6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -10 minutes ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -3 hours ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -3 hours ago

Forum Herstel en terugvoering

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Goeiedag Almal.

Laat weet asseblief op hierdie draad indien julle enige probleme ervaar of dinge raasksien wat verander het of funksies wat nie meer toegangbaar is nie.

Dankie!

Centurion

Voortrekker

Sat, 10/10/2026 - 09:19

Ek het nog 'n funksie op die forum gelaai wat 'n Thumbs Up teller het.  Ek het dit ook beskikbaar gemaak aan besoekers wat nie ingelog is nie.  

1
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 10/10/2026 - 09:36

Gaan min tyd hě in die volgende klompie dae om hier in te loer. Daarom dat ek vra, Voortrekker, voordat jy die finale 'save' knoppie druk - die emoji's is klein, maer en vaal (wel 'n lekker groot keuse vir iemand soos ek wat nie deur my tande praat nie, maar hande gebruik en gesigte trek). Tevore het dit 'n 'statement' gemaak.

Ek hakkel nou al - die kappie-e is nie daar nie - Omega werk nie in ons taal nie.

Dankie solank. Hoop wanneer ek weer kyk was die tower-feetjie hier (smiley face).

0
Pretoria

Geert

Sat, 10/10/2026 - 10:14

Hi Anton. My thumbs up werk nie .....ek werk vanaf foon en tablet (beide werk nie)

Die topics kan ek like, maar nie die comments nie

1
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 10/10/2026 - 10:59

werk nie dieselfde as my foon nie. Dit gebeur wanneer ek die letter e inhou op die laptop eeeeeeeeeeeeeee. Moet ek 'n ander sleutel saam met die e druk? Baie dom met die tegnologie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 10/10/2026 - 11:04

toets1 met Omega roete--- allerhande e, maar nie met kappie nie.

Toete 2: ek tik sommer altyd "alt136" ---ê. dit werk nog altyd op PC.

Anton: hou nou op goete bylaai, netnou maak dit koffie ook. Grootmense kan nie byhou nie 

Rona: probeer ook "alt137" vir deelteken ë

          alt147 vir kappie o---ô

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 10/10/2026 - 11:18

Indien ander nie 'n probleem het met die nuwe stelsel nie, sal ek vorentoe die Alt opsie gebruik - moet dit net weer onder die knie kry. êêê. Dan nie nodig vir verdere moeite nie, dankie.

Vir Wessel. Ek ken die Alt kodes. Was net gewoond aan dit wat op die forum beskikbaar was. So, die (Alt)ernatiewe metode sal dit wees, en dit is goed so.

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 10/10/2026 - 12:29

Wessel daar was 'n paar dingetjies wat die funksionaliteit van die Forum sal verbeter wat ek al vir 'n geruime tyd wou opsit.    Privaat boodskappe, Thumbs up op insette en dan die derde een is om lede in staat te stel om met hulle ander sosiale rekeninge aan te teken.  

Die nuwe Editor met sy smileys en spesiale letters het saam met die opgraddering gekom en daaraan kan ek niks nou doen nie.  Die vorige Editor word nie meer ondersteun in Drupal 10 en 11 nie.  Ons hardloop nou op 10.

Ek dink die privaat boodskappe gaan goed werk en sal nou forum lede instaat stel om lekker te skinder.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 10/10/2026 - 14:47

Selfde soos met Geert werk dit ook nie by my nie.

Wou vir Wessel antwoord hier bo met die thumbs up - nie moontlik nie.

0
3
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus