as 16 liter/100km nie en die wind het nêrens eers kwaai gewaai nie.  Ek het rekord gehou van kilometers en brandstof ingegooi en sal later 'n deeglike berekening maak.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/04/2018 - 19:15

Die jongste brandsofprys verhoging gaan my net mooi R1000 duurder kos vanaf die Kaap tot by die Kruger Wildtuin en weer terug.

Rof nê ?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 30/04/2018 - 19:22

Len, gebruik jy daai brandstof prys App van Google Play store, dit gee vir jou die verskillende pryse naby aan jou huidige ligging soos per GPS koordinate? 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/04/2018 - 19:50

Gelukkig is die vleis klaar gekoop en in ons vrieskassie gepak  -  vleis eet word dus nie geraak nie.  Dieselfde geld vir bier wat reeds aangekoop is !

0

Ai Len lag nou hier oor die vleis storie laat my dink aan die grap .Lennie die leeu mannetjie ontmoet Elsa die leeu wyfie en haar 2 welpies en saam met hulle sit n groot Buffel met n hout been .Wat is die storie met die Buffel wat hier uithang vra Lennie .Se Elsa Ons het hier op die wal van die Krokkidil rivier geloop en toe val 1 van die welpies in die rivier .Die rivier het sterk gevloei en gou was die welpie stroom af mee gesleur .Gelukkig het die Buffel gesien wat gebeur het en hy spring in die rivier en swem tot by die welpie ,sit hom op sy rug en swem wal se kant toe .Okay se Lennie Wat is die storie van die hout been .Jinne Lennie se Elsa jy eet nie so goeie Buffel met eenslag op nie 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 01/05/2018 - 05:58

Ten spyte van alles Len bly dit lekke om so te toer na jou bestemming,die wiltuin bly lekke en geniet elkke oomblik

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Tue, 01/05/2018 - 08:17

Gaan vanoggend deur van die fotos op my laptop. Besef dat mens fotos eintlik goeie beskrywende name moet gee so gou as moontlik,  anders weet mens nie meer presies waar dit geneem is nie.

Die fotos weet ek nie meer so presies waar in die wildtuin nie. Dink toe om dit op oom Len se Wildtuin draad te sit. As enige iemand kan se waar dit was sal dit lekker wees. Hoop nie oom Len raak kwaai en dink ek kaap (hehehe sien julle dit "kaap") sy draad nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus