Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -5 hours ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Was van karavaan.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ek begin maar 'n nuwe draad in die veband, ek kry nie die ander een nie, as daar een was?blush

Na aan leiding van Willem Brits se wenk om die karavaan venster met seep, water en parrafien te was, om te kyk of daai krakies verdwyn,  net die volgende:

Nee daai krakies sit nog steeds. Enige raad hier? 

Wat ek wel kan bevestig, is dat die skottelgoed seep, warm water en parrafien mengsel wel die veselglas baie mooi laat blink, dit lyk sommer weer splinter nuut. 

Vir jare het ek net Sunlight liquid en warm water gebruik, maar gaan voortaan een keer 'n jaar parrafien by sit.

Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 01/10/2018 - 16:10

Johann, ek het weer gehoor sunlight liquid in jou water om voetuie mee te was is nie goed vir jou verfwerk nie. Die parafien weer is goed vir jou werfwerk

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 01/10/2018 - 17:46

Johann, ek het ook al gehoor dat iets soos Sunlight nie akkordeer met verwerk nie, maar hoeveel waarheid daarin sit, en oor hoe lang tydperk, is ook weer ter sprake.

Ek het sommer van die 5liter houers wat karwas sjampoe gekoop wat sommer politoer by het gekoop, en sommer vir kar ook gebruik. Dit het altyd so om en by R100 gekos, by GAME, 10% afslag op Woersdae!!!

Wat die krakies aanbetref, ek wonder of mens daaroor erg moet bekommerd wees. Voel hom so met vingernaels of hy vashaak? Dit is mos die dubbellaag vesnters? Indien so, he tjy binnelaag wat dig is??

Jy kan ook by ouens wat glasvesel werk doen, kers opsteek. Dalk klein bietjie resin en aktiveerder kry, aanmaak en met baie fyn kunswerk kwassie oor barsies verf, net so 2vk cm. Kyk wat maak hy dan, dalk kan dit werk. Dalk sou Superglue ook effe kon help, maar ek wil dit nie direk voorstel nie. Beste is om met mense te praat wat die werke elke dag doen.

As mens kan sekerheid kry oor die regte materiaal wat die vensters van vervaardig is, kan mens op antie google bietjie gaan rondsoek hoe om op Daardie Spesifieke materiaal klein krakies/barsies toe te maak.

Kyk ook of dit AL die vensters is, of net een?, en wat is sy posisie met die son? waar hy gestoor word?, dalk moet mens daar direkte aanpassing maak met soliede plastiek seil om son weg te hou??

Normaalweg so paraffien se olierigheid, AS daar 'n merkbare gleufie was, insypel en die plekkie minder sigbaar maak as gevolg van die olierigheid wat die stowwerigheid in die gleufie/krakie binnedring/bedek.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 01/10/2018 - 18:06

Stoffel, ek het vroeër jare kar shampoo gebruik, maar die laaste, seker maklik  15 jaar, gebruik ek Sunlight liquid? Laat my wonder of dit nie dalk die rede is waarom my karavaan so begin dof raak het nie??

Frans, ja dit is 'n dubbel laag venster, die groot venster voor, en jy kan glad nie die krakies voel nie. Dit is net sigbaar as jy so skuins kyk.  Die venster kry elke dag tot na twaalf son,  maar die reis kombers is altyd op, en het 'n sagte material aan die binnekant. (Ek het daai swembad bubble plastiek bekyk, ek dink dit is te hard vir die venster?)

Lyk my, ek gaan die afdak moet verleng, geen ander uitweg nie.

Wat die was betref, ek gaan maar liewer terug na kar shampoo.  Moet egter sê, ek hou baie van die parrafien glans. More is mos pension afslag by Makroyes

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 01/10/2018 - 18:44

Johann, ek gebruik ook net kar sjampoo, koop die met polish in by Midas, Shield, 1 liter hou sommer lank, mens gebruik slegs n proppie per was.

Dink nie die krakies gaan verdwyn nie, weet waarvan jy praat, dit is sulke dunner as haarlyn krakies. Wat jy dalk kan probeer, is die politoer wat gebruik word om die plastiek lense wat so verdof op karre se ligte.  Sal dit nie verwyder nie, maar dalk is die krakies baie oppervlakkig in die "verbrande en beskadigde" deel van venster. 

Goeie idee om son weg te hou, dit verbrand en beskadig maar. Jy moet my ou gesig sien einde van somer, lyk net soos Outa Jas sin .

0
Springs
Profile picture for user Riaan

Riaan

Mon, 01/10/2018 - 22:27

Goeie naand

Ek gebruik ook net kar sjampoo tot nou die dag kom sê 'n oom vir my boetman gooi so bietjie stasoft by die afspoel water en ja werklik dit werk soos 'n bom. Die stof klou nie so aan voertuig en wanneer dit reën rol die water sommer af en dit laat die voertuig en karavaan sommer mooi blink ook. Sovêr nog geen negatiewe nie. my vriende was ook nou so en hulle ook nie probleme nie. gesien toe ons nou grondpad gery het stof blaas sommer af. My 2c.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 02/10/2018 - 07:16

Dit is die eerste keer wat ek van so iets hoor, ek dink nie staysoft kan enige skade doen nie? 

gooi so bietjie stasoft by die afspoel water

Gewoonlik spuit ek die rygoed met die tuinslang af na ek gewas het, hoe doen jy die staysoft ding?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 02/10/2018 - 08:31

Wonner ek nou as mens prolong saam met die waswater gooi of hy vir langer sal skoon bly?  winkcheeky

0

Vir daai ruite wat krakies maak en die veselglas wat begin dof word, traai growwe peanut butter wat jy aanwend soos polish en dan af buff soos polish.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 02/10/2018 - 09:16

Spuit karavan mooi  af johann L en grbruik Rally se kar shampoe sterkte

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 02/10/2018 - 10:49

Frik, dankie, ek gaan daai botter ding try, moet dit die growwe grondboontjie botter wees, of sal die gewone dalk ook werk?

Shaun, ek wou juis vanoggend dorp toe gaan, maar toe kry ons mense, sal maar more oggend gaan, ek hou ook van Rally en het gedink aan Diamond Gaurd, ek ken dit egter net van hoor sê. (die Diamond Guard)

Anton, waar kry mens Prolong wink

0

Is peanut butter goedkoper as polish?  Gaan dit maar eerder nie probeer nie anders mag my vrou my dalk tref en ek gaan dalk lus raak...dis nou vir 'n broodjiewink

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 02/10/2018 - 11:25

Ek het nou wel nie 'n karavaan nie, eendag as ek oud en vol skete is,  maar het nou net my waentjie (klonkie) gewas met Shield Wash + wax laugh  -  reg vir die naweek  se kamp yes

0

Frik, dankie, ek gaan daai botter ding try, moet dit die growwe grondboontjie botter wees, of sal die gewone dalk ook werk?

 

Johann, dis die growwe sort.

Spe...skuus Groot G, hou jou in man, die peanut butter is vir die kinders en die dowwe kereven!!

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Tue, 02/10/2018 - 13:23

Nou toe, ek is skoon stokflou gelees aan al die rate!!, en is wragtag bly ek het nie meer karavaan om SO te sukkel om skoon te kry nie. Dit maak my so moeg, ek gaat sommer nou eers loop lê!!!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus