Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -23 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 day ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Karevaan battery

Durbanville
Submitted by Erik on
Forums

Ek het onlangs 'n Gysey Regal karevaan gekoop, maar sy battery is moeg. Ek kry ook die idee dat die krageenheid in die karevaan nie 'n sogenaamde intelligente laaier is nie. Kan 'n mens die battery weglaat en net die drade wat aan die battery koppel isoleer? 'n Mens staan tog maar meestal op krag staanplekke, en al wat van 12V afwerk is die binne ligte. Dit lyk nie asof die battery lank gaan hou nie veral as die woonwa nie gebruik word nie. Enige ander nadele?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 02/07/2018 - 14:36

Erik, goeie dag en welkom aan die gesêls kant van die groep?

Jy behoort nie probleme te hê as jy die batery kabels of behoorlik isolleer, of heeltemal te verwyder nie.

Ek sou egter voorstel dat jy die batery laaier ook ontkoppel deur die sekering te trek, of die toevoer vanaf 220V te ontkoppel?

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 03/07/2018 - 07:34

Welkom ek glo jy sal reg kom haal alles af soos jy self se maar as jy erens wil staan waar nie krag is nie sort maar jou battery stelsel uit Sterkte

0
Pretoria

leeu

Tue, 03/07/2018 - 07:44

Erik, dis nogal 'n goeie vraag. Dis 'n goeie maar ook 'n slegte ding dat 'n karavaan 'n battery in het.

Die tweedehanse wa wat ek onlangs gekoop het, het 220V ligte in. Die vorige eienaar het dit ekstra ingesit, maar ek hou nie daarvan nie, want dis nie standaard nie. Ek besluit nog of ek dit so gaan hou, want ek kan nou my battery by die huis los.

Ek weet hier is baie, en ook op ander forums persone wat reken hulle laaiers werk 100%. Ek wil dit nog sien, die Hercules of wat ookal laaiers is nie "slim" laaiers nie en stuur nie pulse deur om die battery te "maintain" nie. Enige battery, het net 'n paar siklusse van laai en ontlaai, dan moet jy hom vervang. 'n battery wil werk en om hom heeltyd op die laaier te hou is nie goed nie.

0

Ja, ek wil die battery heeltemal verwyder. Daar is 'n Hercules 10 stelsel in met aardlek en kragonderbrekers vir 220V asook 'n 12 V uitset met smeltdrade in vir die ligte. Ek glo nie die Hercules is 'n intelligente laaier nie en om sonder krag te kamp is nie 'n opsie nie, want dan werk die yskas nie. 

0
Middelburg

Noel

Tue, 03/07/2018 - 09:28

My beste raad aan Erik. Probeer die battery te behou vir ligte. Yskas kan teminste 24 uur lank koud bly sonder krag en probeer minder yskas deure oopmaak. Dit is baie min selde dat karavaan park se krag meer as 12 ure af is. Gaan na groot elektriese handelaars en koop 12V Lavato Batterylaaier. Lavato batterylaaiers word meestal gebruik vir krag opwekkers en is trickle charger. Die batterylaaier gebruik net 4 drade om te koppel, 2 drade vir Life en Neutral en ander 2 drade vir Positive en Negative van die battery. 

0
Pretoria

leeu

Wed, 04/07/2018 - 10:36

Gelukkig werk my yskas met gas ook. Ek sal nie die battery heeltmal wil uitskakel nie. Dis soos Noel noem hierbo, dit gebeur nie elke dag dat die krag vir lang tye af is nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus