Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

Vir die motorfiets liefhebbers.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Ek weet hier is 'n klompie manne wat hou van hul ysters.

die wereldkampioenskappe vir "modified bikes" het so pas ten einde geloop in Duitsland, dit word genoem "Intermot" International motorbike.

Ek het so klompie fotos, amper 400 van verskilende custom bikes gekry, so paar van die "Free Style" uitgesoek om vir julle te wys, van bisare tot vrek mooi.

Meeste van die free style trek maar baie na Choppers, Street racers en/of Cafe Racers of selds 'n mengsel van twee of meer style. Daar is seker ook maar net soveel wat mens kan doen?

motor

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 08/10/2018 - 13:54

Bo is vir my 'n pragtige bike.

Neem in gedagte dat omtrent al die bikes se raamwerk word heeltemaal self gebou met die hand, baie vervaardig hulle eie suspensie, assook van die enjin parte!

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 08/10/2018 - 14:03

Daai rooi enetjie in die middel het 'n rotary 9 silinder vleituig enjin, en die laaste bike is die grootste bike in die wereld, 3.5 m lank!!

Mooi bly maar altyd mooi, in my opinie is hierdie goed absolute kunswerke.

My neef en sy vroutjie [woon in Amsterdam] ook afgetree en het elkeen hul eie Harley Davidson Fatboy waarmee hulle die hele Europa en die VK plat toer.

Hulle het die show bygewoon en vir my die hele amptelike foto joernaal met beskrywings gestuur.

Ek sal nog vir dae na die fotos sit en kyk terwyl die kwyl langs my ken afloop!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 08/10/2018 - 14:15

Kiewiet??? van Steekbaard na Kiewiet, was vroeer al erdwurm ook genoem.

Jare terug sit ek in die MOTH club se kroeg saam met paar pelle, sit daar anerkant so ou Samjoor, met so lekker "Ape Hanger" snor, die man bly my kyk.

Stap ek toe maar oor en vra of hy my ken of wat pla dan nou? Vertel hy my "Nee kyk sit jou so en kyk dan kan ek nie help om te dink, as jy wakker word in die oggend lyk jy seker nes 'n erdwurm wie se handrem opgetrek is?"

Ja van daar het baie pelle my erdwurm genoem.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 09/10/2018 - 10:53

Ja die ou bikes het maar 'n spesiale bekoring.

Vir my was/is die mees opwindenste bike nog die 1945 Harley, met die "suicide clutch" Hy het mos 'n rathefboom langs die petrol tenk gehad en 'n voet kopelaar soos 'n kar, met jou linkervoet gewerk.

Dit was 'n absolute kuns om glad weg te trek, met jou regter voet op die grond en dan daai kopelaar stadig en gelyk te laat uitkom!? Dan moet jy oorsit tweede rat toe, weer trap jy daai kopelaar, en hy was nogal styf, jy moes TRAP, jou linkerhand van daai "kom na mamma toe" handel bars, rat verwissel en weer daai koppelaar glad laat uitkom terwyl jou linkerhand vinnig die handel bar moet gryp, as daai koppelaar los dan trek die torque daai bike heel skeef, en as jy nie twee hande op die stuur het, maak jy maar hard met moeder aarde kennis!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus