Ons het nou lekker vir 'n maand lank met ons karavaan rondgerits en lekker vakansie gehou en nou is dit tyd vir instandhouding van goedjies wat aandag verg. My lysie lyk so :-
Vloer : In die badkamer en voor die mikrogolf as 'n mens op 'n sekere manier op die vloer trap, voel dit (en jy hoor dit ook) of jy op 'n "bubble" trap en wanneer jy jou voet oplig is die "bubble" weer terug. 'n Mens kan egter geen beweging in die vloer sien nie. Reeds gekyk, beslis nie waterskade of houtvrot nie. Dit lyk vir my ek moet miskien die vloer van onderaf op dié plekke versterk. Ek sal graag wil verneem of iemand anders al so 'n probleem ervaar het ?
Hangkas : Ek het gemerk dat die groot hangkas in die middel van die karavaan, se een kant (waarop die watertenk-meter gemonteer is) trek iewat weg van die symuur. Ek het dit voorheen tydens 'n diens laat regmaak, maar ek merk dat dit weer effens wegtrek. Die geelkoper skroewe wat skuins ingeskroef word om die kasmuur teen die symuur vas te trek, het almal morsaf gebreek. Hoekom weet ek nie, maar onthou die Exclusive is al 13 jaar oud.
Trekstang ketting : Het iemand dalk raad vir 'n veiligheidsketting wat roes. Na elke trippie verwyder ek die roes en het al selfs probeer om dit te verf, maar dis maar 'n gemors want die verf gee altyd af aan jou hande. Het iemand dalk ander raad wat ek kan probeer ?
TV-bekabeling : Ons het glad nie ons DStv in die Wildtuin gebruik nie, maar toe ons by Die Eiland gelê en niksdoen nie, was dit nogal 'n lekker tydverdryf. Die bekabeling na my skottel het my egter 'n harde tyd gegee. Ek het 'n permanent-geïnstalleerde kabel in die wat tot voor by my A-raam en vandaar koppel ek 'n kabel tot by die LNB op die skottel. Ek het my vrek gesukkel om 'n deeglike sein te kry totdat ek agtergekom het die koppelings het korosie op (van ons kampery by Hartenbos). Ek het die korosie skoongemaak en 'n ander spaar kabel wat ek gehad het toe gebruik. Wat my egter irriteer is die pieperige koppelstukke wat op die punte van die kabels kom - hulle trek maklik los en die een pas nie op die ander nie. Het iemand dalk 'n aanbeveling van beter en standaard koppelstukke wat opmekaar pas en nie maklik loskom van die kabel nie ?
Gasplaat : Met die oog op ons kamp by Balule sonder krag, het ek 'n nuwe 3kg Cadac gasbottel en 'n Alva aanskroef stoofplaat gekoop - ek kon nie 'n Cadac plaatjie kry nie. By Balule het ek agtergekom die ketel neem 'n ewigheid om te kook en dit blyk toe dat die gasvlammetjie maar power is. Omdat die gasbottel en plaat splinternuut is, twyfel ek of die sproeiertjie verstop kan wees. Ek het die sproeiertjie uitgehaal, maar dit verskil heeltemal van die spaar Cadac-sproeiers wat ek ekstra gehad het. Ek sal maar 'n nuwe Alva sproeiertjie aanskaf en probeer, maar verneem graag of iemand dalk 'n soortgelyke probleem met 'n Alva stoofplaat gehad het ?
Staal staan-skinkborde : Vyf staan staal-skinkborde kamp al 35 jaar saam met ons. Ons was 5 in die gesin toe die kinders nog in die huis was, daarom 5 skinkborde. Hulle kort nou ernstig om behoorlik geverf te word. Ek oorweeg om dit te laat "sand blast" en dan te laat epoksie-verf. Enige beter voorstel ?
Rearview camera
Willem, daai link werk nie meer nie, die pryse lyk ook te goed om waar te wees? Daai horsebox ene sal wonderlik wees as ek perde na skoue toe sleep!
So het ander vir my gesê,…
So het ander vir my gesê, daarom het ek die foto's gelaai.
Miskien moet jy hom bel en hoor van sy prys.
Sal kyk as ek kans het om te gaan kyk.





Ek gaan dié inligting somer…
Ek gaan dié inligting somer hier plaas as iemand sou belangstel, het dit nou op fb gesien en die prys lyk baie goed. Hulle het ook 'n Solar "kit"
Klik net op die skakel hier onder.
Rear View Camera
Ek hoor ander sukkel met die skakel. Hier is screen shots.