Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -5 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

tent dak bemors

Florauna, Pretoria
Profile picture for user chris dupreez
Submitted by chris dupreez on
Forums

Hallo almal, ons het nou twee weke by Salt Rock gekamp en my tent se dak is bemors met ons vlieende vriende se stront. Wat is die veiligste manier om dit te was.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 19/06/2018 - 16:58

Chris, ons tent was van hoek tot kant bemors na 'n kamp by Forever Plett.  Veral deur vlermuise.  Ons het dit net gelos, en toe dit heeltemal droog is van bak in die son, het dit self afgeval of afgedop.   Toe los dit 'n dowwe kolletjie, wat ook verdwyn het na een of twee reënbuie.   Dit hang seker af watse tipe mis dit is, maar ons s'n het skoon gekom sonder dat ons dit moes was.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 19/06/2018 - 16:58

Chris

My tent dak was ook vol voëltjie dinges. Die kante was ook sleg gevlek met die rooigrond waar ons gestaan het het die reën die modder vreeslik laat spat teen die kante.

Ek het die tent opgehang oor `n lyn wat ek gespan het en het dit afgespuit met `n Wap.

Almal het gesê ek is mal die ding gaan lek soos `n sif maar toe nie. Ek het die tent so mooi skoon gekry dit het amper nuut gelyk. Ek het wel 5 liter NuSeal gekoop om op te spuit maar het besluit om dit te doen sou die tent lek. Ek het al talle male weer in die reën gestaan en nog steeds geen lekke nie.

Daar is `n Hugo Knoetse wat tente skoonmaak. Hy is `n oud kollega en dit is presies soos hy dit doen maar teen `n fooi van R1500 plus.

Groetnis

  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus