Ek het onlangs 'n Gysey Regal karevaan gekoop, maar sy battery is moeg. Ek kry ook die idee dat die krageenheid in die karevaan nie 'n sogenaamde intelligente laaier is nie. Kan 'n mens die battery weglaat en net die drade wat aan die battery koppel isoleer? 'n Mens staan tog maar meestal op krag staanplekke, en al wat van 12V afwerk is die binne ligte. Dit lyk nie asof die battery lank gaan hou nie veral as die woonwa nie gebruik word nie. Enige ander nadele?
Erik, goeie dag en welkom…
Erik, goeie dag en welkom aan die gesêls kant van die groep?
Jy behoort nie probleme te hê as jy die batery kabels of behoorlik isolleer, of heeltemal te verwyder nie.
Ek sou egter voorstel dat jy die batery laaier ook ontkoppel deur die sekering te trek, of die toevoer vanaf 220V te ontkoppel?
Erik, dis nogal 'n goeie…
Erik, dis nogal 'n goeie vraag. Dis 'n goeie maar ook 'n slegte ding dat 'n karavaan 'n battery in het.
Die tweedehanse wa wat ek onlangs gekoop het, het 220V ligte in. Die vorige eienaar het dit ekstra ingesit, maar ek hou nie daarvan nie, want dis nie standaard nie. Ek besluit nog of ek dit so gaan hou, want ek kan nou my battery by die huis los.
Ek weet hier is baie, en ook op ander forums persone wat reken hulle laaiers werk 100%. Ek wil dit nog sien, die Hercules of wat ookal laaiers is nie "slim" laaiers nie en stuur nie pulse deur om die battery te "maintain" nie. Enige battery, het net 'n paar siklusse van laai en ontlaai, dan moet jy hom vervang. 'n battery wil werk en om hom heeltyd op die laaier te hou is nie goed nie.
Ja, ek wil die battery…
Ja, ek wil die battery heeltemal verwyder. Daar is 'n Hercules 10 stelsel in met aardlek en kragonderbrekers vir 220V asook 'n 12 V uitset met smeltdrade in vir die ligte. Ek glo nie die Hercules is 'n intelligente laaier nie en om sonder krag te kamp is nie 'n opsie nie, want dan werk die yskas nie.
Dis 'n Hercules 10 stelsel…
Dis 'n Hercules 10 stelsel wat 220V uitsit en beskerm sowel as 12V. Die laaier is 'n integrade deel van die opset.
Kamp met die woonwa sonder…
Kamp met die woonwa sonder 220V is nie 'n opsie nie, aangesien die yskas dan nie werk nie.
My beste raad aan Erik…
My beste raad aan Erik. Probeer die battery te behou vir ligte. Yskas kan teminste 24 uur lank koud bly sonder krag en probeer minder yskas deure oopmaak. Dit is baie min selde dat karavaan park se krag meer as 12 ure af is. Gaan na groot elektriese handelaars en koop 12V Lavato Batterylaaier. Lavato batterylaaiers word meestal gebruik vir krag opwekkers en is trickle charger. Die batterylaaier gebruik net 4 drade om te koppel, 2 drade vir Life en Neutral en ander 2 drade vir Positive en Negative van die battery.
Gelukkig werk my yskas met…
Gelukkig werk my yskas met gas ook. Ek sal nie die battery heeltmal wil uitskakel nie. Dis soos Noel noem hierbo, dit gebeur nie elke dag dat die krag vir lang tye af is nie.





Middag Erik, ek hoop dit…
Middag Erik, ek hoop dit gaan goed?
Wil jy sommer die battery heeltemaal afhaal en sonder hom gaan?
Ek hoop jy kry raad