Goeie dag almal!
Ons was baie lanklaas op vakansie en ons vertrek hierdie komende Saterdag. Ons 4 honde kinders (Corgis) vat die pad saam ons en dit sal hulle eerste vakansie/kamp wees. Hulle is redelik fiks en hou graag van stap en avontuur.
Ons gaan bly by Thabaphaswa Mountain Sanctuary vir 'n paar dae en van daar af maak ons 'n roadtrip van die panorama route af na Belfast toe waar ons gaan visvang vir 'n paar dae voor ons terug gaan huistoe vir Kersfees.
Thabaphaswa het nie elktrisiteit of selfoon sein nie. Dus wil ek voor die tyd vra of enigiemand raad het oor hoe om ons vleis koud te hou? Ys kan vir net so lank hou. Ons het nie solar krag equipment of coolerboxes wat mens kan in plug in die bakkie nie. Ek weet nie of dit dalk 'n dom ding is om te vra nie maar ons wil so minimaal moontlik kamp want ons gaan op vakansie om te ontspan so ons wou nie fancy goed kry nie. Ek grap altyd met my verloofde dat ek 'n kluisenaar sal wil wees, berge toe gaan met my diere en nooit terug kom stad toe nie! Maar hy hou ongelukkig nie so baie van daai idee nie. Maar inelkgeval, enige raad aangaande vleis koud en vars te hou sal waardeer word.
En dan wil ek ook vra of iemand hier al hulle honde saam gevat het om te kamp en advies kan gee oor hoe om die honde af te koel as dit rerig baie warm is? Corgis het dubbel pelse so hulle kan nogals warm kry. Daar is 'n dam op die plaas maar ek weet nie hoe veilig die water is nie? Het iemand hier al ooit daar gekamp/vakansie gehou?
Ek wil graag ons vakansie deel op die bladsy. Dit is so lekker om almal se stories te lees
Dankie byvoorbaat vir enige terugvoering
Dtem saam, die honed moet…
Stem saam, die honde moet maar swem.
Wat jou vleis aan betref, n groot koelboks met droe ys sal die ding doen.
Hallo Aspirante-kluisenaar. …
Hallo Aspirante-kluisenaar. Baie welkom by kampforum!
Dit klink of julle regmaak vir 'n lekker vakansie kamp avontuur.
Ek persoonlik het al vir baie lank sonder yskas of inplug coolerbox gekamp. 'n Paar dae plus 'n paar dae klink soos 'n totaal van 4 tot 5 dae? As jy jou vleise vries saam met vriesblokke en in 'n cooler boks sit behoort dit te hou. Od soos Frikadel noem met droë ys. Gebruik dan net daardie boks om die gevrieste goed in te hou en sit jou ander bederfbare in 'n ander coolerbox. Die boks met vriesblokke / droë ys en gevriesede vleise moet slegs een maal per dag oopgemaak word om die dag / aand se vleise uit te haal. Dit is wanneer mens die bokse oop en toe maak dat koue ontsnap.
Onthou, teen dag 4 gaan dinge begin ontdooi en bloedirige water gaan moontlik aan die onderkant van die boks begin lê, maar die vleis goed sal koel genoeg bly en nie afgaan nie.
So, die sleutel is 2 bokse - een wat lekker gevries is en net een maal per dag oopgemaak word en glad in hitte of son staan nie. Die 2de boks vir ander bederfbare goed wat gereeld oopgemaak kan word en dalk aangevul kan word met ys.
(moontlik 'n 3rde boksie met ys vir die bier
)
Ek moet bysê - my kampe sonder vrieskas het ek gedoen met 'n Coleman Extreme wat beter isoleer as as jou kleiner goedkoper coolerbox.
Ek hoop die raad help 'n bietjie.
Here’s what I would do, if I…
Here’s what I would do, if I could not buy on a daily basis.: -
Get a fairly big cooler box and a much smaller one that’s big enough for the meat you want to take with. (If on a budget... then Polysteryne is not that bad)
Put dry ice in the big cooler box, and dry ice in the cooler box specifically for the meat.
Put the meat box inside the big box and cover the big one with a few big soaking-wet bath towels
Keep the bath towels wet, open the cooler box as little as possable, (once per day is ideal) so keep coldrinks & beers ETC in a different cooler box.
make a drip unit out of a 2L coke bottle, a tiny hole at the bottom and a wick of sorts, fill up the coke bottle and let the water drain through with the wick.
Put fridge items in the bigger cooler box to take up volume... The less free volume in a cooler box the cooler it stays.
As you empty the cooler box Back-pack with old towels (to take up volume)
I see you are fishing.
Take a spare keep-net. (I’ve done this)
Take it in to about where the water is chest deep, Weigh it down & keep beers / coldrinks in it, they won’t be ice cold but the will be cold.(the deeper you take the keep-net in the cooler) If you wrap eggs / margarine / cooking oil in plastic bags and knot them closed, you can store them in the keep-net as well.
Consider canned ham for alternative to raw meat... A bit expensive but quite nice.
Welkom op die forum. Deel…
Welkom op die forum. Deel gerus jul vakansie met ons.
Onthou, as jul ysblokke saamvat, maak groot blokke, sommer in Tupperware bakke. Hoe groter hoe beter, hoe langer hou hulle.
As die honde nie in die dam mag swem nie, moet julle maar vir hulle 'n badjie water neersit waarin hulle kan afkoel. Hulle sal seker ook self die koelste plekkies kies om te gaan lê.
Dit is jammer die tyd is so…
Dit is jammer die tyd is so min. Ek kon vir julle n 40 liter polistyreen coolerbox met sy coolpacks gegee het





Aspiring-Recluse, hartlik…
Aspiring-Recluse, hartlik welkom by ons, met jou eerste plasing, ongekukkig kan ek nie help met raad nie, die vierpoot kinders sal maar moet gaan swem dink ek?
Is julld ver van 'n plek waar julle ys kan aan koop?
Kom ons hoor wat sê die off grid mense, hulle gaan vir jou kan help met raad.