Forums
Voortrekker het meeste van die onderwerpe van die forum wat gesneuwel het, oorgedra na hierdie een. Dit was die regte ding om te doen want dit is waar ons begin het en dit kon nie verlore gaan nie.
Wat ons nou nodig het, is dat lede nuwe drade begin waar almal kan saamgesels. Die Aktiewe Forum Onderwerpe moet nou nuwe onderwerpe word. Tot dusver is daar nie veel nuwe onderwerpe hier begin nie en dit is wat ons nodig het om dinge weer aan te wakker. Kom ons kyk hoeveel onderwerpe ons in die volgende paar dae kan begin. :-) Al vertel ons net 'n grappie, soos Dassie :-)
Ek dink ook ons skuld dit vir Voortrekker, na al die harde werk wat hy gedoen het. Hier is mos baie van ons wat weet hoe!




