Kan dit nog goed onthou. My…
Kan dit nog goed onthou.
My Ma het altyd vir ons Tupperware bakkies met kerrie en rys gemaak, saam met botter gesmeerde broodjies. Sommer so op die Opel Rekord se bonnet geeet.
Het ook die kombers ding gedoen. Ons kinders het in ons pajamas rond gehardloop.
Onder 12 het verniet gekyk en ons was altyd beveel om jonger te lyk as 12, al was ons ouer. Sit laag het my Pa gesê. My Ma het altyd geslaap en my Pa het altyd gekla en vir haar gesê hy betaal nie vir mense wat slaap nie.
Goeie ou dae.
'n Vriend van my se Pa het…
'n Vriend van my se Pa het een aand vergeet om die luidspreker weer af te haal toe hy wegry en toe maar met die luidspreker huistoe gery. Vir solank as wat ek onthou was daai speaker bo sy werksbank gemonteer ![]()
As kind baie saam met my ma…
As kind baie saam met my ma en pa na Gordonsbaai en Kuilsrivier s'n gegaan, en toe as jong lat baie na die een in Zambezi. Toe later saam met my eie kids baie na Menlyn rooftop gegaan
Dinge van die Zambezi inry wil ek maar eerder vergeet ![]()
Baie inry teaters het agter…
Baie inry teaters het agter so onderdak gedeelte gehad van waar jy ook kon kyk.
Baie bikers het daar gaan sit, omdat hulle nie ander plek gehad het nie.
Dit was ons "vry" plek as jy en jou meisie nie saam met jou ouers in hulle motor wou sit nie. ![]()
Die laaste een wat ons by…
Die laaste een wat ons by was was Swartkopinry gewees. Deesdae is dit n resiesbaan
Die Ster Inry was die laaste…
Die Ster Inry was die laaste een wat in die Vaal nog kon vasbyt tot op die einde toe.
Hulle films was redelik van die nuutste uitgawes
Daar was een in Midrand,…
Daar was een in Midrand, Glen Austin ook, daar waar die moskee nou is.
Daar was een by die ou…
Daar was een by die ou Henley (Vereeniging) kragstasie as ek die naam reg onthou?
Ja, dit was altyd baie…
Ja, dit was altyd baie lekker om drive-in toe te gaan. Ek het in my "vry-dae" soontoe gegaan maar ook ons kinders gereeld geneem, met bakke vol eetgoed. Die klank was maar gewoonlik swak en die ruit wat so opwasem het nie altyd die sig maklik gemaak nie.![]()
Ons het twee drive-ins in PE gehad. Die een was op die ou Kaapweg en heeltemal in die veld. Vandag is Makro en nog 'n groot winkelsentrum op daardie grond.
Freda ja, en die ander een…
Freda ja, en die ander een was in Walmer op die Sea View pad as ek reg onthou. As studente het ons gereeld soontoe gegaan. Nie altyd alles van die fliek onthou nie.....
Toe ek 'n kind was het ons net buite Oudtshoorn ook 'n drive in gehad. Eendag het 'n hengse wind die skerm omgewaai en die mense het gespot dat Gone with the Wind daar speel.
Het ook meer as een keer gesien hoe mense vergeet om die luidspreker op die paaltjie terug te sit en ry, natuurlik met skade aan die luidspreker en/of motor
Ja, Sarel. Ek onthou ons…
Ja, Sarel. Ek onthou ons het altyd meer van die Kaapweg een gehou. Daar was ook een buite Uitenhage. Daai stuk grond lê nog net so (sovêr mens kan sien van die pad af), die muur wat daarom gebou was staan nou nog daar teen die koppie.
"vry-dae" Ok, kom ons…
"vry-dae"
Ok, kom ons analyze n bietjie:
1. Die tannie het altyd op die Vrydag ,dag, van elke week Drive Inn toe gegaan.
2. Die tannie het Drive Inn toe gegaan as sy `n vry dag gehad het soos in `n dag wat oop is, waar sy nie werk het nie, of iets anders gehad het om te doen nie.
3. Na alle waarskynlik die regte een. Tannie Freda het verskriklik gevry doerdie tyd, soos in smooch, kissy kissy en vet weet hoe ver het sy gegaan. As daar `n ranglys was..... ![]()
vet weet hoe ver het sy…
vet weet hoe ver het sy gegaan.
Met die ruite wat opgewasem het klink dit vir my die tannie het nie brieke gehad nie ![]()
Anton en ou gesie
Freda hou julle twee dop julle gaan vol pleisters wees as sy klaar is met julle twee![]()
![]()
Smooch. Man, ek het daai…
Smooch. Man, ek het daai woord al vergeet. Ja, as ek reg onthou, is dit wat ek gedoen het, Gees. Niks meer nie.. Nou weet ek nie of ek moet spyt wees dat ek so stupid en ordentlik was nie.
Hulle het nou die aand by…
Hulle het nou die aand by die Eiland 'n inry aand gehad.





Jip, saam my pa gegaan en…
Jip, saam my pa gegaan en saam my ma terug gekom.