Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -5 minutes ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -8 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -13 hours ago

Scammers ?

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

So kry ek einde Augustus n waarskuwing van my epos watsenaam af dat die posbus vol is, en ek moet opgradeer anders kan ek nie stuur of ontvang nie. Daar is n skakel wat my toe ly na die epos, en na dit netjies oopgemaak is,  se dit "no action needed". Ek het in die verlede baie sulke waarskuwings gekry en gewoond daaraan. Egter verlede jaar opgradeer na n GRoot posbus of whatwever, so effe verbaas gewees. Die blad en logo, uiteensetting, als lyk 100%, vra ook niks verder nie. So "no action needed" is mos reg.

Sondag wil ek epos oopmaak, niks gebeur nie, vra vir nuwe wagwoord, myne werk nie meer nie. Skrik ek my morsdood toe daar n nuwe wagwoord via SMS aankom. So word die tel no geGoogle wat die wagwoord gestuur het, en daar is dit n klomp wat probeer om bankinligting te bekom. Hulle het my oorspronklike wagwoord onderskep, en gebruik dieselfde wagwoord nou by al my sake waar wagwoord nodig is. Hul het mos nou my epos onderskep, en weet meer van my as ekself.....bankstate etc etc.

Die probleem is reggestel nadat ek sowat 200 onbekende eposse ontvang het, en n navraag omtrent die probleem wat ek gepos het, 100 keer herhasldelik gestuur is.

Op die stadium lyk dit darem nie of my sake omgekrap is nie, ek gaan elk geval maar wagwoorde verander, al het dit verskil. Wat meer pla is dat daar vreeslik baie persoonlike inligting, oa state van beleggings, balansstate en wie weet wat nog daar was nou in n krimineel se besit is. Ek praat nie eers van my woonadres nie, ons ontvang munisipale rekeninge per epos., Lekker nare gevoel hier in my ribbes.

 

Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Wed, 12/09/2018 - 13:08

Neef Herman, scammers raak net slimmer elke keer. Spam filters sukkel om by te bly met al hulle tricks. Ek sukkel netso hier by die skool met die goed. Ek het maar die personeel geleer as dit iets is wat snaaks lyk, om my te vra of net te delete en nie oop te maak nie.

Sterkte met dit.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 12/09/2018 - 13:22

Herman jammer omte hoor van die vloekstene😈

Ek maak niks onbekend oop nie,  en gebruik 'n apparte e-posadres van my bank sake, hoop dit kan iemand help. (Ek het vier verskillende e-pos adresse!)

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 12/09/2018 - 14:01

Herman dankie vir die inligting /waarskuwing.   Dit sal ons leer om wakker te slaap.  Jammer dat jy voorbeeld moes wees sad

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 12/09/2018 - 14:02

Herman, ek het reeds 2 soortgelyke e-posse ontvang.   Ek was toe darem slimmer as jy.laughwink  Ek het dadelik besef dit is 'n scam want ek weet mos my posbus is nie vol nie.   Wat ek doen is, kyk altyd na die e-pos adres vanwaar dit kom.   Die scammers het meestal vreemde adresse, jy kan sommer dadelik sien dit is nie legit nie.   Dieselfde met die wat mens van banke af kry, snaakse e-pos adresse, wat onmoontlik nie dié van 'n bank kan wees nie.

Ek hoop jy het geen verdere probleme nie.   Troos jou daaraan, hulle het seker baie sulke vertroulike dokumente op die manier gekry en sal nie alles intensief bestudeer nie.  Hulle stel net belang in dié wat hul verder kan scam!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 12/09/2018 - 14:12

My arme ouers is ook onlangs gescam deur die absa phishing eposse.  Ek kon nie help om te lag nie, maar dit was eintlik nie snaaks nie, hulle het R9000 verloor deur 'n oorbetaling vanuit hulle absa rekening nadat ma pa die epos oopgemaak het en die stappe gevolg het.

Toe hulle die saak laat ondersoek en nuwe "credentials" reel met die bank, word daar toe nogsteeds gepoog om hulle verder in te doen.  Toe ek voorstel my Pa installeer 'n nuwe broweser en gebruik Chrome in plaas van Internet explorer om by op absa se webwerf in te kom gebeur diesefde.  Dit is toe dat ek vir hulle noem dat ek dink hulle is heeltemaal gehack. Dit was toe so, hulle rekenaar was heeltemaal oorgeneem!

Wees versigtig!

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Thu, 13/09/2018 - 12:49

1) ABSA keep getting phone-calls from ABSA saying they want to pay me a refund....

want bank details = scam. Phoned them and told them when they tell me at which branch I can collect the cash I'll go.

But I've mailed ABSA fraud = nothing done for the last 3 months, not even a reply from them.

2) NEDBANK get a mail I'm due automatic annual overdraft increase will stop having to apply blah blah blah please give bank details = scam

Advised NEDBANK. they phoned me that want my bank details so that they can investigate HAHA what, you think I've got sago pudding for brains?

1 ABSA cheque account closed 10 years ago when I switched to NEDBANK

2 I don't have an overdraft...............

I think the employees in the banks are in on things..........

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 13/09/2018 - 15:10

Ek kan nie regtig sien hoe personeel jou kan scam op jou internet of selfoon bank nie??

Die bank het geen toegang [of rekord] van jou pin en/of password nie.

Nee wat ek ignoreer maar al die e-mails van sogenaamde banke af, eintlik baie maklik om te sien of die e-mail van die bank of erens anders vandaan kom.

Die banke vra jou gereeld om nie te reageer op daai goed nie, en ook nie 'n shortcut na jou internet bank te gebruik nie, tik maar elke keer die adres in.

Warren, nou wat wou jy gehad het Absa moes doen, jy is nie eers 'n klient nie???

Ongelukig is daar baie mense wat maar bietjie onverantwoordelik of dalk net nie altyd mooi bedag dink, en ja dan word hul "ge-scam" en is baie kwaad vir die betrokke bank, dadelik is dit dan 'n "inside job", maar soos genoem, daar is absoluut geen manier waarop die bank amptenare toegang het tot jou inligting nie. 

Al die gevalle wat al by die ombudsman of voor die hof verskyn het, was daar dan tog maar nalatigheid aan die klient se kant bewys?

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Thu, 13/09/2018 - 15:32

Arie, ek stem saam met jou, wees bedagsaam teenoor ENIGE e-pos wat jou "uitnooi" na bank se webadres.

Ons is sedert telefoonbankdienste oorspronklik by ABSA ingestel is, daar gerigstreer, en daarna van die eerste klante plaaslik wat internetbankdienste gedoen het, ook die absamail e-pos gehad, ens.

My ervaring is slegs positief, MAAR, indien ek boodskap per ama kry van ABSA om na naaste tak toe te gaan, sal ek ingaan en probleem DAAR gaan regstel. Normaalweg kan hulle SLEGS op jou profiel ingaan met jou kombi-kaart wat JY is apparaat sit, met jou pin nommer. 

Ek  kry ook BAIE gereeld uitnodigings van "sogenaamde" Absa goed wat jy dringend moet verander of regstel. Ek klik maar net op e-pos en stuur hom na Junk Mail, en blok adres, en delete totaal van rekenaar af. Ek kry ook gereeld e-posse van ander banke met soortgelyke versoeke, en het ook nie eers rekeninge by hulle nie.

Een GROOT fout wat BAIE gemaak word, is deur mense/persone wat massa e-pos uitstuur met die massa adresse in CC kolom op rekenaar, en nie in BCC. Dit stuur jou adres dan indien jy al met hulle e-pos korrespondensie gehad het, die hele wêreld in en dit is waar scammers sit en wag, asook miljoene ander wat dan bly gemorspos stuur.

Ek het verlede week 'n groot instansie in ons drukekersbedryf erg aangevat oor die tipe van e-pos uitstuur, nadat ek omtrent 50 gemors advertensies in 'n paar dae ontvang het, nadat hulle oorspronklik so 3oo adrersse van klante in die CC kolom geplaas het, om almal in kennis te stel van faksluymn wat gaan uit wees vir paar dae.

Een dom persoon wat met een e-pos BAIE mense verontrief het. Hulle het later amptelik om verskoning gevra, maar dit was te laat.

Deesdae is e-pos en internet 'n amper noodsaaklike gebruiksmiddel, MAAR mens moet dit met baie groot versigtigheid hanteer.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Thu, 13/09/2018 - 17:09

 

Warren, nou wat wou jy gehad het Absa moes doen, jy is nie eers 'n klient nie???

Quite simple: -

By way of return mail, contact me and make arrangements to discuss the matter face to face with the appropriate person, in the appropriate department at the appropriate level, irrespective if I am or am not an existing client....... (i was a client for more than 30 years BTW, and closed all my accounts / investments / and overseas portfolo as a result of dogmatic stupidity related to re-directing mail to my new address and not my old address when I moved to my new house, and moved eveything lock-stock-and-barrel to Nedbank....

basies ek het my moer gestrip.

Anyhow, that's a completely different story

 ITS FRAUD! Information over the phone / asking for account details in these matters is not an appropriate way to handle these matters, and therefore DEFINATELY not expected from an institution of the <supposed> stature of ABSA.......... seems they still haven't worked out how to appropriatly respond to their clients.....

With phone & mail just who the hell am I talking to or corresponding with? One of the employees in on the scam?

With Nedbank, I would expect the same level of appropriate interface....

 

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 13/09/2018 - 17:35

Warren, as pointed out to you, none of Absa staff is or was involved in any of those type of scams!

there must be at least 200 of those type of e mail going out daily, I recieve one from each and every bank in SA on a regular basis.

For Absa or any other bank to respond and discuss face to face would be a near impossible task, why would any bank go through that extend for some one who isn't a client???

As for your overseas investments etc, I presume that was handled through AIM's? I'm glad that you now recieve excelent service from another bank, until one day that you happen to deal with an incompetent staff member, something that can and will happen with any institution. Then you can strip your moer again and move on to the next bank??

I prefer to build up a long standing relationship with my financial institution, especially if they look after my investments.

As they say "Shit happens" and it happens anywhere, sort it out in a calm and friendly manner and you will be happy instead of so grumpy? 

I am sure if you took the trouble to lodge a complaint at Absa's help desk your problem would have been sorted in no time.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 13/09/2018 - 18:14

Miskien moet ek weer verduidelik wat met my gebeur het. Die diensverskaffer was gehack, nie die gewone strooi wat gereeld deurkom nie, dit ken ek al goed, en ignoreer dit. Daar was geen teken van enige ongeruimdheid met die wat gestuur is vir my nie.

Die diensverskaffer het dit agter gekom, en self al die persone wie se epos onderskep is, se rekeninge gesluit totdat n nuwe wagwoord ingesleutel is.  

En dan soos genoem, is niks gevra nie, sweet bokkerol, jy moes net soos gewoon na jou inboks gaan,en  kyk hoeveel spasie daar oor is. En wragties ek sal n man se rug lek as jy die een sien kom het.

Wat die hackers op n manier kon vasstel, is die wagwoord wat jy insleutel om by epos in te kom, ek dink die verskaffers se sisteem was regtig ondermyn om kliente se wagwoorde te kon ontsyfer. En die wagwoord wou hulle toets by jou onder andere bank aanlog. Immers kon hulle nou sien wat jou rekening nommers is op state etc. n Bankrekening nommer is regtig nie iets wat mens kan wegsteek nie, nog minder jou id nommer, of selfs jou adres is beskikbaar, en jou telefoon nommer ook nog.  So om daai epos wagwoord te probeer vir iemand se bankwagwoord, gaan beslis werk in sommige gevalle.

Groetnis.

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 13/09/2018 - 18:40

Ek lees nou eers hier dankie vir deel / waarskuwing n ou moet maar versigtig wees

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 13/09/2018 - 19:16

Neef, ja ek het bessef dat jou geval ander as die gewone scam was.

Die banke se wagwoord werk juis so dat jy net drie van die letters moet intik, al is daar dan spyware op jou rekenaar en of op die diensverskaffer s'n sal dit 'n redelike lang periode neem vir die scammers om jou volle password te kry, nie onmoontlik nie maar redelik onwaarskynlik?

Ek glo dat die internet stelsel in SA redelik "foolproof" is, sover as wat mens enige iets foolproof kan maak.

Hackers sal altyd 'n metode vind om stelsels te omseil, daarvoor is dit ook dan goeie praktyd om jou wagwoord gereeld te verander.

Die punt wat ek wou maak is net dat dit beslis nie "inside" jobs is van die bank amptenare nie, g'n persoon in 'n bank kan op enige manier jou password en of pin in die hande kry nie, daar word nerens rekord gehou daarvan nie.

Maar ja as jou diensverskaffer gehack word sal geen redelike mens dit agterkom nie.

Ongelukig het ek in my bankloopbaan maar te gereeld gesien hoe kliente agterloossig is en dan die bank wil blameer, hulle het baie foute, net soos ons huidige regering, maar sekere goed is tog top gehalte!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 13/09/2018 - 20:07

Arie, somtyds wonder ek ook maar soos Warren.  By my bank is daar ook n belegingsrekening wat ek slegs kan sien op internet maar kan nie transaksies doen nie.  Om sake te doen daarop, gebeur dit by bank.Nou het dit al 2 keer gebeur dat ek bank toe gaan om n transaksie te doen, dan word ek meegedeel dat dit wel op internet bankdiens gedoen kan word.  Vra ek vir die bankier wie dit dan verander het, hy is baie bewus van die reeling, maar kry maar net n frons.  So....

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 13/09/2018 - 20:52

Ek het 'n vragie.  Soos nou in my ouers se geval waar hulle wel reageer het op 'n phishing epos en daar 'n "begunstigde" geskep was en die R9000 oorgeplaas was na die begunstigde se rekening.   Is dit dan nie moontlik om die geld te "trace" nie en ondersoek in te stel wie hierdie begunstigde is nie?  Die spoor moet tog gevolg kan word om iemand vas te trek?  

Dit is tog immers elektroniese transaksies wat gevolg moet kan word?

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Fri, 14/09/2018 - 05:56

For Absa or any other bank to respond and discuss face to face would be a near impossible task, why would any bank go through that extend for some one who isn't a client???

Quite simply because it's highly likely that it's fraud, and I and their business is arebeing targeted,

The phone-calls... <not e-mails> have specific information about me. Information that can only have come from ABSA, I have explained all of this in my correspondence with ABSA.

To date, apart from a very unproffessional request to hand over further details by phone, nothing.

ABSA have degenerated into what can only be describes as a innefective and disorganised group that doesn't know their A** from their elbows...

If, I recieved a complaint, from any member of the public, whether an existing client or not that pointed to fraudelent activity that involves the company I work for, and effectively did nothing about it, belive you me, the German owner would chuck me out of here so fast I'd have blisters on my bum.

And Nedbank are just as useless.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 14/09/2018 - 09:36

Whatever!!!!

I prefer not to go through life blaming everybody for everything. I'd rather be happy and smiling and not calling everybody useless and incompetent.

Always aware that I may not be so clever as I thought, and then have to go around apologizing.

Again, the bank does not have your pin or password, account no etc is easily obtainible from various places, but ja unfortunately some bank employees do sell the info. The only thing the info can be used is for scamming letters, nothing serious!

Neef ja die rekening wat gekoppel is aan jou internet bank, kan gedoen word deur die bank, en ek vermoed dit was foutiewelik gedoen. Jy kan wel op die net weer daai rekening ontkoppel [ook koppel] maar ek kan nie sien hoe enige bank amptenaar voordeel kon trek aan die koppel van die rekening nie?

Voorie, ja daai geld kan getrys word, en as mens dit baie vinnig optel en raporteer kan hulle gewoonlik die transaksie omkeer. Ongelukig maak daai mense "dummy" rekeninge oop, en teen die tyd wat hulle dit opspoor is daai rekening leeg. Ook een van die groot redes hoekom mens moet FICA, ongelukig het die scammers 'n manier om FICA te by pass.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 14/09/2018 - 10:51

'n manier om FICA te by pass.

Dan is die bank wat die dummy rekening / FICA  bypass toegelaat het verandwoordelik want hulle sisteem is foutief?

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 14/09/2018 - 12:08

Die persone kry 'n briefhoof van die plaaslike munisipaliteit, vul dan 'n adres daarop in en teken dit.

Die wet vereis dat bank skriftelike bewys van adress kry, hulle kan onmoontlik nie elke adres nagaan en kyk of die persoon werklik daar woon nie.

Dit is maar net een van die maniere, daar is baie ander meer gesofistikeerde maniere ook.

Scammers sal maar altyd een stappie voor wees, al wat ek van die begin van die draad probeer se, is dat die bank amptenare nie by die betrokke scam betrokke is nie, behalwe as jy jou pin en password vir die amptenaar gegee het. Dan kan jy nie die bank verkwalik nie - net jouself??

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus