6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -3 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -5 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

Woonwa-kampering instandhouding

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ons het nou lekker vir 'n maand lank met ons karavaan rondgerits en lekker vakansie gehou en nou is dit tyd vir instandhouding van goedjies wat aandag verg.  My lysie lyk so :-

Vloer : In die badkamer en voor die mikrogolf as 'n mens op 'n sekere manier op die vloer trap, voel dit (en jy hoor dit ook) of jy op 'n "bubble" trap en wanneer jy jou voet oplig is die "bubble" weer terug. 'n Mens kan egter geen beweging in die vloer sien nie. Reeds gekyk, beslis nie waterskade of houtvrot nie.  Dit lyk vir my ek moet miskien die vloer van onderaf op dié plekke versterk.  Ek sal graag wil verneem of iemand anders al so 'n probleem ervaar het ?

Hangkas : Ek het gemerk dat die groot hangkas in die middel van die karavaan, se een kant (waarop die watertenk-meter gemonteer is) trek iewat weg van die symuur.  Ek het dit voorheen tydens 'n diens laat regmaak, maar ek merk dat dit weer effens wegtrek. Die geelkoper skroewe wat skuins ingeskroef word om die kasmuur teen die symuur vas te trek, het almal morsaf gebreek.  Hoekom weet ek nie, maar onthou die Exclusive is al 13 jaar oud.

Trekstang ketting : Het iemand dalk raad vir 'n veiligheidsketting wat roes.  Na elke trippie verwyder ek die roes en het al selfs probeer om dit te verf, maar dis maar 'n gemors want die verf gee altyd af aan jou hande.  Het iemand dalk ander raad wat ek kan probeer ?

TV-bekabeling : Ons het glad nie ons DStv in die Wildtuin gebruik nie, maar toe ons by Die Eiland gelê en niksdoen nie, was dit nogal 'n lekker tydverdryf.  Die bekabeling na my skottel het my egter 'n harde tyd gegee.  Ek het 'n permanent-geïnstalleerde kabel in die wat tot voor by my A-raam en vandaar koppel ek 'n kabel tot by die LNB op die skottel. Ek het my vrek gesukkel om 'n deeglike sein te kry totdat ek agtergekom het die koppelings het korosie op (van ons kampery by Hartenbos).  Ek het die korosie skoongemaak en 'n ander spaar kabel wat ek gehad het toe gebruik.  Wat my egter irriteer is die pieperige koppelstukke wat op die punte van die kabels kom  -  hulle trek maklik los en die een pas nie op die ander nie.  Het iemand dalk 'n aanbeveling van beter en standaard koppelstukke wat opmekaar pas en nie maklik loskom van die kabel nie ?

Gasplaat : Met die oog op ons kamp by Balule sonder krag, het ek 'n nuwe 3kg Cadac gasbottel en 'n Alva aanskroef stoofplaat gekoop - ek kon nie 'n Cadac plaatjie kry nie.  By Balule het ek agtergekom die ketel neem 'n ewigheid om te kook en dit blyk toe dat die gasvlammetjie maar power is.  Omdat die gasbottel en plaat splinternuut is, twyfel ek of die sproeiertjie verstop kan wees.  Ek het die sproeiertjie uitgehaal, maar dit verskil heeltemal van die spaar Cadac-sproeiers wat ek ekstra gehad het.  Ek sal maar 'n nuwe Alva sproeiertjie aanskaf en probeer, maar verneem graag of iemand dalk 'n soortgelyke probleem met 'n Alva stoofplaat gehad het ?

Staal staan-skinkborde : Vyf staan staal-skinkborde kamp al 35 jaar saam met ons. Ons was 5 in die gesin toe die kinders nog in die huis was, daarom 5 skinkborde.  Hulle kort nou ernstig om behoorlik geverf te word.  Ek oorweeg om dit te laat "sand blast" en dan te laat epoksie-verf.  Enige beter voorstel ?

Middelburg

Noel

Mon, 04/06/2018 - 13:05

Len, kyk op Kamp & Karavaan Mei tydskrif. Daar is rubiek by klagtes/ raad oor vloer wat so raas. Die verf van die ketting sal nooit permanent mooi bly nie anders om galvanish ketting te vervang. Sterkte met jou instandhouding.

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 04/06/2018 - 13:47

Oom Len ek het die vloer probleem op die Jurgens by die deur waar ons inklim. Hy het op 'n las gebreek, daar gaan ons 10mm x 50mm tubing onder die wa in swys om die vloer te versterk en bo net seël. Ek het die naweek ook agter gekom die vloer onder die 1 bankie wat nog moet terug beweeg 'n bietjie afwaarts as jy daar trap so ek sal kyk om daar ook 'n stuk yster by te sit vir versterking. Ek het 2 blokke getrek waar my probleem is.

vloer

0
Middelburg

Noel

Mon, 04/06/2018 - 14:35

Len, die rubiek het ook dieselfde soos Gerhard genoem het. Iewers onder vloer staalstruktuur het n kraak of by die las van sweiswerk het gekraak ( dry joint ).  Hoop regtig nie vir part nie. Gebruik n skerp lig en ondersoek deeglik onder die karavaan. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 04/06/2018 - 14:47

Len, kom ek probeer.

Vloer 

Ek het ook so iets op die Classique gehad, dit was die "spons" wat tussen die raam en die vloer was wat mee gegee het.

Weet nie op jou model nie.

TV-bekabeling :

Ek het myne 'n redelike lang kabel (±15m) van die Dekodeerder tot by die neus kas gevat waar ek hom oprol, so ek skakel daai ekstra konneksie wat jy het uit.

Ek hoop jy gebruik die DSTV koppelstukke, hulle is nogal stewig.
Image result for dstv cable connecters  Image result for dstv cable connecters

Gasplaat : ...  Ek het die sproeiertjie uitgehaal, maar dit verskil heeltemal van die spaar Cadac-sproeiers wat ek ekstra gehad het.

Ek het gesien dan daar is nou ander soort sproeiers, het ook nie van hulle spaar nie want ek wou Desember Surette se broer ook help maar hy het ook die nuwe een.  Hy het hom vervang en werk weer goed.

Jy kan ook "Koeksoda" gebruik in 'n beker om die sproeiers oornag daarin te los, dit werk mooi.

Staal staan-skinkborde :

Ek sal die pote laat "Galvanise" en die borde sal ek laat "Powder Coat"

0
Nelspruit

Koos Mol

Mon, 04/06/2018 - 15:31

Ek het met 3 van jou items reeds te doene gehad; vloer, hangkas em TV kabelkoppelstukke. Ek dink omdat ons voltyds trek wys probleme gouer as die vakansie trekker. 

VLOER: My wa se vloer het die area voor die hangkas/bed/badkamer ook begin voel asof dit sponserig is. Dis die een area wat die meeste op beweeg word, soggens ons twee saam. Ek dink die vloer "rek" vanwee die baie beweging daarop en die materiaal (90% polistyrene) waarvan dit gemaak is rek bietjie. Ek het sommer 'n 50x76 pine balk onder die voer tussen die twee onderstelbalke vasgesit. Die probleem wasopgelos.

HANGKAS: Die hangkas muur wat teen die buitenste muur vaskom het losgekom, die skroewe het uitgetrek. Inaggenome die samestelling van die wa se symuur wat ook polistyrene binne in het met houtlatte waarin die skroewe veronderstel is om ingeskroef te word, het die skroef maar eintlik swak hegtingsplek. Ons hangkas is 900mm wyd en die hangreling is 900 lank met die klere wat dus oor die dwasrste van die wa heen en weer swaai as jy sleep.  Ek dink die swaai veroorsaak 'n groot uittrekkrag op die muur by die wa se sywand. Ons haal nou ons hangklere uit die kas en plaas dit op die bed wanneer ons sleep. Gelukkig is dit 'n minuut oefening en dus nie 'n groot taak nie.

(Op Yellow Sands het ons na twee weke van staanplek verander en Irene en Elna ry toe in die wa terwyl ek die wa so 300m na die ander plek sleep. Hulle sê dit klink of die wa uitmekaarbreek soos alles beweeg en kraak.)

TV KABELKOPPELSTUKKE: Stem saam met jou oor die irriterende koppelstukke. As jy baie die kabel moet wissel en op en afdraai word 'n man se geduld soms getoets. Ek het al redelik rondgesoek na beter koppelstukke. Naby jou in Kuilsrivier is 'n elektroniese winkel wat van alles het en die man het ook rondgevra, Ellies en Space TV ook probeer. Net 2 op die mark die opskroef en die opskuif tipes. Die opskroef (F-Connectors) kom met 'n breë of smal kop. Met die baie op en afdraai maak die smal kop jou vingers rou, ek het myne almal met die breëkop vervang hulle is meer genadig op my vingers. Voor by die Smart LNB het ek twee kort kabels permanent vasgesit met F-Connector en 'n F-Connector aan die lospunt wat dan met die kabel vanaf die TV koppel, een by die Uni prop om te gebruik as ek die sein soek en een op die SatCR prop wat ek dan na ek sein gekry het op koppel met die kabel vanaf die TV. Ek het gevind dat dit makliker is om twee los kabels aanmekaar te skroef as om die kabel aan die LNB te skroef, ook minder kans dat jou kabel agter uit die F-Connector uittrek.

Hoop jy is suksesvol met al jou onderhoudswerk. Groete.

 

 

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 04/06/2018 - 15:34

Jammer ek sien nou ek het gesê nie. My probleem is die die hout vloer wat op 'n las gebreek het. Daar is 'n stukkie hout by die deur aan gelas op vloer om tot by voorpunt van die deur te kom. Die staal onder die vloer makeer niks, ons gaan wel ekstra staal stutte by sit om die vloer se hout te versterk. Wat die artikel noem, dink ek, is presies wat Oom Willem verduidelik van die spons wat mee gegee het. Oom Len se vloer kan mee gee weens die spons ook. 

Sterkte Oom Len met die instandhouding.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 04/06/2018 - 18:49

Dankie vir die reaksie en raad tot dusver.

Vloer : Die twee plekke wat probleme gee is juis daar waar die meeste verkeer is, in die badkamer voor die toilet en in die gangetjie net voor die kombuisie.  Sodra die weer 'n bietjie warmer is (hopelik in die week) sal ek onderin spring en kyk waar ek 'n versterking kan aanbring. (In Pretoria het Pretoria-Oos Woonwa-kliniek gesê die karavaan vloerplanke skuif inmekaar (amper soos knotty pine plafonne) en dit gebeur soms na 'n lang tydperk van gebruik dat die voeg-lippie kraak.  Daar was ongelukkig nie genoeg tyd om daaraan aandag te gee nie).

Hangkas :   Ek gaan die ou afgebreekte skroewe net daar los en 'n aluminium hoekyster van bo tot onder aan die binnekant van die kas aanbring en dit dan op 'n hele paar plekke teen die symuur vasskroef. Koos, ek dink jou vermoede dat die swaaiende klere in die hangkas die probleem veroorsaak, is dalk in die kol want ons sleep meestal langpad.  Dankie vir die raad.

TV kabel koppelstukke : Willem, ek gebruik wel die koppelstukke soos in jou foto, maar ek was nie eers daarvan bewus dat jy twee tipes kry soos in Koos se foto nie.  Ek het ook nou agtergekom my verlengkabel is dikker as die ander kabel en hierdie dikker kabel trek aanmekaar uit die koppelstuk uit.  Ek gaan 'n bietjie meer deeglik aan hierdie verskillende tipes aandag gee.

Geroeste ketting : Ek gaan maar Noel se voorstel volg en die ketting laat galvaniseer want dit behoort die probleem permanent op te los.

Alva gasplaat : Ek was vandag by 'n gashandelaar wat die gasplaat getoets het en daar is bevind dat die sproeiertjie foutief is.  Dis vervang en die probleem is opgelos.

Staal skinkborde : Willem dankie, ek sal die skinkborde dan maar eerder laat "powder coat".  Ek wonder wat is die verskil tussen "powder coating" en epoksie-verf ?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 04/06/2018 - 18:58

Len, Die "Geroeste Ketting" is hy vas geboud of gesweis ?

Volgens my word die poeier op die staal gespuit en dan gebak "powder coat".

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 04/06/2018 - 19:36

Willem, die ketting is vasgebout.  Toe ek die wa destyds gekoop het, het Tuinroete Woonwaens die ketting kom monteer by ons kampplek in ATKV Hartenbos.

0

I'll start this at a different point... (See pic below, of my bush trailer)

The safety chain should be crossed over under the coupling and then put over the ball.

If the coupling comes adrift, (which has happened to me when I did not seat the coupling over the ball,.... We all make mistakes) then the coupling will "nest"on the top of the chain, and  not drop down and: -

1) Damage the back of the vehicle when you brake because of over-run

2) Swing from side to side because the coupling is now an articulated coupling

the chain will pull tight round the neck of the ball and not come off in the event of the coupling lifting upwards if you go over a bump... ( You should only have +- 80 - 100Kg nose weight..

Right, having said that, in the interests of cost saving non of the caravans have a chain that is long enough to do that....

So here is what I would do.

Replace the chain. But obviously use a piece of RATED chain... Not a piece of chain that you get from your local builder's hardware....

If it is welded, cut the existing chain off, and replace it with a chain of sufficient length to get the cross over and link it to the last 2 links welded to the A frame with BOW SHACKLES of the appropriate size and put a safety wire through the pin to stop it from rotating out.

If it is bolted, just replace it with ONE bow shackle....

Then when the chain get's tatty / rusty, and it bugs you, just replace it with a new one...

No paint / powder coating is going to stick on the chain.....

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 05/06/2018 - 21:49

Hi oom Len, vir die die dstv connectors kan ook kyk na bnc connectors.

Search op google vir  BNC coaxial connectors. Hul werk baie lekker in die sin dat mens nie so al in die rondte moet draai nie, wat dan ook die kabel heg op die koppelstuk verrineweer.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Wed, 06/06/2018 - 08:21

Hi oom Wilsur, dit is maklik, oom sal sien as oom hul eers in oom se hande houvas. 

Daar is verskillende tipe maniere om te heg aan die agterkant, afhangende van model tot model. `n Mens kan dalk kyk vir `n model waar mens die draad kan vas soldeer daar agter wat nog beter sal wees.

As oom dalk praat van hoe om dit op die dekodeerder vas te kry. daar is F-Type na BNC convertertjies.

 

0
Centurion

Dusty

Wed, 06/06/2018 - 09:42

Willem, daar is 'n tang in die handel waarmee jy dit ook kan vaskrimp. Sal probeer onthou dan neem ek vanaand vir jou 'n foto van die tang. Dir is vir die tipe soos in jou foto

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 06/06/2018 - 10:04

Wow, dankie vir al hierdie raad  -  hiermee gaan ek al my DStv kabel-probleme oplos !

(Toe ek tik, wonder ek of raad met 'n "d" of 'n "t" gespel word.  Ek het 'n bietjie nageslaan : as raad advies bedoel, dan is dit met "n "d".  As dit 'n middel is (boere-raat) dan is dit 'n "t")

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 06/06/2018 - 10:36

Dankie Stoffel, het nie geweet jy kry so een nie.

Wonder of jy die een ook kan "krimp" ?

Image result for dstv cable connecters

Len, dankie vir die Afrikaanse raad.

0
Middelburg

Noel

Wed, 06/06/2018 - 10:44

Willem , ek glo jy kan krimp met die krimper tang soos die foto. Lug of farrel is baie harder as die tv konnekter. Jammer ek is ver van jou af en sal my tang vir jou geleen

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 06/06/2018 - 18:14

Verkeerde draad - ek het uitgevee.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus