Eersten wil ek vir almal baie dankie sê vir die omgee en die belangstelling. Dit word opreg wardeer.
Het vanmiddag n mri scan gehad wat nuwe inligting en n verandering in die behandeling teweeg bring. Die simptome bly die selfde as die van n beroerte maar dit word van elders veroorsaak.
Omtrent al die nekwerwels het vergroeisels en vernouings wat dievsenuwees vasknyp wat die verlaming in die gesig en aan die regterkant veroorsaak..
Hulle wou my vanaand inboek in die hospitaal maar ek moet eers gou n paar goed reel.
Sien môrebdie neurosurg. Ek weet van harte maar van nekke weet ek niks sal maar more hoor.
Ek is bietjie verlig dat dit nie n beroerte was nie maar is vrek bang vir n nek op.
Sal as ek kan julle op hoogte hou.
Mens rus nie in hospitaal…
Mens rus nie in hospitaal nie. Dit gaan mal en woes. Baie sterkte Deon !!
En hier is die vampire ook…
En hier is die vampire ook alweer.....
Sterkte en Geduld word jou…
Sterkte en Geduld word jou toegewens.
Wel so tussen die vampiere…
Wel so tussen die vampiere en die donkerte deur, klink dit of dit goed gaan.
Dalk is dit net 'n senuwee wat iewers vasdruk. Solank dit nie ons klomp is wat op jou senuwees werk nie.
Dis beter dat al die toetse en goeters in die hospitaal gedoen word. Dit is nou as jy 'n mediese fonds het wat soos myne werk. In die hospitaal gaan dit van hospitaal voordeel af, buite die hospitaal van daaglikse voordeel, wat beperk is en sommer gou opgebruik raak.
Sterkte, Segie, hoop hulle bereik iets met al die bloed wat hulle van jou trek.
Ai Segie, bly hulle het…
Ai Segie, bly hulle het darem 'n brein gevind, by my het hulle heeldag gesoek en niks gevind.
hoor toe nou agter na antie Frieda moes daar gewees het, sy weet presies waar my brein sit, blykbaar effens noord van waar Petra gereken het my brein is?
Sterkte Deon, ja swaer, is…
Sterkte Deon, ja swaer, is swaar swaer, om so 'n naweek in die hospitaal deur te bring, huh uh, nee dankie.
Sterk staan Deon
Deon sterkte daar binne kort slaan jy daai tent penne weer in
Seeg, lê jy nog pens en…
Seeg, lê jy nog pens en pootjies in die hospitaal? Dis mos naweek, ek hoop darem jy is al by die huis.
Freda ja het gister aand…
Freda ja het gister aand gedog vandag gaan ek huis toe... Dr.#7 het egter ander planne. Hy wil vandag aan sy bank sake werk.
Hoop om more te kan gaan anders loop ek weg..... Weet tog nog nie wat fout is nie... Elke Dr. Het sy eie diagnose. Gaan vandag eers weer vir toetse by die kardioloog.
Is sulke rooi kolle gebrand van die pleisters.
Nou hoe voel jy nou, Segie? …
Nou hoe voel jy nou, Segie? Is die lammigheid nog dieselfde?
Freda ja. Sal nou nog nie…
Freda ja. Sal nou nog nie waag om n dop in die regterhand te hou nie.
Deon sterkte daar waar jy…
Deon sterkte daar waar jy nou is. Rus maar terwyl jy kan
Ek verstaan wat jy sê van vashou. Ek kan onthou wanneer ek iets vas gehou het en my hand op n sekere manier draai het die item in my hand net geval. Geen beheer oor my hand in n sekere posisie gehad nie.
Stetkte Deon, maak die Drs…
Stetkte Deon, maak die Drs nou klaar ryk, en gaan huis toe.
Deon sterkte
Sterkte ek hoop ook die DR kom na n punt toe ons weet binne kort is jy op en aan die gang
More oom Seg, moenie worry,…
More oom Seg, moenie worry, die gesie sal bietjie n paar woorde met daai vampires gaan hê, hulle is heeltemal te gulsig.
Sterkte daar ???☺☺☺
Daai is darem 'n klomp drade…
Daai is darem 'n klomp drade wat na jou kop toe loop ? Gaan hulle jou kop skoonmaak en "re-format" ?
Sterkte en gebruik die tyd om te rus. Ek rus gewoonlik lekker in die hospitaal.
Ag shame, Segie, hoe jammer…
Ag shame, Segie, hoe jammer kry ek jou nou! Jy lyk maar lekker fed-up met die spulletjie. Lyk soos kragdrade wat daar onder jou kop inloop, hulle moet jou net nie skok nie!
Dis maar beter om daar te bly tot hul tevrede is al die toetse is gedoen. Anders jy moet jy weer van die huis af op en af ry. Kan jy darem eet en hoe is hulle kos?






Ai waar is die goeie ou dae ?
Ai waar is die goeie ou dae ?