Ek het hierdie raakgeslees op afrikaanseforum.co.za
*geleen van 'n kunstenares vriendin Maree.
-deur Meraai
Bergpatat help met gewigsverlies omdat dit die metabolisme stabiliseer.
Bitterbos help om die lewer te ontgif en kan met sukses gebruik word vir mense wat lewerkanker, hepatitis en lewerkwale het.
Dasbos en Balderjan help om nn verkoue uit te sweet.
Dasbos en Karmedip help met blaasontsteking en ander blaasprobleme, asook prostaatprobleme aangesien dit verseker dat die blaas behoorlik geledig word.
Dasbos en Klipgruis ontgif die liggaam en help met nierprobleme omdat dit die waterbalans in die liggaam reguleer.
Dasbos en Renostertop versterk die longe in pasiënte met tuberkulose (TB).
Dawidjie-wortel help met die geheue.
Dermpoeier bestaan uit 14 verskillende soorte wortels wat op ‘n maalklip gemaal word en help met toestande soos spastiese dikderm, geïrriteerde dermsindroom, maagsere en hardlywigheid.
Gifbolblare versnel die genesing van wonde en bedsere.
Grashout verlig winde op die maag.
Kalmoes help mense wat wil ophou rook deur rooklus meer hanteerbaar te maak.
Kaneelbol stabiliseer bloedkondisies soos bloedduk, bloedsomloopprobleme en spatare, en cholesterol.
Kankerbossie en Karmedip verlig die simptome van blaaskanker, prostaatkanker en kanker van die pankreas.
KANKERBOSSIE, DIE KONING VAN KRUIE
Kankerbossie is die kruie met die meeste streeksname, dit word in die Karoo Willekeur, Kalkoentjies of Gansies genoem, in die Overberg word dit Keurtjies genoem en in die Weskus word dit Jantjie Berend. As n mens met ouer mense praat en vra watter kruie hulle die meeste gebruik het, is die antwoord meestal ‘Keurtjies’.
Meeste kruie wat 'n mens gebruik, word gebruik vir 'n 3-maande periode, dan los 'n mens dit vir 3 tot 4 maande om die liggaam tyd te gee om die genesing verder te vat. Dit bly vir my interessant dat die moderne mens klaarblyklik vergeet het dat die menselike liggaam so ontwerp is, dat die liggaam homself keer op keer self kan genees. Dis hier waar Kankerbossie inkom, dit hou die immuunstelsel sterk en as dit sterk is, word al die organe ondersteun. Hierdie krui is al een wat jy jaar in, jaar uit kan drink, elke dag.
Daar is onlangs baie navorsing gedoen oor Sutherlandia frutescence en wetenskaplikes het onteenseglik bewys dat Kankerbossie die immuunstelsel versterk en dat dit die hoof-kruie is om voorkomend kan drink. Mans hoef nie te wag om 40 jaar oud te word om Kankerbossie saam met Karmedip te drink om n gesonde prostaat te verseker nie en vrouens kan Kankerbossie saam met Katjie-3-Blaar gebruik om te help met die geweldige simptome van menopouse.
Dis wetenskaplik bewys dat Kankerbossie TB en HIV pasiënte help met hulle geweldige gewigs-verlies, want dit help om pasiënte 'n eetlus te gee, asook met die bou van spiere, na 'n lang siekbed. Hierdie kruie help ook met angstigheid, die vloek van die moderne eeu, omdat dit die Kortisol vlakke in die liggaam verhoog. Kankerbossie het ook anti-inflammatoriese en anti-oksidant komponente en kan ook verligting gee vir mense met tipe 2 Diabetes. Hierdie kruie moet langdurig gebruik word, mens kan dit nie net vir 3 weke gebruik en dan tot die gevolgtrekking kom ‘dat die kruie nie werk nie’.
As ‘n mens kruie gebruik, is 'n mens deel van die proses van jou genesing, want jy moet toegewyd wees om te onthou om dit daagliks te gebruik, dit gereeld voor te berei en ook emosioneel betrokke te word met jou fisiese herstel. Toe ek begin kruie gebruik, het ek begin leer om te luister na my liggaam en besef elkeen van ons ken ons liggame die beste en deur bewus te wees van hoe jou liggaam werk, so kan jy voorkomend te werk gaan.
Katjiedrieblaar help met hormoonbalans, premenstruale-sindroom (PMS), menopouse en warmgloede. Kan met groot sukses gebruik word in die plek van hormoonvervangingsterapie. In kombinasie met kankerbossie kan dit gebruik word om die immuniteit van kankerpasiënte te verbeter.
Kraalbos versterk die kopvel sodat dit verhoed dat hare uitval en die teruggroei van hare stimuleer. Dit verbeter ook algemene kondisie van hare.
Knoffel – Koning in jou tassie van winter-doepas
Die winter is die tyd dat die imuunstelsel oortyd moet werk om al die verkoues, griep en brongitis hok te slaan en hier is organiese knoffel 'n uitstekende bondgenoot. Rou knoffel, knoffel in sop, knoffel saam met Dasbos en Klipkruie help om die liggaam sterk te hou deur die wintermaande.
Die meeste knoffel wat mens in supermarkte koop, word ingevoer uit China uit, waar dit baie keer geneties gemanupileer word om min of meer almal dieselfde te lyk en bestraal word om te voldoen aan invoer vereistes. In die Karoo, naby die klein dorpie Loxton, is Johan Scholtz al n paar jaar besig om organiese knoffel te verbou. Ek het dit onlangs begin gebruik en ek kon nie die verskil glo nie! Die knoffel smaak anders, “lewendig”, sou ‘n mens dit kon noem. Ek is baie gelukkig dat ek so naby die knoffellandery woon, want ek sal van nou af sorg dat ek nie sonder hierdie bondgenoot is nie. Johan se tel nr is 0533 813 905 en sy e-pos adres is elandshcoltz@gmail.com.
Onder Boererate, is daar ‘n resep vir gout en artritis, waar ‘n mens 1kg knoffel gebruik en hier is ‘n geleentheid om organiese knoffel te gebruik. Trouens, dit is noodsaaklik om organiese knoffel te gebruik, as jy knoffel medisinaal gebruik.
Kruitjie-roer-my-niet verlig tenniselmboog, heupprobleme en verstuite gewrigte. Dit is uiters giftig en moet slegs uitwending en met groot versigtigheid gebruik word.
Lukwartboomblare en Rooivergeetwortels verbeter suikervlakke in diabetes-leiers wie terselftertyd ‘n gesonde dieetprogram volg.
Manskruie verminder impotensie.
Manskruie en Vrouekruie kan help vir mense wat sukkel om swanger te raak.
Oogbossie help met oogprobleme soos oë wat baie water, asook met katarakte.
Oondbos verlig hoofpyn, gewoonlik in kombinasie met ander kruie wat waarskynlik die hoofpyn veroorsaak.
Rooivergeetwortels en Jakkalsbos help met hartprobleme, veral na hartomlynings aangesien dit bloed versterk en die orgaan help om trauma te hanteer.
Velpoeier help met ekseem, psoriase, gordelroos en kopluis.
Vlak-grashout is ‘n vinnige maar sterk manier om van ‘n verkoue ontslae te raak.
Wildepampoen verlig rugpyn.
Wynruit, Wilde-als en Nieshout genees longkwale, asma en brongitis.
BRON: Met erkenning aan Maree en haar oes vanuit: Vanaf Kruie Kraai Koning
O ja, bugu help ook om…
O ja, bugu help ook om muskiete van jou weg te hou, as ek nou reg onthou. (Bitter smaak)?
Kruie
Dagsê. Ek wil net so 'n vinnige ene hier ingooi.
Ek ket op die draad van Herman met sy groentetuin so effe melding gemaak van kruie soos roosmaryn ens., en dat ons kruietee versprei het.
Daar moet met groot versigtigheid, en effe kennis van die plante, gebruik gemaak word.
Ek sluit nie goed soos roosmaryn, kruisement, basiel, dil, anys ens. in nie.
Sommige (wilde) kruieplante kan met oormaat (verkeerde) gebruik, ernstige lewer en ander siektes voortbring.
Ek wil NIE die draad of enige inset skade aandoen nie, net waarsku.
Ons het vir omtrent 10 jaar lank die kruietee hier rond versprei, afkomstig van McGregor (naby Robertson), en die fundi daar is Gerald Moskovitch (Mossie) wat apteker was, en daarna kruie gaan bestudeer het.
Ek plaas die webadres: http://www.herbsorganic…
Gaan loer gerus daar na die vesrkillende gebruike, en ander BAIE nuttige en leersame informasie.
Johann
Johann, dankie. Lyk my jy het die webadres op regte manier ingesit? ekke sukkel met neukenaar!
Dalk moet iemand anderdag draad begin oor Kos/Huis-gebruik kruie, (nie medisiale gebruike nie).
Elkeen kan dan hom/haar spesiale krui en gebruike daarvan uitlig! Sal nogal interesant wees om bietjie ander idees raak te lees.
Frans, ja as dit by…
Frans, ja as dit by medisinale verbruik kom, dink ek net, dit is dalk beter om kundige advies in te win. Dit kan, inden verkeerd gebruik, net dalk gevaarlik raak.
Ons gaan sien so nou en dan 'n homopaat (spelling) hier in Vanderbijlpark.
My ouers het weer baie van…
My ouers het weer baie van die Lennon produkte gebruik. Het amper vir elke kwaal iets gehad
Somtyds sien ek mense pille…
Somtyds sien ek mense pille afsluk asof dit smarties sonder sjokolade is. lees daai pilletjie se moontlike nagevolge op die stukkie kleindruk in die boksie, laat jou hare reis.
"Gifbolblare versnel die genesing van wonde en bedsere." Hierdie knaap is werklik baie giftig, maar as jy weet hoeveel, sit hy jou op n moerse trip, en net die Sjamans weet hoeveel, die ander wat verkeerd doseer het, is nie meer nie.
Mens moet maar eers mooi gaan lees en leer voordat jy iets vreemd in jou mond stop, en ek sal ook nie by enige poepol kruie neem nie, of koop by n mark, tensy jy die kruie self goed kan uitken.
He-he, wat Herman sê is waar…
He-he, wat Herman sê is waar. Pille!! Mens moet versigtig wees. Colin het 'n pil wat hy op die oomblik drink. Ewe skielik praat hy snags in sy slaap. Nou die aand sê hy duidelik, ewe kwaai: You must listen, you did not hear a word I said! Ek sweer hy het met my gepraat!
Die natuur se beste antibiotika
Uit beproewings van allergie vir die man met 'n stetoskoop se gekrap op 'n voorskrif het my wederhelf afgekom op 'n melk, heuning en kaneel mengsel wat skeet en kwaal verdryf. Beproef kan ons getuig dit WERK! Maak 'n koppie melk warm en voeg daarby 'n kwart teelepel kaneel (beste kwailiteit indien moontlik) en 'n teelepel heuning. Klits goed en drink soos antibiotika - ses uurliks. Kan dan afgeskaal word na soggens, of saans.
Daai mengsel kan nog lekker…
Daai mengsel kan nog lekker smaak ook, Meraai. Gewoonlik is die kruie-goeters mos bitter en sleg. Klink na 'n lekker sopie voor slaaptyd. Nou, wat sou jy sê, help dit alles voor?
Melk doepa
Freda, ons drink dit vir enige skeet of kwaal wat jou kniege wil knak. Van loopneus tot laatnag-geblaf. Dit proe baie soos melkkos en vir ons is dit 'n wonderlike plaasvervanging van antibiotika wat hier in ons deel van die wereld nie maklik voorgeskryf word nie.
Dassiepis, Wildeanys, ens…
Dassiepis, Wildeanys, ens... Ek het van kleintyd af grootgeword met daai goed wat my ouma, aan pa se kant, soos tee getrek het. Die goed was so sleg soos die hel self maar dit het gewerk. Jy kan so dodelik siek wees maar as jy hoor ouma kom kuier is jy springlewendig en gesond net om haar mirresyne vry te spring.
Toe ek so vyf jaar terug aansoek gedoen het vir die oumenssiektes en almal op 'n streep aan my toegestaan is, het ek so gewens Ouma leef nog. Maar heelaas...
So van rate gepraat. Wanneer…
So van rate gepraat. Wanneer my honde olik is, nie wil eet nie ens. dan vat ek n lepel gekondeseerde melk met n paar druppels turlington van Lennon. In die oggend en in die aand en gou gou is die hond gesond.
My een worshond wou die veearts op drup gesit het so siek was sy gewees. Na twee dae met die muti wat ek haar gevoet het en sy was piekfyn.
Jy kan jou Buggu Barndewyn…
Jy kan jou Buggu Barndewyn sommer by Spar se Tops gaan koop.![]()
Ek het vanoggend die natuur…
Ek het vanoggend die natuur se antibiotika begin😊, moet sê dit is regtig lekker.
Natuurlike antibiotika
Neef Johann, A3 se jy moet onthou om die heuning eers in te gooi nadat jy die melk warm gemaak het. Anders vernietig 'n mens glo van die ensieme ![]()
Dassiepis, Wildeanys …
Dassiepis, Wildeanys
Het so vuisgrote stuk van die Hyracium, of te wel Dassiepis. Weet nie wie dit al gesien of geruik het nie, maar lyk nes n stuk steenkool en ruik vir my nogal aangenaam, moeilik om te beskryf. Erken dat ek nog nie van daai gemaal het vir n teetjie nie, maar werk glo vir epilepsie, en is wetenskaplik getoets.
Dan die Wildeanys, Naas het jy dalk die botaniese naam? Hier groei n Anys, van die Agathosma familie, maar Sue Milton Dean kon hierdie een nie mooi plaas nie. Ek sit so paar takkies in witblits, kry so pragtige creamsoda kleur met n baie aangename Anys smaak, nie ver van Oyzo nie. Dit is n vorentoe knertsie ter wille van gesondheid.
Dankie Raaitjie, ek maak so👍…
Dankie Raaitjie, ek maak so👍
Het altyd warm water, vars suurlrmoen sap, knypie kaneel, eetlepel heuning, en 'n knypie gemmer gebruik, hou baie van die ene van jou, melkkos👍
Neef Johann, A3 se jy moet onthou om die heuning eers in te gooi nadat jy die melk warm gemaak het. Anders vernietig 'n mens glo van die ensieme
Herman
Herman, dagsê. Jy moet so bietjie vir antie Google besoek, sy is baie slim!!
Die Agathosma is familie van die Bugu reeks van plante.
Die wilde anys - ook paar soorte, onder andere Pharnaceum lanatum Bartl. Is onder die Rooi plante reeks, erg berdreigde spesie. Jy gaan baie wysword op Google!!!
Annesorhiza macrocarpa is ander soort anys wat voorkom in Fernkloof natuurreservaat - wortels was deur Khoisan gebruik in Jan van Riebeeck se tyd. Sien, dis waarom hulle beweer hulle was BAIE verder ontwikkel as die klompie uit Holland in 1652,, en dis mos nou J v Riebeeck hulle se skuld dat die land in sy M... is!!!
Moet vir jou sê, anys soos ons hom ken, die mak een, is nie maklik om uit te roei nie. Daai wortels gaan ook so 75cm en dieper in die grond!! Ek moes vanjaar begin uitroei wat so 20jaar terug geplant is, en ons het so 80% minder gemaak, wortels en al, MAAR, daardie saadjies wat geval het, om al weer op.





Dankie Neef. Ek wag nou al…
Dankie Neef. Ek wag nou al dae lank vir jou insette hier