Ek lees so tussen die lyne dat daar by sommige mense verwarring bestaan tussen die twee bogemelde konsepte en het dit goed gedink om iets daaroor te sê.
KYC : Anton (dis nou Voorie as ek dit nie mis het nie) ek wil jou gelukwens met jou toepassing van hierdie korporatiewe beginsel. Jy ken beslis jou "customers" - jy verwelkom alle nuwelinge persoonlik, jy groet die hele Kampforum-gemeenskap elke oggend op die Koffie-draad, jy reageer persoonlik op feitlik elke nuwe draad, jy doen moeite om jou Kampforum-maters persoonlik aanhuis of elders te besoek (jy het selfs van my en jou 'n foto hier in ons huis in die Kaap geneem) - jy ken beslis jou "kliënte" sonder om op hulle persoonlike besonderhede hier op die forum aan te dring. Jy reageer feitlik onmiddellik as jou kliënte tegniese voorstelle maak of vrae vra. Dankie, ons het baie om van jou te leer.
FICA : Dit is 'n konsep wat in wetgewing vasgevat is en is van toepassing op finansiële instellings om finansiële bedrog te voorkom. Dus as jy in die eksamen gaan sê jy moet ge-FICA word op jou geselsplatform, dan gaan jy 'n "0%" kry - neem dit nou asseblief ter harte en moet tog nie hierdie fout begaan nie.
Goed, voor iemand my kap, ek weet dis nie kamp-verwant nie, maar dit is tog belangrik.
Len ek stem saam met jou... …
Len ek stem saam met jou... Anton is n meester op KYC.
Wat die Fica aanbetref. Is dit maar tong in die kies gesê...
Baie dankie Len. …
Baie dankie Len.
Eerstens ek stem ten volle saam oor wat jy van ons moderator sê. Hierdie forum is wat dit is as gevolg van sy voorbeeld en sy meelewe met sy lede. Dit is ook hoekom daar binnekort 'n tweede suksesvolle saamtrek gehou gaan word, binne die bestek van een jaar!!
Tweedens, ek is baie bly om te hoor ek hoef nie my inligting op 'n openbare platform te sit, as ek nie wil nie. En ek neem dus aan, as iemand anders dit namens my, sonder my toestemming, doen, mag ek stappe teen so persoon laat neem.
Die FICA storie is Gonnie se…
Die FICA storie is Gonnie se woorde, vir my vertel en dit geskryf ook dat KYC is die selfde as die banke se FICA oor geldwasery??!!
Wys net hoe oningelig hy is, ek het vir hom gelag toe hy dit tellefonies vir my vertel en toe die volgendse ding sien ek hy het dit swart op wit op een van sy drade!?
Eerstens Len ek glo dit is…
Eerstens Len ek glo dit is presies hoe ons almal hier op "Ons Kampforum" voel.
Kan ons nie maar die KYC verafrikaans nie en dit eerder KJKV noem nie ?
Waarvoor sak dit dan staan is seker die vraag. Wel ek dink aan Ken Jou Kamp Vriende.
Ek wou sê "KYK" toe onthou…
Ek wou sê "KYK" toe onthou ek "Jou" word nie met 'n "Y" gespel nie.
Dankie Voorie ![]()
Ek ken darem van KFC?…
Ek ken darem van KFC?
Dankie Len, daar is geen wet ter wêreld wat jou verplig om persoolike inligting op sosiale media toe te voeg nie.
Know Your Customer = by onderhandelings, bv, waar een of meer persone 'n ruil transaksie aangaan met 'n volgende persoon of persone.
Willem ek het jou KJKF ook…
Willem ek het jou KJKF ook so gelees behalwe dat ek "kamp" anders gespel het, die m met 'n k vervang en p verloor.
Lyk tog vir my of dit meer van pas sou wees?
Ek is lisdeksies en is nou…
Ek is lisdeksies en is nou baie lus vir KFC....
Ja Danie ek is ook lus, maar…
Ja Danie ek is ook lus, maar sal maar verder stilbly!
Dankie Danie van my en Petra…
Dankie Danie van my en Petra, stuur asb groete ook vir Elize.





Dankie vir die kompliment…
Dankie vir die kompliment Len