Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

Dasie en Land Rover

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Das, is jou defender al weer oppie pad na jou teespoed?

Ek het so paar interesante LR raak geloop op 'n anner forum, spesiaal vir jou, Warren, en al die ander duisende "geheime" LR fans hier oppie forum.

L

 

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 21/08/2018 - 15:29

Hierdie is vir my persoonlik seker van die mooiste LR, baie verwar haar met die forward control, maar dit is eintlik heeltemaal anders. Hier was 'n tyd gelede 'n foto van 'n LR sleepwa, dit was van een van die gebou.

Naas die een is die Light Weigt vir my die tweede mooiste, ook so skaars soos hoener tande hier by ons, nog heelwat beskikbaar in GB

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 21/08/2018 - 15:32

Vergeet om te noem daai kortneus LR het onder die naam Carmco gegaan, altwee voorbeelde hier bo is van 1964 modelle.

Die een hieronder is heelwat nuwer model, 1973, daai absoluut kenmerkende LR neus is bietjie verander.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 21/08/2018 - 15:37

Dan is daar natuurlik ook weer 'n Amerikaner wat Range Rovers so bietjie modify, spesiaal vir die Texas Rangers, hy noem sy produk die "Long Ranger"

So paar voorbeelde;

 

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 21/08/2018 - 15:44

Arie my vriend ja sy loop weer R48000 later moes alles oordoen nuwe pistons ,nuwe vacuum pomp ,water pomp ,welsh plugs ,bearings,olie pomp maar shame sy is 25 jaar oud en sy het die opknapping verdien .

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 21/08/2018 - 15:47

Arie daai foto's van die ander LR gesin is mooi . Ek hou van die ou soos ons hulle genoem het in die weermag "varkies" maar eischhh hulle is alkohol lustige menere gewees .Sien van die manne maak kampeerders uit hulle

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 21/08/2018 - 15:54

Dassie, ja daai 'Varkie" is die 1 tonner Forward Control, voorbeeld hier onder, jy sal sien daar is 'n effens verskil tussen haar en die Carmco.

Moet se daai FC maak 'n vrek lekker off road camper!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 21/08/2018 - 15:58

As jy nou regtig 'n gemaklike camper wil bou, wat van ons ou Army Bedfords? Ook natuurlike engelse voertuig, en soos meeste hier weet, ek het 'n groot swak vir Engelse voertuie.

Onder is die ou bekende Army trok soos wat ons almal haar onthou en dan ook die nuwer model.

Altwee 4x4

 

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 21/08/2018 - 16:02

Arie ja ek het nou net onthou van die forward control wat ons die Varkie genoem het .Die Badfords  of Bedfords daai 6 silinder het jou 2 kilo op n liter brandstof gegee .Hulle by naam in die weermag was vasbyt gewees lol .

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 21/08/2018 - 16:04

Die ou vasbyt Bedfords was die RLC  en die nuwe modelle  petrol was MFR en die diesel was MJR

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 21/08/2018 - 18:25

 Daai ou forward controll Landrovers laat my soek na n potjie om die maag leeg te maak, dis verskriklik lelike, onbruikbare,topheavy nuttelose voertuie. Skuus Arie, maar ons stem darem saam dat smaak verskil. Maar die lightweight is vreeslik mooi, en nuttig.

My Landrovers deur die jare is n mooi klompie, Series1 swb, series 3, series 3 S ,v8, tdi twee van, td5, Range Rover 2 van, Discovery twee van.   

Hierdie 6x6 ,ek dink Steyer, is einlik net so effe langer as n Landrover bakkie. Lekker ryding.

6x6

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 21/08/2018 - 19:14

Neef, ek glo mens sal ver en lank soek na 'n beter 4x4 as die Steyer Puch produkte, ook vir my vreeslike mooi voertuie.

Ja wat min mense het gehou van die FC LR, ek onthou die drive shaft wat die verkoeler waaier aangedryf het was erg geneig om bearings te slaan.

Ek wens ek kan erens 'n Light weight opspoor, sal bitter graag een wil opbou!

Terloops, my seun en skoonseun het elkeen vir hulle so Spitfire van onder af opgebou, klein motortjie maar 'n vrek oulike motortjie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus