Eersten wil ek vir almal baie dankie sê vir die omgee en die belangstelling. Dit word opreg wardeer.
Het vanmiddag n mri scan gehad wat nuwe inligting en n verandering in die behandeling teweeg bring. Die simptome bly die selfde as die van n beroerte maar dit word van elders veroorsaak.
Omtrent al die nekwerwels het vergroeisels en vernouings wat dievsenuwees vasknyp wat die verlaming in die gesig en aan die regterkant veroorsaak..
Hulle wou my vanaand inboek in die hospitaal maar ek moet eers gou n paar goed reel.
Sien môrebdie neurosurg. Ek weet van harte maar van nekke weet ek niks sal maar more hoor.
Ek is bietjie verlig dat dit nie n beroerte was nie maar is vrek bang vir n nek op.
Sal as ek kan julle op hoogte hou.
Deon die nuus klink vir my…
Deon die nuus klink vir my ook baie positief. Ek dink daagliks aan jou. Sterkte met die nek ![]()
![]()
Ek het geen pyn in die nek…
Ek het geen pyn in die nek nie. Sou nooit kon dink dat mens se nek so iets kan maak nie. Al wat ek van nekke af weet is .....
As n man vrou vat is hy die hoof van die huis. Sy is die nek.Sy draai hom net waar sy wil.
En natuurlik hoe om 'n…
En natuurlik hoe om 'n lekker varknek gaar te maak?![]()
Dankie vir die nuus…
Dankie vir die nuus.
Hou oms op hoogte.
Moet nie dat Hel 1 op jou kop sit nie. ![]()
Sterkte vir more.
Dankie vir die op datering…
Dankie vir die op datering Deon, bly dit was toe nie geroete nie.
Steeds, jy sal moet werk maak van die oorsaak, sterkte en ons dink aan jou.
Deon, nek operasie is nie so…
Deon, nek operasie is nie so groot storie nie. Dit is net die ses weke se nekstut draery. Het self al twee gehad. Die seerste is die been wat in jou heup verwyder word. my nekwerwels is van nr 2 tot nr 7 gefuse. Daar was ook senuwee wat vas gedruk was en het vir my hoofpyn veroorsaak.
Eerste operasie was 4 en 5 vas gemaak. 2 dae in hospitaal. Tweede operasie weer die res en 4 dae in hospitaal.
Sterkte met alles. Nou gaan jy ook 'n man van staal word
Indien jy enige vrae/bekommernis her, vra maar gerus. Glo dat ek dit sal kan be-antwoord.
Wat vir my die ergste was…
Wat vir my die ergste was met die tweede operasie was die goete wat hulle om my bene gesit het om bloedklonte te verhoed, nie dat ek geneig was tot bloedklonte nie. Dit het my erg ge-iriteer.
Baie sterkte en mag jy…
Baie sterkte en mag jy tenvolle herstel.
Dankie Stoffel. Dit laat my…
Dankie Stoffel. Dit laat my klaar beter voel. Ek sal eers vandag hoor hoeveel hy nodig het vir daai mooi nuwe 4x4 wat hy gesien het. Dit sal seker bepaal wat hy als gaan doen. ![]()
Deon, is bly as dit jou laat…
Deon, is bly as dit jou laat beter voel. Met my eerste operasie het ek geen pyn pille gebruik nie en bitter min met die tweede. Dit is net ongerieflik vir die eerste week. Vir 6 maande niks swaar optel nie
Vir 6 maande niks swaar…
Vir 6 maande niks swaar optel nie
en dit sluit seker geen kamp in nie? ![]()
Ekself het nek operasie…
Ekself het nek operasie gehad en dit is nie so erg. Ek het inteendeel 2 maande na dit weer begin motorfiets ry wat ook baie gehelp het met die herstel.
Deon dit sal
Dit sal net beter gaan Deon sterkte en hou ons op hoogte een vannie dae is daai nek weer 100%
Deon jy sal nou tweekeer…
Deon jy sal nou tweekeer moet dink om vinnig om te kyk vir daai mooi meisie wat by jou verby loop. ![]()
Sterkte ou maat.
Anton ek tel nooit swaar…
Anton ek tel nooit swaar goed op nie... Ek vat altyd vir Hel1 saam as ek wil gaan piepie![]()
Kamp sal ons kamp.... Hel1 het n EB so sy mag sleep. Ek sal dan ook maar by die mense aansluit wat hulpvra vir tent opslaan... of maak soos oom Arie. n stoel onder die boom laat sit sodat ek kan kyk hoe Hel1 die kamp maak...
Deon jy sal nou tweekeer…
Deon jy sal nou tweekeer moet dink om vinnig om te kyk vir daai mooi meisie wat by jou verby loop.
en skielik gaan daar n lig aan oor waar die nek se ding beging het
Segie, ten minste weet jy…
Segie, ten minste weet jy nou wat verkeerd is. Nou moet dit reggemaak word, come low or high water! Gelukkig kan hul deesdae omtrent alles suksesvol doen. Al is ons soms geneig om te dink dokters wil net geld maak, kom mens ook meer agter hulle sal tog vir jou sê as hulle dink die operasie kan gevaarlik wees of dalk nie goed afloop nie. So, ek glo die dokter sal vooraf vir jou kan gerusstel oor die prosedure en oor wat jy daarna kan verwag. Dit is nou seker nie iets om na uit te sien nie, maar jy moet sterk staan en druk deur. Sterkte met alles, my maat.
My nek het begin styf voel en ek doen al vir geruime tyd nek oefeninge. Dit help definitief. Ek wil vir julle sê, in die begin het dit geklink soos "rice crispies", soos dit "snack, crackle & pop" in my nek.![]()
Dankie Freda maar die ding…
Dankie Freda maar die ding is my nek het nooit styf gevoel of was nooit seer nie.
Ek vertrou die dokters gewoonlik as ek wakker is
en spot sommer oor die 4 x 4...
Dalk moet ek by WW gaan kuier en PRO LONG probeer kry ![]()





Oom Seg, baie sterkte, so…
Oom Seg, baie sterkte, so iets vang mens darem uit die bloute. Eendag nog reg, dan ewe skielik.
Soos wat ek by mense gesien het kan so n episode partykeer voordelig wees in die sin dat mens nou weet wat aangaan en die situasie nou kan bestuur en sodoende dekades se lewe en kwaliteit kan byvoeg as wat dit mens nou net daai eenkeer heeltemal onkant vang.