Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -23 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 day ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Kamp Tragedie

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

kamp tragedie

LEES OP MAROELA MEDIA

Dit is nie lekker om so iets te lees nie, dit moet 'n aaklige ondervinding wees en ek dink aan die vrou en familie wat agter bly.  Ek probeer vasstel of dit 'n kampeerplek was waar dit gebeur het en het ook op Googe Maps gekyk na die myn en omliggende damme ens.  Dit klink en lyk of dit maar 'n afgesonderde plek/ kamp was langs die dam, met naaste bure 300m?

Ken iemand die plek?    Ek persoonlik sal nie sommer langs 'n afgeleë dam kamp waar die naaste mense 300m van my af is nie.

Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sun, 14/10/2018 - 19:05

Oom Voorrie, 

Het nou van dieselfde voorval op Times Live gelees, sukkel om met my Panado die link hier te paste, my laptop is by die werk. Daar word ook net gesê dit is 'n dam naby Fochville.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 14/10/2018 - 19:36

Het ook gesien dit is 'n afgeleë plek was waar ek ook nie sal staan nie.  Maar ja dit is tragies soos wat enige iemand so tot die einde moet kom.

0

Die eerste ding waarna ek deeglik kyk voor ek n bespreking maak is die veiligheids aspek by die oord waar ek wil boek, daarna sal ek na die ander dingetjies kyk, altyd in daai volgorde.

Dit is nou om n lang lat vir jou eie gat te sny om te gaan kamp by n verlate myn dam naby Carltonville...net jy en jou vrou alleen.....om vis te vang.....in vandag se tye met al die misdaad.

Ons elkeen is toegerus met gesonde verstand, party meer, party minder, maar gebruik die biki wat jy het oordeelkundig.

 

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 15/10/2018 - 08:07

Ek stem saam met Frikadel.   Ek sal nooit as te nimmer op so plek gaan kamp, net ek en die Uncle.  Dis mos moeilikheid soek.   Warren gaan kamp ook soms op sulke afgeleë plekke, heel op sy eie.  Ek het al gewonder of hy altyd veilig is.

Maar ek kry die arme mense jammer, dit is seker die laaste ding wat hulle verwag het gaan gebeur en seker ook nie die eerste keer wat hulle daar gaan kamp het nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/10/2018 - 14:55

Ai, dit is tragies, en ja, soos meeste van ons, kyk ek maar na veiligheid waar ons gaan kamp.

Die reen het gekeer dat die dame se hulp krete gehoor kon word, en die naaste bure was maar 300 meter ver. Die mense het al voorheen ook daar gekamp, dus, het hulle "veilig" gevoel.

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 15/10/2018 - 18:03

Ek het altyd by Dennekruin gaan visvang maar deesdae is die misdaad erg daar. Tot Koos (eienaar) was al aangerand.

Terloops, Koos se oorlede broer en ek was groot vriende vanaf skooldae.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 15/10/2018 - 19:49

Johann, wanneer is genoeg genoeg en hoe defineer n mens dat dit veilig genoeg is?

Dit is soos wat Arie sê, kan enige tyd gebeur tot by jou huis.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/10/2018 - 19:56

Net soos ek sê jy kan voorsorg tref, maar kan ook net soveel doen. Mens voel verskriklik jammer vir albei,  veral as jy sit en dink, daai man se laaste woorde was "hardloop my lief....." al waaroor hy hom bekommer het, was sy vrou se veiligheid.

Mag die Vader gee dat so iets nooit met ons gebeur nie, is al wat ek kan voor hoop.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Tue, 16/10/2018 - 06:19

Warren gaan kamp ook soms op sulke afgeleë plekke, heel op sy eie.  Ek het al gewonder of hy altyd veilig is.

Dankie Antie dat U dink oor my.... Jaa ek ook, ek oorweeg of dit nou die mooite werd is om alleen te gaan kamp....

Miskien, soos baai ander dinge soos rond toer in die Oos Traanvaal  / oppi strand slaap / pieknik en n braaitjie te hou laangs die oop pad / is dit ook tyd om dit te laat vaar...

Tye verander bitter min vie die beter.......

Sad, so bloody sad....

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 16/10/2018 - 06:31

Ja, Warren, al geniet jy dit op met jou honde na sulke plekke te gaan, sal jy ander opsies moet begin oorweeg.

Vat nou 'n ding soos visvang.   Vroeër jare, as jy met die kus langs ry, sommer hier in en naby die stad, sien jy hope motors parkeer en onder op die rotse staan die visserman.   Jy sien dit al hoe minder.   Dit raak te gevaarlik.  Hul staan gevaar om aangerand of beroof te word, al is dit net 'n selfoon.   Of die motorsleutels vir die voertuig.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus