gisteraand is Petra en ek en nog twee ander paartjies genooi na een van die aandeelhouers in Moreson se huis vir 'n afskeid braai. Hulle het lekker steak, pap, sous, potbrood en 'n heerlike slaai voorsien, ons moes net ons eie drinkgoed voorsien. Baie lekker gewees, die weer het saamgespeel en kon ons tot laat om die bosveld TV kuier.
Desiree, een van ons kamp maaitjies was 'n Matrone gewees, sy vertel ons toe van toe sy nog 'n "Nursie" was in die sestigs.
Sy en 'n verpleegster wat saam met haar werk, Verpleegster Briel, familie van die sanger, moes 'n omie "prep" vir 'n operasie. Vertel hom toe hy moet alles uitrek en daai simpel wit jassie, daai wat jy so agter jou moet vasknoop, aantrek. Dessi gaan kyk toe of alles reg is, sy voel so agterlangs en voel toe die oom het nog sy onderbroek aan. Sy verduidelik toe dat hy ALLES MOET uitrek, onder groot protes stem hy toe in. Hulle is uit en hy roep dat hy nou reg is, Dessi voel weer hy agter en sy voel net kaal boude, so hulle stoot hom toe teater toe.
Kort rukkie later laat roep die sjirurg hulle, sit maskertjies op en gaan die teater in. Daar le die oom, aan die slaap van die narkose, maar hy het al sy gereedskap in 'n lee "Horse Shoe" tabak sakkie ingedruk!! Daar le hy amper poedel kaal op sy rug met sy juwele in die sakkie ingeprop.
Dr wil toe weet, nou hoe het julle nou die oom geprep?? Nou ja dit is toe wat die oom se bynaam onder die hospitaal personeel 'Oom Sakkie" geword het.
Net vir die jongeres en die nie rokers, Horse Shoe was 'n gewilde [vrek sterk] pyp tabak, dit het gekom in so kleinerige [250 gram] linne sakkie met 'n "draw string" bo om dit toe te maak.
Ons was een jaar onder in…
Ons was een jaar onder in die Kaap en besluit om die dag Clifton toe te gaan om ook maar te kan sê ons was daar. Met die kom daar so ouerige ou uit die see, jy kan sien dat hy in die sons boer want sy vel lyk soos leer gebrand.
Merk toe so van die kant hy het geen klere aan vir daai koue water nie, toe merk ek die sakkie wat lyk soos 'n tabak sakkie. Was nogals 'n lekker lagwekkende gesig om te aanskou.
Ek weet nie wat om te sê nie…
Ek weet nie wat om te sê nie, my verbeelding werk oortyd! ![]()
Gewonder..
Altyd gewonder waar kom die naam "twaksak" vandaan. Saam met Voorie se verbeelding gaan ons ver kom, maar gaan sukkel om terug tekom. ![]()
Gelapte Skag, dan kry mens…
Gelapte Skag, dan kry mens natuurlik ook nog 'n "Papsak" dit kan 'n ou se verbeelding nog verder laat dwaal?
Die papsak..
Die ware "papsak" kry jy mos in die Kaap, elke rugby kaartjie vir WP wat jy koop kry jy mos 'n papsak ook saam vir die dag se verversings of het ek dit verkeerd. ![]()
![]()





Ek onthou presies hoe my pa…
Ek onthou presies hoe my pa se pap sakkies gelyk het. Kan glo dat dit nogal goed gewerk het vir die "family jewels". Ek hoop hulle het die sakkie teruggesit voordat hy wakker geword het na die narkose. Laat hy maar dink sy goedjies was die heel tyd veilig.
Dankie Arie, ek het nou lekker gelag.